Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 April 202216 March 2022

Digtersprofiel: Ronnie Belcher

 

Ronald Kenneth (Ronnie) Belcher is op 21 April 1933 in Goodwood gebore as een van 13 kinders van ʼn Engelssprekende werkersklas-gesin. As arm student aan die US het hy vakansietye na die destydse Rhodesië geryloop waar hy sy studiegeld verdien het. Sy lewensbeskouing is waarskynlik grootliks gevorm deur sy eie stryd om oorlewing en sy ervaring van die Charismatiese godsdiens as jong man. Hy debuteer in 1956 met Mens en Skepper waarvoor hy ’n nasionale poësieprys wen.

Belcher se DLitt-verhandeling oor die poëties-psigologiese grondslag van die sonnetvorm is in 1969 in verwerkte vorm deur HAUM uitgegee onder die title Die sonnet as digvorm .

Hy publiseer elf digbundels in sy leeftyd, waarvan die laaste bundel, Van heidebos en klip in 2000 verskyn het.

Sy belangstelling in die volksletterkunde het o.m. tot uitgebreide navorsing gelei oor die Griekwa-kultuur en die Morawiese Sendingkerk. ’n Aantal van sy gedigte is getoonset, o.a. deur Laurinda Hofmeyr. Temas wat meermale in sy ‘ernstige’ poësie voorkom is die liefde, die Kaapse mense, die vrou, die dood en die religie. Belcher is ook bekend vir sy kinderverse en veral vir sy speelse (spulse) kwatryne.

Belcher, wat nie net mynwerker was nie, maar ook dosent in Afrikaans en Nederlands en later wynboer, is in 2006 oorlede.

’n Meer in-diepte biografie is op Litnet te lees:

https://www.litnet.co.za/rk-belcher-1933-2006/

 

 

 

 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.

Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel: Pirow Bekker
Digtersprofiel: Nini Bennett →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d