Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 March 202230 March 2022

Huldeblyk Johan van Wyk (1956 – 2022)

 

Johan van Wyk: Selfportret

 

 

Johan van Wyk is gister (27 Maart 2022) oorlede.

Johan van Wyk was bloemleser, digter en die skrywer van ‘n uitsonderlike doktorale studie Die dood, die minnaar en die Oedipale struktuur in die Ingrid Jonker-teks wat hy in 1987 behaal het. Hierin het hy o.a. geskryf dat die teks Ingrid Jonker se grafskrif is, omdat die leser haar werklike lewe nie kan los lees van haar gedigte nie.

As bloemleser publiseer hy S.A. in poësie / S.A. in poetry saam met Pieter Conradie en Nik Constandaras. Hy skryf ook prosatekste en verdiep hom in multi-kulturele navorsing. Hy was ‘n kenner van postkoloniale teorie.

Dis veral as digter waar hy besondere werk lewer: Deur die oog van die luiperd (1976), Heldedade kom nie dikwels voor nie (1978), Bome gaan dood om jou (1981) en Oë in ‘n kas (1996) en ‘n bloemlesing in 2006, ‘n versamelaarsitem: Gedigte 1976 – 1996.

Veral Heldedade kom nie dikwels voor nie bevat van die belangrikste beeld of ekfrastiese verse in Afrikaans. Veral “Hoe ydel die onsterflikheid” is ‘n hoogtepunt saam met “hieronymus bosch se koringwa”. Hy debuteer op negentien-jarige ouderdom en die titel Deur die oog van die luiperd aktiveer Etienne Leroux se Een vir Azazel. Ons vind in hierdie bundel surrealisme en die digter word dikwels as nihilisties beskou. Ernst Lindenberg en T.T. Cloete veral, was positief oor sy werk.

Bome gaan dood om jou is weer punk-poësie en dit kan van hierdie digter gesê word dat elke bundel ‘n nuwe koers inslaan; die digter as verkleurmannetjie. Waarskynlik weens sy politieke standpunte en aweregsheid, is hy nooit na waarde geag nie, ofskoon hy deur Opperman gekanoniseer word in Groot verseboek.

Daar is ook ‘n drama Wieretuin (1980) en ‘n roman Man/Bitch (2001).

Ook ‘n CD: My name is angel (2001).

Die digter en skrywer as outsider. Ons het dit alles indertyd beleef in sy Gillespie-slenters op Litnet waar hy sy unieke en snaakse blik van die mensdom beskryf het.

Sy dienspligontduiking (hy vlug na Swaziland) en die impak van detensie, wanneer hy in hegtenis geneem word, kan die leser in sy gedigte aflees. Ons vind paranoia, droombeelde en hallusinasies. Alles ondersoek in sterk beelde.

Hopelik sal daar ‘n deeglike studie oor sy digkuns geskryf word, want my studente is telkemale bekoor deur die aweregse digter wie se werk (en lewe) sterk aansluit by die Amerikaanse Beat-generasie, maar ook die Franse surrealiste (Breton, o.a.).

Buñuel en Dalí’ se 1929 film Un Chien Andalou wys ek altyd wanneer ek sy digkuns behandel.

As randfiguur waarskynlik die naaste aan Bukowski. ‘n Enorme verlies. ‘n Uitsonderlike talent, hierdie digter wat in die skilderkuns en letterkunde opgelei is en beseer is deur verpligte militêre diensplig.

Wat hy van Ingrid Jonker sê, is op hom van toepassing: “digter van die miskendes” en een wat skryf oor die misterie van die dood. Van Wyk se metafore gloei in stille heldedade het ek destyds geskryf in my resensie van Gesig van die liefde (1999).

http://joanhambidge.blogspot.com/search?q=johan+van+wyk  Besoek 28 Maart 2022

 

– Joan Hambidge

 

Johan van Wyk

(1956 – 2022)

 

Laasnag skuif my deur

oop in ‘n nag gesteur:

vanoggend stuifreën

dit toe ek hoor jy’s heen.

Badi en arunquiltha geleer

by Jung in die verbintenis

(onsigbaar) tussen lewendes

en dooies, droom en reële.

Bad magic? Die son ingesluk

in ‘n volledige verduistering

want nog ‘n digter weggeruk

met net gedigte ter stawing.

Joan Hambidge

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Wilfred Jonckheere. Beeldspraak #2 →

1e kommentaar op “Huldeblyk Johan van Wyk (1956 – 2022)”

  1. Joan Hambidge says:
    29 March 2022 at 19:20

    Die gedenkdiens is op Vrydag 1 April, 11 vm by Avbob, Krausestraat 1, Oranjesig, Bloemfontein.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Dylan Allen. Ma
  • Hendrik J. Botha. Vir Joan op sewentig.
  • Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)
  • Vers-en-klank: Joan Hambidge
  • Gerard Scharn. het boek job herzien

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  2. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

  3. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  4. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  5. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d