Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 April 2022

Wenner van Groot SA Rampe-digkompetisie: Joan Hambidge

 

 

 

Die wenner van Versindaba se digkompetisie oor groot SA rampe is Joan Hambidge met “Brand UCT Sondag 18 April 2021”. Die volgende twee gedigte word eervol vermeld: Mellet Moll se “Vaal Reefs, 10 Mei 1995” en Trienke Laurie se “Andries van Wyk”.

 

 

Brand UCT  Sondag 18 April 2021

 

I

‘n Stilfilm in slow motion

met die regisseur wat al die footage

by nabaat beskou:

‘n Ontploffende gasbottel

by Rhodes Memorial;

‘n sterk wind;

vuurballe wat in die lug opskiet,

aftuimel op geboue en ‘n biblioteek

verwoes tot die historiese meul

in ligte laaie laat; brandende bome

en lower teen die mure roesrooi …

‘n Brandweerman moedeloos

voor ‘n gebou; studente in Smuts Hall

wat red wat te onredde is soos Rhodes Must Fall

en Fees Must Fall.

 

II

Watter filmmaker sou hierdie Armageddon

kon verhaal? Altman of Visconti?

Wie sou die Inferno – so reg uit Dante –

filmies kon weergee? Polanski

of Béla Tarr?  Cinema vérité

of verbeelding?

In my opgeefsel: die kameraman

(soos in Sátántangó)

registreer alles, sodat werklike tyd

en filmiese tyd één

word in hierdie hellevaart:

‘n laaste skoot met die handkamera

(wat swiep en gly, opwaarts, afwaarts beweeg)

dan fokus op The burning library

(deur Edmund White),

terwyl ons lees op die skerm:

 

Al die veld is vrolik; al die voëltjies sing;

al die kriekies kriek daarbuit’; elke sprinkaan spring.

Al die koggelmannetjies kom om fees te vier;

hier galop ‘n goggatjie, daarso dans ‘n mier.

 

Al die veld is vrolik – C. Louis Leipoldt

 

© Joan Hambidge, 2022

 

 

***

 

 

Vaal Reefs, 10 Mei 1995

 

Die aarde sal haar losprys hier verhaal

van hulle wat mekaar vol goud behang

die minnaars wat die dieper klowe delf

die wyses wat by pasgebore gode kniel.

 

Die aarde sal haar losprys hier verhaal

van hulle wat hul dag se brood verdien

die werkers wat haar binneholtes soek

die mynbestuur wat oor hul almal waak.

 

Die aarde sal haar losprys hier verhaal

in die tweede skag by Vaal Reefs-myn

waar die ontslape slagoffers vanaand

onder die puin van ’n vergane loko rus.

 

Ek sal ’n krans gaan neerlê vir die 104

siele wat vir ewig in haar gange dwaal

en met die unies en die shop stewards

sal ek deur Orkney met my fakkel loop.

 

En wens dat elke nagtrein slegs ’n reis

vir ontheemde pelgrims na hul tuiste is.

 

© Mellet Moll, 2022

 

 

***

 

 

Andries van Wyk

 

Andries van Wyk vertel:

Dit was soos om ʼn fliek te kyk;

ek kon nie glo ek is deel daarvan.

Iewers vandaan herinner ek my:

Ek is ʼn opdrifsel

– deel van die lewenstroom?

 

Saam met my dryf letterlik:

mense katte honde meubels kratte –

die rivier se etter.

 

As iemand my nou sou vra:

Hoe gaan dit met jou?

En die antwoord is:

Dit gaan goed; ek lewe nog,

dan dra dit soveel meer gewig.

 

© Trienke Laurie, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Mellet Moll. Madame Curie
Mellet Moll. Einstein en Tagore: Die ringdans van atome →

3e gedagtes oor “Wenner van Groot SA Rampe-digkompetisie: Joan Hambidge”

  1. Christa de Vries says:
    7 April 2022 at 18:00

    Geluk aan elkeen van julle.
    Van besondere betekenis is die van Mellet Moll. In sy unieke stem loop lewe en dood saam op die pad van vreemde vergelding; soek sin in bedes na bestaan.

    Reply
  2. Mellet Moll says:
    7 April 2022 at 17:09

    Baie geluk, Joan. Welverdiend en relevant.

    Reply
  3. Gerard Scharn says:
    7 April 2022 at 16:17

    Gefeliciteerd!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d