Einstein en Tagore in Berlyn
“The water in a vessel is sparkling; the water in the sea is dark. The small truth has words which are clear; the great truth has great silence.” – Rabindranath Tagore
Ek het in my vorige essay oor die ontmoeting van ingenieurswese en poësie gespekuleer oor die moontlike transdissiplinariteit tussen hierdie oënskynlik disparate velde aan die hand van verskeie korrelate uit ander dissiplines en professies; geskiedkundige en rigtinggewende geleenthede; asook rolmodelle hier ter plaatse wat op die een of ander wyse vir my as bakens dien.
In daardie essay het ek my diskoers afgesluit deur kortliks te verwys na die ikoniese ontmoeting op 14 Julie 1930 in Berlyn tussen Albert Einstein, die beroemde fisikus; en Rabindranath Tagore, die beroemde mistikus en digter. Aangesien beide persone natuurlik wyd gereis het, was daar inderdaad verskeie ontmoetings tussen hulle, alhoewel die ontmoeting van 14 Julie 1930 omvattend op rekord geplaas en gedokumenteer is.
Om die ontmoeting en verwantskappe tussen die wetenskappe en poësie te oorweeg, sou noodwendig beteken dat hierdie ontmoetings meer noukeurig bestudeer moet word aangesien dit júís hulle oogmerk was om gemeenskaplikhede, maar ook verskille, te bespreek en saam by te dra tot hierdie transdissiplinêre korpus.
I.
Albert Einstein (1879 -1955) was ’n teoretiese fisikus en word beskou as die grootste wetenskaplike van die twintigste eeu en moontlik een van die grootste wetenskaplikes van alle tye – daar bestaan inderdaad verskeie publikasies waarin wetenskaplikes in rangorde gelys word op grond van die omvang van hulle bydraes. Hoewel dit ’n oorweldigende taak is om so ’n lys saam te stel en byvoorbeeld wetenskaplikes uit die Griekse en Romeinse beskawings; wetenskaplikes uit die Middeleeue; wetenskaplikes uit die Renaissance; en wetenskaplikes sedert die Industriële Rewolusie met mekaar te vergelyk, is dit opmerklik dat Einstein die mees gereelde naam bo-aan die lys bly. Miskien is dit gedeeltelik toe te skryf aan Newton se beroemde stelling dat hy (Newton) op die skouers van reuse gestaan het. Miskien het Einstein dus ook.
Einstein is verantwoordelik vir die spesifieke en algemene relatiwiteitsteorie en het reuse bydraes gelewer tot die ontwikkeling van kwantummeganika, en die kosmologie. Hy is vereer met die Nobelprys vir Fisika (1921) vir sy uiteensetting van die fotoëlektriese effek en “vir sy diens gelewer aan teoretiese fisika”.
In 1999 is Einstein as “Persoon van die Eeu” deur Time Magazine benoem. Hierdie populariteit het ook gelei tot die mildelike gebruik van die Einstein-as-genie-idee in advertensies en bemarking; dit sluit selfs die registrasie van Albert Einstein as ’n handelsmerk in.
’n Eenheid in fotochemie, die Einstein; die chemiese element einsteinium; asook die asteroïede 2001 Einstein is ter ere na hom genoem.
Einstein is in Ulm in die Koninkryk van Württemberg, Duitsland gebore. Sy ouers was Hermann Einstein, ’n veerbedverkoopsman wat later elektrochemiese werke bedryf het en sy vrou Pauline. Alhoewel die familie van nie-ortodokse Joodse herkoms was, woon Einstein ’n Katolieke elementêre skool by en neem op aandrang van sy moeder vioollesse.
Einstein het as kind modelle en meganiese toestelle vir sy eie genot gebou, maar is as ’n stadige leerder geag, moontlik omdat hy menssku was en lang tye spandeer het met nuut verworwe kennis. Hy het eers op twaalfjarige ouderdom wiskunde begin leer en gerugte dat hy op skool “gesukkel” het, is ongegrond – hy het bloot nie op daardie stadium buitengewone intellektuele uitsette gelewer nie. Twee van Einstein se ooms het sy intellektuele belangstellings gevoed gedurende sy kinder- en vroeë tienerjare deur boeke oor wiskunde en wetenskap vir hom te gee om te lees.
In 1894, ná die mislukking van sy pa se elektrochemiese besigheid, trek die Einsteins van München na Pavia, Italië, naby Milaan en Einstein bly agter om sy skoolopleiding te voltooi.
Nadat hy nie die liberale kunste-gedeelte van die Eidgenössische Technische Hochschule (Federale Switserse Politegniese Universiteit in Zürich) se toelatingseksamen die volgende jaar kon slaag nie, word hy deur sy familie gestuur na Aarau, Switserland, om sy sekondêre skoolopleiding dáár te voltooi. Hier ontvang hy sy diploma in 1896 en word daarna toegelaat tot die Eidgenössische Technische Hochschule. Daardie selfde jaar verwerp hy sy Duitse burgerskap en word staatloos.
In 1898 ontmoet hy vir Mileva Marić, ’n Serwiese klasmaat (en vriendin van Nikola Tesla) op wie hy verlief raak. In 1900 verwerf hy sy onderrigdiploma aan die Eidgenössische Technische Hochschule en word aanvaar as Switserse burger in 1901. Gedurende hierdie tyd bespreek Einstein sy wetenskaplike belangstellings met ’n binnekring van vriende, insluitend Mileva wat swanger raak met haar en Einstein se buite-egtelike dogter, Liserl. Laasgenoemde is in Januarie 1902 gebore. Wat van haar geword het, is onbekend.
Einstein trou met Mileva in 1903. Einstein het die ruimte wat Mileva, ’n wiskundige, hom gegun het om te werk, hoog op prys gestel. Die huwelik was inderdaad ook ’n intellektuele kompromis.
Na sy graduering kon Einstein nie ’n onderrigpos vind nie, meesal omdat sy houding – ’n jong en uitdagende intellek – skynbaar die meeste van sy professore geïrriteer het. Hy het wel daarin geslaag om ’n pos as tegniese assistent-patenteklerk by die Switserse Patentekantoor in 1902 te bekom. Daar het Einstein die waarde van uitvinders se patentaansoeke beoordeel vir ontwerpe wat ’n kennis van fisika vereis het. By tye het hy ontwerpsfoute reggemaak terwyl hy die uitvoerbaarheid van hul werk oorweeg het.
Op 14 Mei 1904 word Einstein se seun, Hans Albert Einstein gebore en sy seun Eduard in 1910. Ook gedurende 1904 word Einstein se posisie by die Switserse Patentekantoor permanent gemaak. Hy verwerf sy doktoraal nadat sy tesis, On a new determination of molecular dimensions voltooi is in 1905.
In dieselfde jaar skryf hy vier artikels wat die fondasie sou lê vir moderne fisika, sonder dat hy omring was deur wetenskaplike literatuur om na te verwys, óf die luukse van wetenskaplike kollegas om die teorieë mee te kon bespreek:
- In die eerste artikel pas hy die beginsels van kwantumteorie (soos ontwikkel deur die Duitse fisikus, Max Planck) toe op die verskynsel van lig, ten einde die fotoëlektriese effek te verklaar. Hierdie verskynsel vind plaas wanneer materiaal elektries gelaaide partikels vrystel wanneer dit aan lig blootgestel word.
- In die tweede artikel bewys Einstein eksperimenteel dat atome bestaan deur die verskynsel van Brown-beweging te ontleed.
- In die derde, (en mees beroemde) artikel konfronteer Einstein die oënskynlike teenstrydigheid tussen twee fundamentele beskouings in fisika, naamlik Newton se konsep van absolute tyd en ruimte, teenoor Maxwell se voorstel dat die spoed van lig konstant is. Ten einde hierdie probleem op te los, stel Einstein die spesiale relatiwiteitsteorie voor, naamlik dat die wette van fisika dieselfde bly vir liggame wat in verskillende ruimtes beweeg (met ander woorde met snelhede relatief tot mekaar), en dat die spoed van lig ’n konstante is in alle ruimtes.
- Die vierde artikel ondersoek die fundamentele verwantskap tussen massa en energie. Hierdie konsepte is voorheen as onverwant beskou. Hy toon aan dat die verwantskap deur die beroemde vergelyking E = mc², voorgestel word, waar c die konstante spoed van lig is.
Hierdie artikels trek veral die aandag van Planck in sy rol as redakteur van teoretiese fisika by die joernaal Annalen der Physik. Die meeste fisici stem egter saam dat drie van daardie artikels (oor die fotoëlektriese effek; Brown-beweging; en spesiale relatiwiteit) Nobelpryse verdien. Slegs die fotoëlektriese effek sou egter wen. Dit is ironies, omdat Einstein veel meer bekend sou raak vir relatiwiteitsteorie. Wat hierdie artikels van belang maak, is dat Einstein sonder huiwering ’n idee van teoretiese fisika geneem het tot by die logiese gevolge daarvan en daarin geslaag het om eksperimentele resultate te verduidelik wat wetenskaplikes vir jare verstom het.
Die artikels word in 1905 gepubliseer in die Annalen der Physik. Daar word algemeen hierna verwys as die Annus Mirabilis Papers (vanuit Latyn: “Wonderbaarlike jaar”).
Einstein brei vervolgens sy teorie uit om die invloed van gravitasie in te sluit en publiseer in 1916 ’n verdere artikel wat die algemene relatiwiteitsteorie, asook sy teorie oor gravitasie voorstel. Hy gebruik die algemene relatiwiteitsteorie om die struktuur van die heelal te modelleer. Hy gaan hierna voort om verskeie probleme in kwantumteorie aan te spreek, insluitend sy uiteensetting van partikelteorie en die beweging van molekules; en die kwantumteorie van radiasie. Hierdie konsepte het die grondslag gelê vir die fotonteorie van lig.
In 1914 verhuis Einstein na Berlyn en sluit by die Pruisiese Wetenskapakademie aan en later die Humboldt Universiteit in Berlyn. In hierdie tyd verbrokkel sy huwelik met Mileva wat kort na hulle aankoms terugkeer na Zürich. Hulle sou uiteindelik in 1919 skei. In 1917 word Einstein die direkteur van die Kaiser Wilhelm Instituut vir Fisika. Hy aanvaar ook weer Duitse burgerskap.
Eers in 1921 ontvang hy uiteindelik die Nobelprys vir Fisika. Dit word dikwels gedebatteer dat hy teen 1920 reeds die bekendste fisikus van sy tyd was en dat hierdie laat verering, asook die feit dat sy talente meer as een Nobelprys werd was, moontlik toe te skryf kon wees aan beide sy Joodse herkoms asook die feit dat sommige beoordelaars die vernuwing van sy teorieë verwerp of selfs nie verstaan het nie.
Einstein ontwikkel op hierdie stadium ’n liefdesverhouding met sy niggie, Elsa Löwenthal, met wie hy in 1919 trou. Sy sterf in 1936 (kort na hulle aankoms in die VSA). Einstein het verskeie ander kortstondige verhoudings gehad gedurende hulle huwelik, asook na haar afsterwe.
In 1933, terwyl Einstein die Verenigde State besoek, word Adolf Hitler die staatshoof van Duitsland. Einstein met sy Joodse agtergrond en as uitgesproke teenstander van die Nazi-regering, besluit om aan te bly in die Verenigde State. Hy sluit by Princeton Universiteit aan en word in 1940 ’n Amerikaanse burger. Met die uitbreek van WO II is Einstein deel van ’n groep wetenskaplikes wat President Franklin D. Roosevelt daarop gewys het dat Duitsland besig was om kernwapens te ontwikkel en dat die Verenigde State ’n soortgelyke program moes loods.
In 1952 stel die Israelse regering voor dat hy die pos van tweede president aanvaar, maar hy wys die aanbod van die hand.
Einstein se religieuse beskouing word oor die algemeen as deïsties gesien: Hy het geglo in ’n “God wat homself ontbloot in die harmonie van alles wat bestaan, nie in ’n God wat homself bemoei met die noodlot en aksies van mense nie.” Hy het sy geloof soos volg opgesom: “My geloof bestaan uit ’n nederige bewondering vir die onnabootsbare verhewe gees wat homself ontbloot in die geringste detail wat ons met ons brose en swak verstand kan waarneem.” Hy het ook verklaar dat hy simpatie gehad het vir Spinoza se filosofie, maar dat hy nie geglo het in ’n persoonlike god wat homself bemoei met die dagtake van mense nie. Hy het ook dikwels na homself as ’n “diep godsdienstige ongelowige” verwys.
Op politieke vlak het Einstein homself as ’n pasifis met medemenslikheid beskou. Elders het hy beweer: “Ek glo Gandhi se beskouing was die mees verligte van alle politieke mense van ons tyd. Ons moet streef om dinge in sy gees te doen: Om nie geweld te gebruik om vir ons oortuigings te veg nie, en deur nie deel te neem aan enigiets wat ’n euwel is nie.”.
Na WO II het Einstein homself bearbei vir kernontwapening en ’n wêreldregering. Einstein, Albert Schweizer en Bertrand Russell het geveg teen kerntoetse en -bomme. Met die Pugwash Konferensies oor Wetenskap en Wêreldsake het die Russell-Einstein Manifes die lig gesien.
Hy is oorlede op 18 April 1955 in Princeton, New Jersey. Einstein se brein is in ’n fles bewaar deur dr. Thomas Stoltz Harvey, die patoloog wat die na-doodse ondersoek op Einstein uitgevoer het.
Einstein was ook bekend vir sy wye belangstellingsveld, sy liefde vir die kunste – veral musiek, sy sin vir humor, asook sy charisma en suiwer (hoewel soms hardkoppige) gesprekvoering. Dit alles saam het hom geliefd gemaak en het van hom die wetenskap se eerste superster gemaak in die populêre kultuur.
II.
Rabindranath Tagore (1861 – 1941) is tydens die Britse koloniale oorheersing van Indië in ’n ryk Brahmaanse familie gebore wat in Kalkutta gewoon het. Sy vader, Debendranath Tagore (1817-1905) was een van die leiers van die Brahmo Samaj, oftewel die “Vereniging van Godsoekers”. Sy moeder, Sarada Devi, het gesterf toe hy nog jonk was.
In 1883 is Tagore met Mrinalini Devi (gebore Bhabatarini) getroud toe sy slegs tien jaar oud was. Die egpaar het vyf kinders gehad, waarvan slegs een oorleef en volwassenheid bereik het.
Rabi, soos hy bekendgestaan het, die jongste van dertien oorlewende kinders, se oudste broer, Dwijendranath was ’n filosoof en digter. ’n Ander broer, Satyendranath, was die eerste Indiër wat aangestel is in die Indiese staatsdiens (wat op daardie stadium uitsluitlik uit amptenare van Westerse herkoms bestaan het). Nog ’n broer, Jyotirindranath, was ’n musikant, komponis en dramaturg. Sy suster, Swarnakumari, was ’n romanskrywer. Jyotirindranath se vrou, Kadambari Devi, was ’n geliefde vriendin en haar selfdood in 1884 het ’n lewenslange effek op hom gehad.
Tagore het formele skoolopleiding vermy. Sy broer Hemendranath het hom getutor en ook sy fisiese ontwikkeling geslyp. Hy het kuns, anatomie, geografie, geskiedenis, letterkunde, wiskunde, Sanskrit, en Engels bestudeer. Hy sou later sê “formele opleiding verhelder nie kennis nie, dit ontwikkel slegs nuuskierigheid”.
Tagore reis saam met sy pa sedert die ouderdom van elf en besoek verskeie eiendomme van die familie dwarsoor Indië tot by die Himalajagebergtes. Op weg lees Tagore biografieë, geskiedenis, sterrekunde, wetenskap en Sanskrit, asook die poësie van Kālidāsa. Tydens hierdie reise het hulle gereeld die Goue Tempel by Amritsar besoek. Hy onthou soos volg:
“The Golden Temple of Amritsar comes back to me like a dream. Many a morning have I accompanied my father to this Gurudarbar of the Sikhs in the middle of the lake. There the sacred chanting resounds continually. My father, seated amidst the throng of worshippers, would sometimes add his voice to the hymn of praise, and finding a stranger joining in their devotions they would wax enthusiastically cordial, and we would return loaded with the sanctified offerings of sugar crystals and other sweets.”
Dit gee aanleiding daartoe dat hy ses gedigte skryf, asook ’n aantal artikels wat in Bengaalse kindertydskrifte geplaas is.
Na sy terugkeer voltooi hy in 1877 ’n volledige versameling gedigte, insluitend ’n lang epiese gedig wat hy, as ’n grap, toeskryf aan ’n nuut ontdekte manuskrip van ’n fiktiewe sewentiende-eeuse digter bekend as Bhānusiṃha. Dit word so deur gesaghebbendes in die destydse literêre sisteem aanvaar.
Hy debuteer in 1882 in Bengaals met Bhikharini (“Die bedelvrou”) en volg dit op met ’n digbundel Sandhya Sangit. Hy studeer daarna by ’n staatskool in Brighton, Sussex, Engeland in ’n huis wat aan die Tagore-familie behoort. Daarna bestudeer hy vir ’n kort tydjie Regsgeleerdheid by die Universiteit van Londen, maar laat vaar hierdie studies wanneer hy Shakespeare ontdek en laasgenoemde se dramas saam met ’n onafhanklike groep bestudeer. Hy word ook diep getref deur die Engelse, Ierse en Skotse volksmusiek. Hy keer uiteindelik terug na Indië sonder dat hy enige kwalifikasies verwerf het, maar met die doel om sy nuut verworwe kennis te verenig met sy kennis van die Indiese literêre tradisies. Hierna publiseer hy verskeie digbundels, romans en kortverhale. Dit het ’n wesentlike invloed op veral die Bengaalse tradisie.
Tagore vestig homself as ’n ikoniese Bengaalse digter, filosoof, dramaturg, romanskrywer en mistikus wat sy roem veral aan sy gedigte te danke gehad het. Hy skep ’n korpus letterkunde wat nader aan gesproke Bengaals is as dié van ander skrywers. Alhoewel hy hoofsaaklik in Bengaals skryf, vertaal hy baie van sy werk self in Engels: In dié tekste word beide sy kennis van Westerse en Indiese kulture vergestalt.
In 1901 stig hy die Santi-Niketanskool in Bolpur, 180 km van Kalkutta, wat later tot ’n universiteit gegroei het. Tagore het graag oor sosiale en politieke onderwerpe geskryf en in sy wêreldbeskouing doelbewus gestreef na ’n harmonieuse verband tussen die Westerse en Oosterse filosofieë, godsdienste en kulture. As sodanig het hy ’n belangrike rol in die bevryding van Indië gespeel – hy was allereers ’n humanis, maar ook ’n universalis; ’n internasionalis en ’n passievolle antinasionalis wat die Britse Raj openlik veroordeel het.
Tagore het in verskillende lande klas gegee en het Europa en Amerika gereeld besoek, veral nadat hy die Nobelprys vir Letterkunde in 1913 ontvang het. ’n Treurspel met die Engelse titel, The King of the Dark Chamber (1910), en verskeie romans, waarvan Gora (1908) deur sommige kritici belangriker geag word as Rudyard Kipling se skildering van die Indiese lewe in Kim (1901), vorm deel van sy oeuvre. Tagore is die eerste nie-Europeër asook die eerste lirikus om die Nobelprys vir Letterkunde te wen. Hy het nie net Bengaalse letterkunde en kuns hervorm met die kontekstuele modernisme van die laat negentiende en vroeë twintigste eeu nie – hy het sy invloed ook in Bengaalse musiek laat geld. Tagore was immers sedert sy jeugjare deeglik onderlê in die geskiedenis, astronomie, die moderne wetenskappe, talle biografieë en die Sanskrit.
Dit is egter as digter wat Tagore groot bekendheid verwerf het. Sy vertaling van sy eie Gitanjali (1909) het respek afgedwing. In 1950 is sy gedig “Jana-Gana-Mana” (Engels: “Lord of the heart of the people”) getoonset en het dit die volkslied van Indië geword; ook sy gedig “Amar Shonar Bangla” het die liriek van Bangladesj se volkslied geword; so ook is die volkslied van Sri Lanka gebaseer op ’n gedig van hom.
In Mei 1930 bied Tagore ’n reeks lesings aan die Universiteit van Oxford aan wat handel oor die aard van die menslike natuur, spiritualiteit en die ervaring van die werklikheid. ’n Jaar later word hierdie lesings gebundel as The Religion of Man (1931). Hierdie teks transendeer alle grense van letterkunde, metafisika en die wetenskappe en vorm ’n enorme grondslag om die transdissiplinariteit van hierdie velde te verstaan. Trouens, dit kan as bronteks in enige van hierdie genoemde velde dien.
III.
“Our passions and desires are unruly, but our character subdues these elements into a harmonious whole. Does something similar to this happen in the physical world? Are the elements rebellious, dynamic with individual impulse? And is there a principle in the physical world which dominates them and puts them into an orderly organization?”
— Tagore in gesprek met Einstein, 14 April 1930.
Tagore en Einstein het vir die eerste maal in 1926 ontmoet, maar die gesprek is nooit op band geneem nie. In 1930 het hulle 4 keer ontmoet. Die eerste twee gesprekke is gepubliseer; die gesprek van 14 Julie het verskyn in The New York Times (10 Augustus 1930); en die gesprek wat op 19 Augustus plaasgevind het, is gepubliseer in die New York-gesetelde tydskrif, Asia (Maart 1931).
Die ikoniese ontmoeting van 14 Julie 1930 is wyd bespreek en het op baie vlakke die argumente van beide denkskole beklemtoon. Dit vind plaas aan huis by Albert Einstein aan die buitewyke van Berlyn. Die twee intellektuele reuse het tydens hierdie ontmoeting een van die mees stimulerende gesprekke gehad: ’n gesprek waartydens hulle die eeu-oue friksie tussen die wetenskap en religie bespreek en dieper ontgin.
In Science and the Indian Tradition: When Einstein Met Tagore is hierdie ontmoeting se intellektuele en historiese belang belig binne die groter gesprek van die intellektuele renaissance wat posgevat het in Indië tydens die vroeë twintigste eeu en wat gelei het tot ’n osmose van Indiese tradisies en die sekulêre Westerse wetenskaplike doktrines. In die volgende uittreksel van Tagore en Einstein se gesprek (14 Julie 1930) word die definisies van die wetenskap, skoonheid, bewussyn en filosofie in ’n meesterlike dialoog verwoord waarin die fundamentele vrae rondom die menslike bestaan aangespreek word:
EINSTEIN: Do you believe in the Divine as isolated from the world?
TAGORE: Not isolated. The infinite personality of Man comprehends the Universe. There cannot be anything that cannot be subsumed by the human personality, and this proves that the Truth of the Universe is human Truth.
I have taken a scientific fact to explain this — Matter is composed of protons and electrons, with gaps between them; but matter may seem to be solid. Similarly, humanity is composed of individuals, yet they have their interconnection of human relationship, which gives living unity to man’s world. The entire universe is linked up with us in a similar manner, it is a human universe. I have pursued this thought through art, literature and the religious consciousness of man.
EINSTEIN: There are two different conceptions about the nature of the universe: (1) The world as a unity dependent on humanity. (2) The world as a reality independent of the human factor.
TAGORE: When our universe is in harmony with Man, the eternal, we know it as Truth, we feel it as beauty.
EINSTEIN: This is the purely human conception of the universe.
TAGORE: There can be no other conception. This world is a human world — the scientific view of it is also that of the scientific man. There is some standard of reason and enjoyment which gives it Truth, the standard of the Eternal Man whose experiences are through our experiences.
EINSTEIN: This is a realization of the human entity.
TAGORE: Yes, one eternal entity. We have to realize it through our emotions and activities. We realized the Supreme Man who has no individual limitations through our limitations. Science is concerned with that which is not confined to individuals; it is the impersonal human world of Truths. Religion realizes these Truths and links them up with our deeper needs; our individual consciousness of Truth gains universal significance. Religion applies values to Truth, and we know this Truth as good through our own harmony with it.
EINSTEIN: Truth, then, or Beauty is not independent of Man?
TAGORE: No.
EINSTEIN: If there would be no human beings anymore, the Apollo of Belvedere would no longer be beautiful.
TAGORE: No.
EINSTEIN: I agree with regard to this conception of Beauty, but not with regard to Truth.
TAGORE: Why not? Truth is realized through man.
EINSTEIN: I cannot prove that my conception is right, but that is my religion.
TAGORE: Beauty is in the ideal of perfect harmony which is in the Universal Being; Truth the perfect comprehension of the Universal Mind. We individuals approach it through our own mistakes and blunders, through our accumulated experiences, through our illumined consciousness — how, otherwise, can we know Truth?
EINSTEIN: I cannot prove scientifically that Truth must be conceived as a Truth that is valid independent of humanity; but I believe it firmly. I believe, for instance, that the Pythagorean theorem in geometry states something that is approximately true, independent of the existence of man. Anyway, if there is a reality independent of man, there is also a Truth relative to this reality; and in the same way the negation of the first engenders a negation of the existence of the latter.
TAGORE: Truth, which is one with the Universal Being, must essentially be human, otherwise whatever we individuals realize as true can never be called truth – at least the Truth which is described as scientific and which only can be reached through the process of logic, in other words, by an organ of thoughts which is human. According to Indian Philosophy there is Brahman, the absolute Truth, which cannot be conceived by the isolation of the individual mind or described by words but can only be realized by completely merging the individual in its infinity. But such a Truth cannot belong to Science. The nature of Truth which we are discussing is an appearance – that is to say, what appears to be true to the human mind and therefore is human and may be called maya or illusion.
EINSTEIN: So according to your conception, which may be the Indian conception, it is not the illusion of the individual, but of humanity as a whole.
TAGORE: The species also belongs to a unity, to humanity. Therefore, the entire human mind realizes Truth; the Indian or the European mind meet in a common realization.
EINSTEIN: The word species is used in German for all human beings, as a matter of fact, even the apes and the frogs would belong to it.
TAGORE: In science we go through the discipline of eliminating the personal limitations of our individual minds and thus reach that comprehension of Truth which is in the mind of the Universal Man.
EINSTEIN: The problem begins whether Truth is independent of our consciousness.
TAGORE: What we call truth lies in the rational harmony between the subjective and objective aspects of reality, both of which belong to the super-personal man.
EINSTEIN: Even in our everyday life we feel compelled to ascribe a reality independent of man to the objects we use. We do this to connect the experiences of our senses in a reasonable way. For instance, if nobody is in this house, yet that table remains where it is.
TAGORE: Yes, it remains outside the individual mind, but not the universal mind. The table which I perceive is perceptible by the same kind of consciousness which I possess.
EINSTEIN: If nobody would be in the house the table would exist all the same — but this is already illegitimate from your point of view — because we cannot explain what it means that the table is there, independently of us.
Our natural point of view in regard to the existence of truth apart from humanity cannot be explained or proved, but it is a belief which nobody can lack — no primitive beings even. We attribute to Truth a super-human objectivity; it is indispensable for us, this reality which is independent of our existence and our experience and our mind — though we cannot say what it means.
TAGORE: Science has proved that the table as a solid object is an appearance and therefore that which the human mind perceives as a table would not exist if that mind were naught. At the same time, it must be admitted that the fact, that the ultimate physical reality is nothing but a multitude of separate revolving centres of electric force, also belongs to the human mind.
In the apprehension of Truth there is an eternal conflict between the universal human mind and the same mind confined in the individual. The perpetual process of reconciliation is being carried on in our science, philosophy, in our ethics. In any case, if there be any Truth absolutely unrelated to humanity then for us it is absolutely non-existing.
It is not difficult to imagine a mind to which the sequence of things happens not in space but only in time like the sequence of notes in music. For such a mind such conception of reality is akin to the musical reality in which Pythagorean geometry can have no meaning. There is the reality of paper, infinitely different from the reality of literature. For the kind of mind possessed by the moth which eats that paper literature is absolutely non-existent, yet for Man’s mind literature has a greater value of Truth than the paper itself. In a similar manner if there be some Truth which has no sensuous or rational relation to the human mind, it will ever remain as nothing so long as we remain human beings.
EINSTEIN: Then I am more religious than you are!
TAGORE: My religion is in the reconciliation of the Super-personal Man, the universal human spirit, in my own individual being.
Dit is te verwagte dat ’n ontmoeting tussen ’n digter en ’n wetenskaplike tot ’n hewige intellektuele debat kan lei. Hulle het op intellektuele vlak nooit werklik saamgestem nie, hoewel hulle respek vir mekaar se wêrelde duidelik was. Die gesprekke het plaasgevind op ’n stadium toe die wêreld ’n ekonomiese depressie, epidemies en politieke roeringe moes hanteer op ’n skaal wat nie voorheen beleef is nie. Dalk is ’n herbesoek van daardie dialoog in die moderne tyd júís so gepas om die vreemde digotomie tussen die wetenskappe en die filosofie te beklemtoon en te bepaal watter vordering daar gemaak is in die sistemiese beskouing van ’n vereniging van dissiplines. Miskien sou ons vandag vind dat die mistieke elemente in Tagore se wêreldbeskouing nader beweeg het aan die wetenskappe, hoewel daar ook baie teenargumente hierteen bestaan in ’n moderne wêreld waarin daar ’n baie sterk teenpool van neo-konserwatisme en fundamentalisme ontwikkel het.
Hoewel daar verskille in Einstein en Tagore se intellektuele interpretasie van verskynsels was, veral ten opsigte van die mens se verhouding tot die waarheid, waarin Tagore aanvoer dat waarheid in konteks tot die mens se belewenis daarvan staan en Einstein aanvoer dat dit universeel en onafhanklik van die mens is, was hulle wedersydse bewondering vir mekaar en vriendskap opvallend.
Daar is al na Tagore verwys as die digter met die intellek van ’n denker en na Einstein as die denker met die intellek van ’n digter. Daarom, miskien, was die ontmoetings nie bedoel om ’n gesamentlike gevolgtrekking te bereik nie, maar as die uitruil van idees tussen twee wêrelde.
Einstein het, as gevolg van hierdie gebrek aan konvergensie, die gesprekke later as onsuksesvol beskryf en dit toegeskryf aan probleme met kommunikasie (’n mens sou vermoed hy verwys na linguistiese verskille in die begrip van onderliggende konsepte deur beide van hulle). Einstein het egter mildelik bygedra tot ’n gedenkbundel ter viering van Tagore se sewentigste verjaardag. Insgelyks het Tagore ’n eredoktorsgraad van die Universiteit van Berlyn geweier as gevolg van die Nazi-party se houding teenoor Einstein. Hy reageer soos volg:
“…if the brutalities we read of are authentic, then no civilized conscience can allow compromise with them. The insults offered to my friend Einstein have shocked me to the point of torturing my faith in modern civilization.”
IV.
Miskien is die mooiste manifes vir die potensiële konvergensie van die wetenskappe en die mistieke soos verweef in poësie, vervat in Tagore se lesings wat hy in Mei 1930 kort voor die ikoniese ontmoeting by Oxford Universiteit gelewer het. Soos voorheen in hierdie essay genoem, is dit vervat in die publikasie The Religion of Man (1931). Dit staan bekend as die Hibbert-lesings.
Aangesien ek van mening is dat dit belangrik is dat hierdie teks in Afrikaans bestaan, veral as gevolg van die inspirasie en verwysingveld wat dit aan Afrikaanse digters kan bied, het ek gepoog om ’n uittreksel uit die aanhef tot die reeks lesings in Afrikaans te vertaal:
“Lig, die stralende energie van die skepping, het die ringdans van atome ontketen teen die agtergrond van ’n nietige hemel, so ook die dans van sterre in die uitgestrekte eensaamheid van ’n teater van tyd en ruimte. Die planete het hulle vuurdoop oorleef en vir eons in die son gegloei. Hulle was die koninkryke van die majestueuse traes, die stomverlatenes, wat nie die betekenis van hul eie blinde lotsbestemming geken het nie en reuse onsekerheid gehad het oor ’n toekoms waarin hulle heerskappy bedreig is.
Toe het daar ’n tyd gekom waar lewe die arena betree het in die mikroskopiese klein monosiklus van ’n sel. Deur die vermoë tot groei en aanpasbaarheid het dit die gewigtige grootsheid van dinge gekonfronteer en die betekenisloosheid van daardie grootsheid weerlê. Dit het ’n bewussyn ontwikkel, nie van die omvang nie, maar van die waarde van oorlewing waarmee dit kontinu verskerp en onderhou is in die meervoudige vertakkende paaie van die skepping, en sodoende die belemmerende traagheid van die natuur oorkom deur die wette van dieselfde natuur te gehoorsaam.
Maar die wonder van die skepping het nie geëindig in hierdie geïsoleerde lewenspikkel op weg na die onbekende nie. Menige selle het saamgebind in ’n groter geheel, nie deur akkumulering nie, maar deur ’n verbysterende vermoë om hulle komplekse interafhanklikhede te onderhou deur ’n volmaakte koördinering van funksionaliteite. Dit is die skeppingsbeginsel van enigheid, die heilige geheimenis van bestaan, wat alle ondersoek verbluf. Die groter saamgestelde eenhede het, op soek na groter vryheid van uitdrukking, liggame ontwikkel waarin organe die instrumente is om hulle doeltreffendheid te verbeter. Dit het die proses van evolusie laat voortmarsjeer in die ewig-ontvouende moontlikhede van lewe.
Die heilige beginsel van enigheid het hierdie interne interafhanklikheid verewig. Dit word openbaar in sommige van die vroegste stadia van evolusie van multisellulêre lewe op ons planeet. Die mees volmaakte uitdrukking daarvan is bereik in die menslike liggaam. Maar die allerbelangrikste is die feit dat die mens ook tot die gewaarwording van ’n meer subtiele liggaam buite die fisiese liggaam gekom het. Hy raak verlore in isolasie, maar vind ’n eie groter en meer getroue self in verwantskappe met ander. Sy multisellulêre liggaam word gebore en kom tot sterwe; sy meervlakkige humanitêre rol is onsterflik.
In hierdie enigheidsideaal besef die mens dat die ewigheid ook teenwoordig is in sy belewenis, asook die grensloosheid van sy liefde. Hierdie gewaarwording word uiteindelik meer as ’n subjektiewe idee – dit word ’n ontluikende waarheid…”
Bibliografie
- Folsing, A. Albert Einstein: A Biography. Viking Adult. 1997.
- Gosling, DL. Science and the Indian Tradition: When Einstein Met Tagore. Routledge. 2007.
- Gupta, UD. Rabindranath Tagore: A Biography. Oxford University Press. 2004
- Tagore, R. The Religion of Man: Being the Hibbert Lectures for 1930. Allen & Unwin Limited. 1958.