Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 April 202216 March 2022

Digtersprofiel: Nini Bennett

 

Nini Bennett is op 30 Maart 1972 in Pretoria gebore. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Eldoraigne. In haar standerd 9 en matriekjaar (1989-1990) wen sy die landswye De Kat-poësiekompetisies vir hoërskoolleerlinge in al die onderskeie kategorieë, waarna sy die grade BA en BA(Hons) in Literatuurwetenskap (met lof) aan die Universiteit van Pretoria behaal. As voorgraadse student wen sy verskeie UP/Van Schaik-studenteskryfkompetisies vir prosa en poësie. In 1999 deel sy die M-Net-Beurs met Rachelle Greeff. Sy skryf meer as 2000 groetekaartjies vir Hallmark (1997-1999), waarna sy ’n lewenslange renons in clichés ontwikkel.

Bennett sit haar studie voort aan die Universiteit van Kaapstad en verwerf ’n MA-graad in skeppende skryfkuns (met lof) onder leiding van Etienne van Heerden. Haar verhandeling, ’n bundel kortverhale, word in 2002 gepubliseer as Stoornis (Tafelberg) en word in 2003 bekroon met die UJ-debuutprys. In 2008 wen sy die internasionale Room to Read-prys (kategorie Afrikaans) vir ’n jeugverhaal, Die storie van Vusi se orkes, wat as gemeenskapsprojek die lig sien in al elf landstale.

Sy publiseer verskeie resensies van literêre werke asook artikels en blogs in Rapport, LitNet, Beeld, Sarie en Versindaba (2008-2022).

Kortverhale, gedigte en artikels verskyn voorts in die tydskrifte De Kat (1989-1990), Insig (2003) en Contrast (1989). ’n Kortverhaal, “Wag op die koningin” word in Nederlands vertaal en opgeneem in Deus ex Machina (2000). Bennett se kortprosa is onder meer gebundel in Die Afrikaanse Kortverhaalboek (2012), Die mooiste liefde is verby (1999), Bloudruk (1995), Drif (1996), Van spoke gepraat (2006), Douspoor (2000), Skrik op die lyf (2016) en Hartlam (2017). Haar poësie is opgeneem in Crossroads of the Century (1992), Onse Mense 2 (Mari Stander, 2016), Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte (F. Olivier 2016), Vers & Vrou (Karen de Wet, 2020), Maskers & Mure (Daniel Hugo, Francois de Jongh, 2021) en I wish I’d said…Vol. 4 (2021). Twee kortverhale wat in die bundel Douspoor verskyn, word voorgeskryf vir Afrikaans Tweede Taal se Senior Sertifikaateksamen in 2006.

Sy publiseer drie digbundels: Kodeks (Cordis Trust, 2011), Boekstaaf (Cordis Trust, 2015) en Donkerwerk (Naledi, 2019).

In 2015 tree sy op saam met die digters Lina Spies, Danie Marais en Ronel Foster by die US-Sanlam-poësieslypskool. In dieselfde jaar ontvang sy as eerbewys die Orde van die Beiteltjie van Cordis Trust.

In 2020 maak sy saam met Joan Hambidge haar buiging as resensent op AVBOB se televisieprogram, Ek wou nog sê…Haar kortverhaal, Bus 7070 word kort hierna verfilm vir kykNET (2021). Sy is tans werksaam op vryskutbasis as vertaler, taalpraktisyn, keurder, resensent, skrywer en poësiementor. Sy behartig ’n maandelikse rubriek op LitNet en in haar vrye tyd bestudeer sy esoteriese leringe en artefakte. Sy is sedert 2012 in ’n verhouding met die akademikus en digter Mellet Moll.

 

 

 

 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.

Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel: Ronnie Belcher
Digtersprofiel: Andries Bezuidenhout →

1e kommentaar op “Digtersprofiel: Nini Bennett”

  1. Mellet Moll says:
    11 April 2022 at 11:07

    Wat ‘n mooi foto!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d