Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 April 2022

Seamus Heaney. Vertaling in Afrikaans

 

Seamus Heaney. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Alwyn Roux.

 

Grawe

(’n Vrye vertaling van ’n gedig deur Seamus Heaney)

Tussen die vinger en die duim

rus die korterige pen; knus soos ’n pistool.

 

Onder die ruit die klaar krassende geluid

soos die graaf wegsink in gruiserige grond:

Vader, spit. Ek kyk af

 

soos die beurende romp laag tussen blombeddings

buig, opkom twintig jaar vort

ritmies gebuk om aartappels te plant

waar hy gegrawe het.

Growwe stewels nestel teen die hef, die steel

stewig teen die binneknie gehef.

Wortel hoë toppe uit, berg die skerpkant diep

om jong aartappels te strooi wat ons sou pluk,

sagkens oor hul koel hardheid in ons hande.

In godsnaam, die grysaard kon ’n graaf gebruik.

Nes oupa.

Oupa kry meer grond uit ’n dag

as enigiemand anders op Toner se bog.

Eens bring ek melk in ’n bottel

morsig met papier toegestop. Orent gekom

om te drink, en val terstond weer terug

inkeep, uitswenk, werp sooie

oor sy skouer, af en af

vir goeie turf. Grawe.

 

Die klam reuk van gemufte aartappels, die pappery

van sawwerige grond, stug ’n stuk gespit

deur wakende wortels bewussyn in my kop.

Maar geen graaf het ek om sulke mans na te volg nie.

Tussen my vinger en duim

rus die korterige pen.

Daarmee sal ek grawe.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Alwyn Roux (vert.). Die kind en ek →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d