Die kind en ek
’n Vrye vertaling van ’n gedig deur Marthinus Nijhoff
Ek sou ’n dag gaan visvang,
ek bevind my moedeloos.
Ek maak tussen irisse
met die hand ’n gaping in die kroos.
Lug steek op van benede
uit die donker spieëlvlak.
Ek sien ’n tuin onbetree
en ’n kind wat daar droom.
Hy staan aan sy skryftafel
te skrywe op ’n lei.
Die woord onder die griffel
herken ek, is van my.
Maar toe hy iets geskryf het,
sonder haas en sonder skroom,
al wat ek van my lewe
nog ooit te skrywe droom.
En telkens as ek eens
Knik dat ek dit weet,
laat hy die water bewe
en word dit uitgevee.
- Vertaling uit die Nederlands deur Alwyn Roux
