Anton Dockel. Aalwyne

 

Aalwyne         

 

Soos heuningsoet lampies

is die bloeiwyse

van die aalwyn

 

besige suikerbekkies steek

vlytig liggies op;

stof die stuifmeel

as bysaak af.

 

– Red ons fynbos–

marsjeer die kerse,

rooi op bitter blakers

teen die rante uit–

’n waak in daglig;

Protes-tants

 

© Anton Dockel, 2022

 

Bookmark and Share

Los kommentaar

 

*