Verdeelde stand / Divided Stance
Celesté Fritze

Verdeelde stand | Divided Stance is haar debuut-digbundel. Dit is saamgestel uit die vermenging van onder meer tale, kulture en seksualiteite in die diverse Suid-Afrikaanse werklikheid oor verskeie tydvakke heen. Die Afrikaanse en Engelse gedigte meld aan in die digter se voorkeurtaal vir die tema, stemming of onderwerp en is nie vertalings of herwerkings van mekaar nie. Die digter gebruik die taal van die moeder en die werkstaal van die vader om wydlopende temas soos die omgewing, meertaligheid, tolking, die politieke bestel, die liefde, verlies en veroudering, die Covid-19-pandemie, metapoësie, delusies, en drome aan te roer.
Oor die outeur
Celesté Fritze is ’n welbekende digter en skrywer. Haar roman Verlorenkop was op die kortlys vir o.a. die ATKV‑prosaprys 2017 en die Jan Rabie Rapport‑prys (debuutwerk, fiksie) 2017.
[hemel en see boeke 2022. BLADSYE: 102. PRYS: R180. ISBN: 9 781998 958856]