Erich Fried. Vertaling in Afrikaans
Erich Fried. Vertaling van Duits in Afrikans. Vert. deur Bernard Odendaal.
‘n Gewilde, twintigste-eeuse Duitse gedig oor die liefde
Die volgende gedigt is opgeneem in die bloemlesing Die Lieblingsgedichte der Deutschen (“Die lieflingsgedigte van die Duitsers”; Piper Verlag, München, 2003; 25ste oplaag, 2021).
Was es ist
Es ist Unsinn
sagt die Vernunft
Es ist was es ist
sagt die Liebe
Es ist Unglück
sagt die Berechnung
Es ist nichts als Schmerz
sagt die Angst
Es ist aussichtslos
sagt die Einsicht
Es ist was es ist
sagt die Liebe
Es ist lächerlich
sagt der Stolz
Es ist leichtsinnig
sagt die Vorsicht
Es ist unmöglich
sagt die Erfahrung
Es ist was es ist
sagt die Liebe
- Erich Fried (oorspronklik gepubliseer in die bundel Es ist was es ist: Liebesgedichte, Angstgedichte, Zorngedichte; K. Wagenbach, Berlyn, 1983)
Wat dit is
Dis onsin
sê verstand
Dit is wat dit is
sê die liefde
Dis rampspoed
sê sommemaak
Dis niks anders nie as smart
sê angs
Dis uitsigloos
sê insig
Dit is wat dit is
sê die liefde
Dis belaglik
sê ou selfbeskik
Dis ligsinnig
sê versigtigwees
Dis onhaalbaar
sê ervaring
Dit is wat dit is
sê die liefde
- Vertaling deur Bernard Odendaal (15 Julie 2022)
Vir my sê die vertaalde gedig dat ‘n mens al die gewone besware kan inbring om nie jou liefde te bring na die eise wat ‘n situasie stel nie. Ou selfbeskik is dan die ou manier van dink – n vorm van selfsugtige trots –
wat die nodige verandering strem.