Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 July 20225 July 2025

Erich Kästner. Vertaling in Afrikaans

Erick Kästner: Vertaling van Duits in Afrikaans. Vert. deur Bernard Odendaal

‘n Gewilde, twintigste-eeuse Duitse gedig oor die liefde

Hierdie gedig is opgeneem in die bloemlesing Die Lieblingsgedichte der Deutschen (“Die lieflingsgedigte van die Duitsers”; Piper Verlag, München, 2003; 25ste oplaag, 2021).

Sachliche Romanze

Als sie einander acht Jahre kannten
(und man darf sagen: sie kannten sich gut),
kam ihre Liebe plötzlich abhanden.
Wie andern Leuten ein Stock oder Hut.

Sie waren traurig, betrugen sich heiter,
versuchten Küsse, als ob nichts sei,
und sahen sich an und wußten nicht weiter.
Da weinte sie schließlich. Und er stand dabei.

Vom Fenster aus konnte man Schiffen winken.
Er sagte, es wäre schon Viertel nach Vier
und Zeit, irgendwo Kaffee zu trinken.
Nebenan übte ein Mensch Klavier.

Sie gingen ins kleinste Cafe am Ort
und rührten in ihren Tassen.
Am Abend saßen sie immer noch dort.
Sie saßen allein, und sie sprachen kein Wort
und konnten es einfach nicht fassen.

Erich Kästner (oorspronklik gepubliseer in die Vossiche Zeitung, 20 April 1928)

Saaklike romanse

Toe hulle mekaar agt jaar ken (heel goed,
dus – figure uit ’n veelgelese boek),
raak hulle liefde op ’n dag net soek.
Soos iemand anders se kierie, of se hoed.

Hartseer voel hulle, hou vrolikheid voor,
probeer soen-soen maak of niks makeer nie,
síén mekaar dan, byster geraak van spoor.
Toe huil sy. Hy staan; weet nie waarheen meer nie.

By die venster uit kon jy vir skepe wink.
Hy het gesê dit is al kwart oor vier
en tyd om iewers te gaan koffie drink.
Langsaan: iemand wat aan ’t oefen was – klavier.

By die naaste klein kafee gaan hulle sit
en roer die koffie om en om.
En tot die aand toe is daar so gesit.
Woordeloos het hulle so alleen bly sit
en wonder waar om aan begrip te kom.

Vertaling deur Bernard Odendaal (15 Julie 2022)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Erich Fried. Vertaling in Afrikaans →

1e kommentaar op “Erich Kästner. Vertaling in Afrikaans”

  1. Bernard Odendaal says:
    20 July 2022 at 15:37

    ’n Boeiende kontra-hantering van die verbroude-romanse-tema met hoe Kästner daaroor skryf in sy hierbo vertaalde gedig, vorm die volgende vers deur wyle De Waal Venter (uit: Vrugbeginsel, Naledi, 2021):

    ’n Onbevredigende romanse

    Op die stoep
    van die koffiewinkel
    sit ’n vrou en ’n man
    by ’n klein tafeltjie
    en teug versigtig aan hulle mocca java.

    Hulle is albei jonk
    en dink daaraan om te trou,
    maar nie met mekaar nie.

    Hy merk dat sy haar ooghare pluk
    en sy sien dat sy een duimnael nie heeltemal skoon is nie.

    Met watter soort man sal sy trou?
    En watter vrou sal by hom pas?

    Vanaand gaan sy ’n man ontmoet
    wat haar hart gaan laat inkrimp
    met die pyn van liefde.

    Môre gaan hy ’n vrou ontmoet
    wat hom sal laat wegskram
    wanneer sy aan hom raak,
    weens die pyn van onthouding.

    Maar nou gesels hulle gemoedelik,
    elkeen besig in hulle gedagtes
    met die rekenkunde van verwerping.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d