Jou ma se huis
Voëls fladder in jou ma se huis
vandag vroegoggend ver
sal ons afstap soontoe dan
skuins die heuwel af om die voetpad te vermy
die ruite sal dik wit gewasem soos die oë van plaasuile
dood in die winter deur die ander seuns geskiet wees
hoekom en hoe dan vandag het ons die spasies tussen ons
binnemondse bewegings in ‘n ander tyd vasgesluit
met ‘n wetenskapfiktiewe taal wat soos asem in en uit
ons liggame vloei terwyl ons afstap na jou ma
se huis met die ruite totaal soos ‘n
noordelike halfrond huis toegeglets
soos dooies in ‘n oerritueel reis ons vandag vroegoggend met die
plaasheuwel langs na ‘n onbekende droom
amper weer soos daardie keer wat ons gans chemies bedwelm verlore
geraak het in die winterson buite jou pa se huis
sal ek dryf vandag weer in by jou ma se huis
In en na die kleiner ondergrondse kamer sonder ruite
volhelder met blougrys lig binne gaan
met die kelderlig natuurlik soos jou lyf se lyne
sal ek na bo gaan en op die houtvloer loop lê
in jou ma se huis
en my asem self dik soos die ruite maak
soos die oo van dooie uile wat onthou van winter in ‘n kouer land
en die voëls sal infladder by jou ma se huis en dan
sal ek dalk oopmaak en binne jou immerwit kwesbare ganskeel
my asem inblaas soos kinders met rypwit plaashuisruite doen.
© Kobus Kotze, 2022