Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 July 2022

Kobus Kotze. Jou ma se huis

 

Jou ma se huis

 

Voëls fladder in jou ma se huis

vandag vroegoggend ver

sal ons afstap soontoe dan

skuins die heuwel af om die voetpad te vermy

die ruite sal dik wit gewasem soos die oë van plaasuile

dood in die winter deur die ander seuns geskiet wees

 

hoekom en hoe dan vandag het ons die spasies tussen ons

binnemondse bewegings in ‘n ander tyd vasgesluit

met ‘n wetenskapfiktiewe taal wat soos asem in en uit

ons liggame vloei terwyl ons afstap na jou ma

se huis met die ruite totaal soos ‘n

noordelike halfrond huis toegeglets

 

soos dooies in ‘n oerritueel reis ons vandag vroegoggend met die

plaasheuwel langs na ‘n onbekende droom

amper weer soos daardie keer wat ons gans chemies bedwelm verlore

geraak het in die winterson buite jou pa se huis

 

sal ek dryf vandag weer in by jou ma se huis

In en na die kleiner ondergrondse kamer sonder ruite

volhelder met blougrys lig binne gaan

 

met die kelderlig natuurlik soos jou lyf se lyne

sal ek na bo gaan en op die houtvloer loop lê

in jou ma se huis

en my asem self dik soos die ruite maak

 

soos die oo van dooie uile wat onthou van winter in ‘n kouer land

en die voëls sal infladder by jou ma se huis en dan

sal ek dalk oopmaak en binne jou immerwit kwesbare ganskeel

my asem inblaas soos kinders met rypwit plaashuisruite doen.

 

© Kobus Kotze, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d