Margaret Cordier. Pantoen

 

Pantoen

 

Vanoggend is die sonopkoms volmaak

na onweer en stormreën

skyn sonstrale helder vol seën

waar ons oë oor einders kontak maak

 

Na onweer en stormreën

word ons gesprekke gedigte

skyn sonstrale helder vol seën

soos verskietende sterre, hemelse ligte

 

Word ons gesprekke gedigte

sonder rymdwang in vyvers geskryf

soos verskietende sterre, hemelse ligte

met jou arms geslaan om my lyf

 

Vanoggend is die sonopkoms volmaak

skyn sonstrale helder vol seën

geen traanstorms of reën

waar jou hand aan my wang raak

 

© Margaret Cordier, 2022

 

Bookmark and Share

Los kommentaar

 

*