Pirow Bekker. Mona Lisa klim uit die kwas
Mona Lisa klim uit die kwas
Mevrou Gioconda verkneukel haar in die doek,
die hande hou mekaar, wou hoeka aanhou soek,
maar haar ou man wou bloot ‘n beeltnis hê – vir die res
bly sy ‘n ongeblaaide boek.
© Pirow Bekker, 2022