Vrou Vergete
wanneer my onderbewuste bewus word
dat ek nog oopgewond
ongepleister ongesond
— ‘n brandsiek hond
jou hande lek
en ek
in ettervuil
skoonvloere besmet
met droë trane huil
gedienstig gedwee
sit en lê in ruil
om by jou te skuil
tot ek in stadige dood vergeet
die laaste krummels brood
van die grond af eet.
© Margaret Cordier, 2022
