Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 August 202229 August 2022

Nuwe Bundel. Loit Sōls: Moerstaāl

 

 

 

Moerstaāl

Loit Sōls

 

In Moerstaāl word oorsprong bekyk: geskiedenis, erfenis en taal vloei saam. Loit Sōls skryf oor sy voorsate, die Eerste Inheemse mense aan die suidpunt van Afrika. Nie net die inhoud van sy gedigte nie, maar ook sy woordeskat en skryfwyse word deur die erfenis van sy mense verryk. Só klink Sōls se “skryf-stills” op in ’n betreuring van verlies, maar ook in ’n strewe na behoud.

Die lewegewende moederfiguur staan sentraal in dié bundel. Sy is die vrou wat onderdruk en misken is, en wie se bydrae en plek, soos dié van die taal, deur die gedigte herstel en openbaar word.

Die kermerkende musikaliteit van Sōls se werk, sy skerp ironiese blik en indringende sosiale kommentaar word weer eens voortreflik in Moerstaāl ingespan. Sy eiesoortige idiolek is met die verloop van jare verfyn; dit boei en daag uit in hierdie nuwe bundel “Goema”-gedigte. En sy poëtiese gebruik van spreektaal bereik nuwe hoogtes in sy vyf “praātsies”.

“Soesie krye en plante wat selfs innie dorste omgewings groei, trek dié diep-gewortelde gedigte hulle krag ytie grond. Sōls isse seasoned skrywer in bloom.” – Ronelda S. Kamfer

 

Oor die skrywer

Loit Sōls is ’n skrywer, aktivis vir moedertaalonderrig, performance-poet, musikant/liedjieskrywer. Hy verpersoonlik Goema en sy Komvandaan: Strandloper, Eerste Inheemse mense, Kaapse Vlakte, en nou die Hessekwa-distrik. Uit sy pen verskyn My straat en anne praat-poems, Die faraway klanke vanne hadeda, asook die boek/CD-stel Serious kak-praat.

 

[Kwela Boeke 2022. Prys: R225,00. ISBN-13: 9780795710599]

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe Bundel. Celesté Fritze: Verdeelde stand / Divided Stance
Nuwe Bundel. Petrovna Metelerkamp: Ingrid Jonker Het kind is niet dood →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d