Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 August 2022

Bester Meyer. Die buitgemaakte staat

 

Die Buitgemaakte Staat 

 

In die buitgemaakte staat

hang die boepense

spekvet en gesond

oor die Zondo-kommissie

se bevindings –

 

‘Geen kommentaar’ sonder ons regsgeleerdes

die – wat die jan-menseman nooit sal kan bekostig

want die onderduimse toesmeerdery

die bietjie vir my

in my eilandsee-rekening

is tog nie iets wat nou opgeskort kan word.

Hierdie pens van my kort restaurantkos

so bietjie Gupta-trots uit die boonste rakke.

En elke aand oefen ek my

die-lewe-is-tog-so-swaar-gelaat

vir die kameras van die buitgemaakte staat.

 

In die buitgemaakte staat

kry die inkomstediens

nog ʼn beskermingsbevel:

hulle litigeer op grootskaal –

vries die bates,

vries die skurke se knaters

dat die berigte die stof so laat staan.

Die jan-alleman se geld vermors

om die My-Heer, Sy-Edele trawante te verryk

en vra mens agterna het julle die geld teruggekry:

dan is die vrae onvanpas, miskien selfs, disrespekvol.

 

In die buitgemaakte staat

probeer die tegnologiese feodale

alles wat staat moet bly, privatiseer:

die landbou-grond word opgekoop

verbouingsregte vir die eenwêrelds-

regering se aristokrate

en die rondloperhonde

– tong uit die bek –

pis hulle (af)bakens

oor grens, teen beleid –

 

In die buitgemaakte staat

blameer almal dit op apartheid

tot doomsday kom

maar tog só lekker is die kapitaal

wat soos hulle bondgenote ook maar sê:

die toekoms van hier mooi (vry?) land is.

 

In die buitgemaakte staat

dien almal die keiser

die sisteem

van sisteme –

 

die uiteinde wat soos die vloede elders

laat wonder wie dra by

tot aardsverwarming?

 

In die buitgemaakte staat

lê die plunder knie-diep

links én regs van die draad

en die Here behoed ons

van die dor-verlatenheid van ouds

wat steeds die oorhand (en onderhand) kry.

 

In die buitgemaakte wêreld

kan verlossing slegs kom

vir die een wat verstaan

dat die siekte slegs genees kan word

as die siekte in al sy skakerings (h)erken kan word

hokgeslaan kan word deur daardie bok-in-die-hok suiwerste

deeltjie van bewussyn wat spoel om die spil van wat is.

 

Dis wanneer ʼn buitgemaakte skepsel die leuen besweer

en die buitmakers, uitbuiters, die bloedbroers

geen bestaansreg of -rede meer had.

Daarom bring munte vir die keiser

en kruisig die konings

aan ʼn kruis so hoog –

 

En wéét die buitgemaakte staat

het soos ʼn apartheidstaat

ʼn raklewe

net soos die eenwêreldsideaal

wat buit kom maak op die

ekonomie se einde

wat – terloops –

dan ook einde se kant toe staan?

 

Wat sê jy my broer, my dor, verlate staat?

Iets wens dat vryheid weer vir jou beskore is

… of sterf.

 

© Bester Meyer, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Bester Meyer. Vanaand gaan die volkies
Bester Meyer. Vers nege →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d