Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 September 2022

Poësie vir almal met die bekendstelling van die sesde AVBOB Poësiekompetisie

 

 

 

Poësie vir almal met die bekendstelling van die sesde AVBOB Poësiekompetisie

 

Die sesde seisoen van die jaarlikse AVBOB Poësiekompetisie open op 1 Augustus 2022 vir inskrywings in al 11 amptelike tale. Weer wag daar ruim kontantpryse op die wenners.

Suid-Afrikaners op alle vlakke van die samelewing word aangemoedig om hul keurigste woorde van liefde en hoop, moed en troos in digvorm uit te druk. Die beste inskrywings in elke taalkategorie sal in die AVBOB Poësiebiblioteek gepubliseer word en terselfdertyd vir die skrywer R300 verdien. Die eerstepryswenners in elke taalkategorie sal ’n groot prys ter waarde van R12 500 ontvang. Dit sluit in R10 000 kontant, ’n boekbewys van R2 500 en die gesogte AVBOB Poësietrofee.

Volgens Carl van der Riet, Uitvoerende Hoof van AVBOB, “Dit is ’n riem onder die hart om te weet dat ons almal in oomblikke van ons grootste hartseer of vreugde dieselfde emosies as ons voorouers van vorige eeue ervaar. Dis in sulke tye, wanneer dit voel of ons nie meer woorde het nie, dat ánder se woorde ons troos of steun kan bied. Die doel van die AVBOB Poësiekompetisie is om ’n gesamentlike ruimte te skep waar alle Suid-Afrikaners hul diepste emosies met mekaar kan deel.”

Digters kan tot 10 gedigte via die aanlynwebtuiste indien. Die top drie in elke taalkategorie sal in die jaarlikse gedrukte bloemlesing opgeneem word. Alle gedigte op die kortlys sal in Engels vertaal word om ’n gees van begrip en samesyn onder Suid-Afrikaners aan te wakker.

AVBOB Poësie se sosialemediaplatforms is propvol wenke oor hoe om aan die gang te kom, sowel as aanwysings deur die beoordelaars. Drie verskillende bronne is op die AVBOB Poësie-webtuiste beskikbaar om aspirantdigters te ondersteun en aan te moedig. Dit sluit in deskundige advies, artikels oor suksesvolle digters en redaksionele riglyne. ’n Toevoeging vanjaar is ’n reeks gratis aanlynwerksessies wat voor en tydens die kompetisie aangebied word deur ervare digters en uitgewers wat jou skeppendheid sal inspireer en aanspoor (werksessiebesonderhede sal op AVBOB Poësie se sosialemediakanale bekend gemaak word).

 

Om aan die sesde AVBOB Poësiekompetisie deel te neem, registreer by www.avbobpoetry.co.za. Skryf tussen 1 Augustus en 30 November 2022 10 gedigte in jou moedertaal in. Dalk is jý die volgende wenner!

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Maritha Broschk. Wuif
AVBOB Persverklaring →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d