Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 September 2022

Joan Hambidge. Hoe lees ons? III

 

Join the thumb and middle finger: Dora and Schreber form a
circle. That’s where we have to try to think in spite of all … 1.

Philippe Sollers

 

I

In 1977 verskyn “Freud’s Hand”, daardie uitmuntende artikel van Philippe Sollers opgeneem in Yale French Studies. Dit is vertaal deur Barbara Johnson oor wie daar in die vorige bydrae geskryf is.

Sollers, die eggenoot van Julia Kristeva, is veral bekend om sy werk by Tel Quel. Hy figureer as romankarakter in Philip Roth se Operation Shylock (1993) en in Atomised (1998) van Michel Houellebecq. In die literêre krimie deur Laurent Binet, The Seventh Function of Language, gebaseer op die dood van Roland Barthes wat in 2017 verskyn het, is hy eweneens ‘n herkenbare karakter. Alles rondom verdagmakery dat Kristeva dalk ‘n spioen was?

http://joanhambidge.blogspot.com/2018/03/resensie-laurent-binet-7th-function-of.html Besoek 17 September 2022

Sollers is ‘n enorm komplekse figuur: teoretikus én skrywer.

Soms is daar polifoniese tekste saam met Kristeva soos Marriage as a Fine Art.

Twee teoretici wat apart woon, maar ‘n sterk intellektuele kontrak gesluit het.

H (vertaal in 2015) en tekste soos A Strange Solitude (Une Curieuse Solitude). Dit het oorspronklik in 1958 verskyn en is vertaal in 1959. H is ‘n eksperimentele roman sonder paragrawe, hoofletters of punktuasie. Sowel Sollers as Cixous het ‘n groot bewondering vir James Joyce gehad. Die invloed van Finnegan’s Wake kan gesien word op H.

Roland Barthes het groot respek vir sy werk gehad. Die sogenaamde revenge of the signified, soos Barthes hierdie soort tekste tipeer. (“The Play of the Caleidoscope”, 198 – 204, opgeneem in die onderhoude gevoer met Barthes: The Grain of the Voice van 1985.)

 

II

Waarom psigoanalities lees?, vra skeptici dikwels. Freud is vir die gemiddelde leser gelyk aan die ontdekking van seksuele drange, terwyl literatuurteoretici sy werk benader as ‘n komplekse analise van taal, hoe metafore en metonimia werk, transferensie en cathexis. (Hoe sou ‘n mens Besetzung in Afrikaans perfek vertaal?) Auden het onder meer ‘n belangrike gedig oor Freud geskryf. 2. Dalk ‘n ooreenkoms tussen digkuns en psigoanalise wat vandag anders gelees word as binne die tyd van publikasie? In die beroemde Freud-museum is daar ‘n film waar Freud met sy beroemde kleinseun stap: Lucian Freud, die skilder. 3.

Die Amerikaanse teoretikus en professor in Frans, Jane Gallop skryf uitsonderlik boeiend oor Freud, Lacan, Kristeva, Sollers, Shoshana Felman en andere in The Daugher’s Seduction. Feminism and Psychoanalysis.

Dit is immers Felman, ‘n Lacaniaanse teoretikus, wat ons daarop wys dat letterkunde die onbewuste van psigoanalise is (Gallop: 1982, 60).

Die onbewuste wat soos ‘n taal gestruktureer is en altyd die Begeerte tot die Ander impliseer. Aldus Lacan.

Die hele kwessie van die verhouding tussen analis en analysant is tersaaklik vir die mentor in ‘n kontrak gesluit aan ‘n universiteit. Hierdie rolle is verwikkeld en mag selfs omkeer. Hierom moet dit per kontrak geskied en meer spesifiek, in kreatiewe skryfwerk word dit van kardinale belang.

Tog: alleen as die student die gesag van die mentor aanvaar, kan die kreatiewe proses bestuur word. In ‘n seminaarkamer, met mede-studente, met tekste wat bespreek word binne die veilige konteks. Totdat die mentor dit as finaal beskou en dikwels betrokke is by die publikasieproses. ‘n Aanbeveling aan ‘n uitgewery; selfs ‘n skutblad-reklame skryf wat deel word van die parateks en die uiteindelike realisering van die teks.

Je veux dire. Ek bedoel …

As die implisiete reëls verontagsaam word (soos ons bespreek nie iemand se probleme buite die klas nie en ons resenseer nie mekaar se werk nie), lei dit uiteraard tot probleme en konflik. Een mentor, nie verskillendes nie. Een sielkundige of dokter – anders onrus en onsekerheid.

Implisiet is daar ‘n oedipalisasieproses betrokke by kreatiewe skryfwerk: die kind (Oedipus) moet die Vader (Laius) verslaan om sy eie identiteit te vind. Of dalk Jokaste uiteindelik hoon?

Indien oedipalisering nie plaasvind nie, mag die student altyd die goedkeuring soek van die mentor of selfs onwetend probeer skryf soos die mentor.

Onwetend of onbewustelik?

Die kreatiewe mentor werk nie net met ‘n teks nie, maar is ook ‘n begeleier van ‘n persoon se psige. Transferensie vind uiteraard plaas en soos Gallop tereg uitwys, word eerste verhoudings getransfereer op die gesagsfiguur (1982: 143).

Mortido of libido?

Die ewige sirkelgang van die letterkunde en psigoanalise.

 

III

Jane Gallop beskou psigoanalises, meervoudig en altyd in ‘n sirkelgang tot by Freud, vanuit ‘n feministiese hoek.

Letterkunde en psigoanalise: die probleem van lees. Ook “Otherwise: Freud’s Hand”, soos Sollers dit stel: “Imagine, if you will, Freud’s hand in the act of writing his five case histories. Hans, the little finger; Schreber, the long one, between the two thieves, fingered by the Index and the ring: Wolf Man, Rat Man. And finally Dora, the thumb, opposable to all the others. Next, imagine that hand in the mirror: you now have the written work of our time. That is, what is real of it besides, its weight, its relief, its consequence.” (Yale French Studies: 1977, 8).

Haar komplekse analise van Sollers en Kristeva bespreek sy in Hoofstuk 8 “The Phallic Mother: Fraudian Analysis”. 1982: 113 – 131).

Poliloque. Sy breek die teks in twee op sodat die leser gekonfronteer word met haar komplekse argumentasie.

Kristeva, die teoretikus; Sollers, die kreatiewe persoon, die “poet”, wat behoort tot die semiotiese orde. Die vroue teoretikus wat alreeds ‘n buitestaander, ‘n vreemdeling, wat volgens Gallop in manlike taal, te wete teoretiese taal, moet argumenteer (Gallop: 1982, 126 – 128).

Vroueskrywers wat dikwels as die aanvulling of supplement gesien word en steeds in aparte bloemlesings opgeneem word. Tog so ‘n bloemlesing kan ‘n nuwe stempel afdruk soos Karen de Wet bewys het met Vers & vrou.

Wanneer die manlike skrywer – aldus Gallop – die ritmiese taal eksploreer (“writes as a representative of the maternal”) of probeer skryf soos ‘n vrou, is dit “fraudulent”. Terselfdertyd erken Gallop dat sy vashaak …

Watter orde geniet voorkeur?

Alles belangrike punte wat hierdie skrywer tot nadenke stem oor kreatiewe begeleiding.

Kan ‘n manlike mentor byvoorbeeld ‘n vroueskrywer van raad bedien oor eetstoornisse en intens vroue-kwessies? Kan ‘n vroue-mentor ‘n manlike skrywer begelei met ‘n teks oor die weermag of manlike stoombaddens? Wie kan werklik ‘n trans-teks begelei?

Of streef die mentor na ‘n ruimte van neutraliteit?

Oor die jare het die kwessies al hoe komplekser geraak. Hoe sal Groot Verseboek nou daar uitsien met al die stemme en groeperinge?

Wie het nou weer geskryf: “When I was Jung and easily Freuded?”

 

IV

Freud se hand is inderdaad soos ‘n spieëlbeeld, bykans soos in ‘n Vélazquez-skildery. Bloom, Cixous, Derrida, Felman, Gallop, Jung, Kamuf, Kristeva, Lacan, Laplanche, Mitchell, Sollers, Turkle, Žižek (alfabeties genoem) flits terug.

Dalk ook Jacqueline Rose wat saam met Juliet Mitchell Lacan se école freudienne vertaal het?

Hier te lande het veral Susan van Zyl en Marianne de Jong boeiende studies in hierdie verband geskryf.

Hierom dra ek twee horlosies: die een hou tyd met die Onbewuste en die ander een is vir afsprake.

In die volgende bydrae kyk ons verder na Freud:

Kon Freud werklik Dora se kondisie begryp en haar gevoel dat sy bloot deel vorm van ruiltransaksie? Is alle histeriese vrou “verlei” deur die vaderfiguur? (Gallop: 1982: 143). Hoe gemaak as ons Dora lees as ‘n roman saam met D.M. Thomas se The White Hotel?

Alles vrae vanuit ‘n kreatiewe perspektief.

 

Joan Hambidge

Genoot aan die Universiteit van Kaapstad

Kaapstad September 2022

 

Endnote:

1 Die motto staan op bladsy 9.

Join the thumb and middle finger: Dora and Schreber form a
circle. That’s where we have to try to think in spite of all …

https://www.jstor.org/stable/pdf/2930442.pdf Besoek 17 September 2022

2 In Memory of Sigmund Freud

W.H. Auden (1907 – 1973)

When there are so many we shall have to mourn,

when grief has been made so public, and exposed

     to the critique of a whole epoch

   the frailty of our conscience and anguish,

of whom shall we speak? For every day they die

among us, those who were doing us some good,

     who knew it was never enough but

   hoped to improve a little by living.

Such was this doctor: still at eighty he wished

to think of our life from whose unruliness

     so many plausible young futures

   with threats or flattery ask obedience,

but his wish was denied him: he closed his eyes

upon that last picture, common to us all,

     of problems like relatives gathered

   puzzled and jealous about our dying.

For about him till the very end were still

those he had studied, the fauna of the night,

     and shades that still waited to enter

   the bright circle of his recognition

turned elsewhere with their disappointment as he

was taken away from his life interest

     to go back to the earth in London,

   an important Jew who died in exile.

Only Hate was happy, hoping to augment

his practice now, and his dingy clientele

     who think they can be cured by killing

   and covering the garden with ashes.

They are still alive, but in a world he changed

simply by looking back with no false regrets;

     all he did was to remember

   like the old and be honest like children.

He wasn’t clever at all: he merely told

the unhappy Present to recite the Past

     like a poetry lesson till sooner

   or later it faltered at the line where

long ago the accusations had begun,

and suddenly knew by whom it had been judged,

     how rich life had been and how silly,

   and was life-forgiven and more humble,

able to approach the Future as a friend

without a wardrobe of excuses, without

     a set mask of rectitude or an

   embarrassing over-familiar gesture.

No wonder the ancient cultures of conceit

in his technique of unsettlement foresaw

     the fall of princes, the collapse of

   their lucrative patterns of frustration:

if he succeeded, why, the Generalised Life

would become impossible, the monolith

     of State be broken and prevented

   the co-operation of avengers.

Of course they called on God, but he went his way

down among the lost people like Dante, down

     to the stinking fosse where the injured

   lead the ugly life of the rejected,

and showed us what evil is, not, as we thought,

deeds that must be punished, but our lack of faith,

     our dishonest mood of denial,

   the concupiscence of the oppressor.

If some traces of the autocratic pose,

the paternal strictness he distrusted, still

     clung to his utterance and features,

   it was a protective coloration

for one who’d lived among enemies so long:

if often he was wrong and, at times, absurd,

     to us he is no more a person

   now but a whole climate of opinion

under whom we conduct our different lives:

Like weather he can only hinder or help,

     the proud can still be proud but find it

   a little harder, the tyrant tries to

make do with him but doesn’t care for him much:

he quietly surrounds all our habits of growth

     and extends, till the tired in even

   the remotest miserable duchy

have felt the change in their bones and are cheered

till the child, unlucky in his little State,

     some hearth where freedom is excluded,

   a hive whose honey is fear and worry,

feels calmer now and somehow assured of escape,

while, as they lie in the grass of our neglect,

     so many long-forgotten objects

   revealed by his undiscouraged shining

are returned to us and made precious again;

games we had thought we must drop as we grew up,

     little noises we dared not laugh at,

   faces we made when no one was looking.

But he wishes us more than this. To be free

is often to be lonely. He would unite

     the unequal moieties fractured

   by our own well-meaning sense of justice,

would restore to the larger the wit and will

the smaller possesses but can only use

     for arid disputes, would give back to

   the son the mother’s richness of feeling:

but he would have us remember most of all

to be enthusiastic over the night,

     not only for the sense of wonder

   it alone has to offer, but also

because it needs our love. With large sad eyes

its delectable creatures look up and beg

     us dumbly to ask them to follow:

   they are exiles who long for the future

that lives in our power, they too would rejoice

if allowed to serve enlightenment like him,

     even to bear our cry of ‘Judas’,

   as he did and all must bear who serve it.

One rational voice is dumb. Over his grave

the household of Impulse mourns one dearly loved:

     sad is Eros, builder of cities,

   and weeping anarchic Aphrodite.

From Another Time by W. H. Auden, published by Random House. Copyright © 1940 W. H. Auden, renewed by The Estate of W. H. Auden. Used by permission of Curtis Brown, Ltd.

https://poets.org/poem/memory-sigmund-freud  Besoek 16 September 2022

Lucian Freud: Naakte meisie

 

‘n Klein meisie

anoreksies

wys haar kittelaar

nie só uitgeteer

soos ‘n Egon Schiele,

getiteld Prediker.

Beide skilderye

neem my terug na Wene,

Freud se vesting,

stad-van-drome,

repressie

en veral, onvervulde begeerte,

omdat jy nooit

kaal só vir my gelê

het nie, nee.

Iewers in dáárdie stad

gaan jy skuil in ‘n Klimt.

Parodieer jy (en ‘n meisie)

sy twee geliefdes,

wyl ek op ‘n vreemde

kontinent ‘n naakte waarheid

in die gesig staar.

Daar is altyd ‘n hy

en ‘n sy en nog ‘n sy

met ‘n wagtende,

gefnuikte een

wat stipstaar.

 

Bibliografie:

Barthes, Roland.  1985.The Grain of the Voice. Interviews 1962 – 1980. New York:Farrar, Straus and Giroux. (Vertaler: Linda Coverdale).

De Wet Karen. 2020. Vers & vrou. Kaapstad: Human & Rousseau.

Gallop, Jane. 1982. The Daugher’s Seduction. Feminism and Psychoanalysis. Cornell: Cornell University Press.

Lacan, Jacques. Feminine Sexuality. New York: W.W. Norton & Company.    (Vertaal en ingelei deur Juliet Michell en Jacqueline Rose).

Philippe Sollers & Barbara Johnson. Yale French Studies , 1977, No. 55/56, Literature and Psychoanalysis. The Question of Reading: Otherwise (1977), pp. 329-337 Published by: Yale University Press.

  1. 1985. Marriage as a Fine Art. New York: Columbia University Press. (In gesprek met Kristeva).

Thomas, D.M. 1981. The White Hotel. Londen: Penguin.

 

“Ek dink waar ek nie is nie, daarom is ek waar ek nie dink nie …”, aldus Lacan.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Hoe lees ons? II
Kompetisiewenners →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal
  • Nuwe Bundel. Carina van der Walt: Frankofiel
  • Nuwe Bundel. Daniel Hugo: Vers & Kapittel III

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d