kyk
die uil sit dubbelkennerig in die boom
en speel staar-staar
die een wat eerste wegkyk verloor
ek sluip nader nader met my slimfoon dis nie elke dag
dat uile ons besoek nie sjuut kinders behou
die oogkontak sluiter sluiter kyk
familie vriende hier’s ‘n uil
“wat ‘n waardige besoeker” steeds
hou die voël oë op my steeds hou my palms oë op hom mamma
kom ons bou ‘n huisie vir die uil
sy hang haar emmer aan die boom
die uil swiep op
blaarstof sif af van sy voete
hy het eerste weggekyk
©Marieta McGrath, 2022