Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 October 20223 October 2022

Joan Hambidge. Hoe lees ons? V

 

“The interpretation of dreams is the royal road to a knowledge of the unconscious activities of the mind.”

“Do you suppose that some day a marble tablet will be placed on the house, inscribed with these words: ‘In this house on 24 July 1895, the secret of dreams was revealed to Dr. Sigm. Freud’? At the moment I see little prospect of it.” — Freud in a letter to Wilhelm Fliess, June 12, 1900

Sigmund Freud

 

 

Freud se afspraakboek Maart 1914.

 

I

Nommer 4 in die Freud-reeks: The Interpretation of Dreams oftewel die Traumdeutung wat oorspronklik in 1899 verskyn het, is ‘n baken in psigoanalise. Onder andere met ‘n indeks ook van Freud se drome.

Vir Freud is die droom ‘n raaisel met ‘n latent en manifest inhoud. Een van sy belangrikste analises is van die Wolfman. So word dit beskryf:

 

“Suddenly, the window opened of its own accord, and I was terrified to see that some white wolves were sitting on a big walnut tree in front of the window.”

It was the harrowing childhood nightmare of Sergei Pankejeff (1886-1979), who was one of Freud’s most famous patients. The dream is so famous that Pankejeff later became known as the ‘Wolf Man’.

The night before his 4th birthday, Pankejeff dreamed that he was lying in bed when all of a sudden the window swung open.

Peering out, he saw six or seven white wolves sitting in the tree outside his bedroom, their eyes fixed on him. Terrified by their gaze, he woke up screaming.

He made a sketch of the dream for Freud, and in later life produced several paintings of it, two of which are on display in the Freud Museum London.

https://www.freud.org.uk/education/resources/the-interpretation-of-dreams/  Besoek 28 September 2022

 

In die analise wys Freud daarop dat die jong kind aggressief geraak het weens twee traumatiese insidente: sy suster het hom betas en hierna het hy voor die oppaster homself ontbloot. Sy het hom betig en verwond met die woorde dat kinders wat dit doen, ‘n “wond” kry op die geslagsdele.

Freud se analise wys op die aggressie en hoe die jong kind later sadisme / masochisme beleef. En dat die ervaring met die suster en oppaster uiteindelik ‘n reaksie op die vaderfiguur ontketen het.

Die leser weet dat dit Freud se weergawe van Pankejeff se trauma is.

II

Die droomwerk is ‘n raaisel. En in die Interpretation of Dreams beweer Freud: “In the unconscious nothing can be brought to an end, nothing is past or forgotten” (1976: 733)

Die onbewuste as ‘n bergplek of kelder vir Freud is alombekend. Soos gedigte, verklap drome iets uit die verlede wat die dromer begryp as “aanwesige” in die droom. Hierom beweer Freud dat drome nie die toekoms voorspel nie, maar eerder die verlede vermeld en selfs vooruitloop (paradoksaal gesproke). Dit wat gerepreseer is, kom in drome na vore soos vrese, wensvervullings, ensomeer.

‘n Droom, benadruk Freud, kan meer as betekenis dra (1976: 231). Net soos gedigte eweneens verskillende interpretasies kan aktiveer.

Vele van hierdie leser skryf daagliks drome op. Die digkuns teer eweneens op die droomwerk:

 

Die gedig kan soms

die ervaring vooruit loop;

die magiese aspek

van hierdie proses

kan helaas nie besê word.

 

dromende denke, noem ‘n digter

hierdie private, waansinnige

proses waarvan net die beoefenaars weet

hoe verslawend, dikterend,

oorrompelend

dit is:

 

die gedig droom die digter.

 

‘n Man in Andalusië roep

geluidloos na my.

Sy oë flets

die aarde is ‘n albaster

wat draai, sê hy.

Dis so. Dis so.

Hy is die wilde loot

– die een wat sy ouers

se gene vervloek.

 

Ek sien die man

ná die skryf van die vers.

Dit was ‘n droom

ter wille van die gedig.

Die albasteraarde draai

en draai. Sonder ‘n omhaal

van woorde. Die gedig

 

loop soms die ervaring vooruit.

 

uit: Ewebeeld. 1997.  Johannesburg, Perskor.

 

III

Die dromende denke van die digkuns, soos T.T. Cloete dit genoem het. Ook in ons gedigte kom dit sterk na vore soos in “Après un rêve” (Allotroop uit 1985) en in die Cloete-erelesing het ek verwys na die hipnose van die digkuns.

Die ‘idiolek’ is dan ook gelyk te stel aan Paul Ricoeur se ‘ipse’ beskryf in Time and Narrative (1992) wat by Cloete manifesteer as die self gedefinieer in en deur ander tekste. In die post-postmoderne leesbenadering is die versplintering van die self in al sy konsekwensies ‘n tekstuele proses, ‘’n skemerende herfsgedig’. Die palimpses is dan ook hier ter sprake en die terugbeweeg in Leopold se ‘dromende denke’, oftewel dan die hipnose van die digkuns waar alles sig aanbied vir die taalkristal.

http://joanhambidge.blogspot.com/2013/02/die-hipnose-van-die-digkuns-tt-cloete.html Besoek 30 September 2022

 

So dig Cloete:

 

Die afspraak

na Paul Verlaine

 

‘n vreemde vrou in sewe variante

kom gee haar oor aan my steeds in ‘n droom

in sewe gedaantes   die steeds verwante

steeds sonder afspraak en steeds sonder skroom

 

hoe openhartig en vrymoedig gaan

ons tot mekaar volkome wederkerig

die tyd wat in ons pols sag saamslaan

onderbreek en herhaal ons willekeurig

 

hoe lyk haar hare    donker   rossig    blond

ek weet dit nie   die oë     neus en mond

haar naam   dat dit  onaards klink en sonoor

 

stel ek my voor   ek kan haar stem asof

sy dood is en ek my herinner dof

ver weg en ernstig en sereen hoor

 

Jukstaposisie, 1982.

 

Hierdie gedigte beklemtoon die Freudiaanse Unheimliche en die simboliese betekenisse van drome wat elke digter volgens sy of haar belewenisse laai.

 

Die jukstaposisie tussen die bewuste en die onbewuste.

 

In die Simbolisme word drome as bronne gesien vir die digter.

 

Die alchemie van die werkwoord van Rimbaud wat wys op die belangrike werk van Freud se Traumdeutung.

 

La vieillerie poétique avait une bonne part dans mon alchimie du verbe.

 

 

Wat gebeur tussen die droom of gedig?

 

Watter alchemistiese prosesse vind plaas? Of sal ons eerder “antwoorde” by Jung vind?

 

Tog droom ons in beelde wat ons verbind aan die Onsienlike. In een van die drome in Freud se Traumdeutung droom die vader dat die kamer waar sy kind slaap aan die brand is.

 

Die kind staan langs sy bed en vra vir die vader of hy dan nie kan sien dat daar ‘n brand is nie?

 

Wanneer die vader wakker word, is die kind reeds dood. Die oppasser, ‘n biddende ou man, het die kerse aangesteek en aan die slaap geraak.

 

Dit staan opgeteken in Hoofstuk sewe.

 

Joan Hambidge

Oktober 2022

 

 

Bronne:

 

Cloete, T.T. 1985. Allotroop. Kaapstad: Tafelberg.

  1. 1982. Jukstaposisie. Kaapstad: Tafelberg.

Freud, Sigmund. 1953 / 1976.  4.  Interpretation of Dreams. Londen: Pelican.

https://www.freud.org.uk/education/resources/the-interpretation-of-dreams/  Besoek 28 September 2020

Hambidge, Joan.1997.  Ewebeeld. Johannesburg: Perskor.

Die hipnose van die digkuns. http://joanhambidge.blogspot.com/2013/02/die-hipnose-van-die-digkuns-tt-cloete.html

Besoek 1 Oktober 2022

Ricoeur, Paul. 1988. Time and Narrative – Volume 3. Chicago, University of Chicago Press.

 

Rimbaud, Athur. https://www.mag4.net/Rimbaud/poesies/Alchimie.html  Besoek 1 Oktober 2022

Swanepoel, Jan. https://repository.nwu.ac.za/bitstream/handle/10394/16253/Swanepoel_J_Chapter%205-7%20%26%20Bibliography.pdf?sequence=2  Besoek 30 September 2022

 

 

Voorstelling van sy droom deur die Wolfman.

 

Drome tydens die skryf van hierdie essay:

 

Traumdeutung

 

My kombuis

rotkaal besteel

deur onsigbare diewe

met my moeder in die kombuis

wat sê alles is leeg die yskas kaste laaie

maar moenie bekommer nie paai sy verder

jou kamer daar waar jy rus is nie binnegedring nie

en al jou boeke en dokumente is veilig langs jou bed …

 

So helder hierdie

droom oor my troostende moeder

wie se stem ek by wakkerword steeds hoor

mý kombuis bak verdroogde proteas versend

ná haar dood teen die wit blindings (rooi eetgerei

weetbix fatti’s & moni’s tobasco espresso-masjien)

waardeur die oggendson skyn op ‘n klein kissie ‘n cadeau

vir haar (nou ‘n erfstuk) vol gedroogde blare eens lelies-van-die-velde

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Hoe lees ons? IV
Joan Hambidge. Hoe lees ons? VI →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d