“The interpretation of dreams is the royal road to a knowledge of the unconscious activities of the mind.”
“Do you suppose that some day a marble tablet will be placed on the house, inscribed with these words: ‘In this house on 24 July 1895, the secret of dreams was revealed to Dr. Sigm. Freud’? At the moment I see little prospect of it.” — Freud in a letter to Wilhelm Fliess, June 12, 1900
Sigmund Freud
Freud se afspraakboek Maart 1914.
I
Nommer 4 in die Freud-reeks: The Interpretation of Dreams oftewel die Traumdeutung wat oorspronklik in 1899 verskyn het, is ‘n baken in psigoanalise. Onder andere met ‘n indeks ook van Freud se drome.
Vir Freud is die droom ‘n raaisel met ‘n latent en manifest inhoud. Een van sy belangrikste analises is van die Wolfman. So word dit beskryf:
“Suddenly, the window opened of its own accord, and I was terrified to see that some white wolves were sitting on a big walnut tree in front of the window.”
It was the harrowing childhood nightmare of Sergei Pankejeff (1886-1979), who was one of Freud’s most famous patients. The dream is so famous that Pankejeff later became known as the ‘Wolf Man’.
The night before his 4th birthday, Pankejeff dreamed that he was lying in bed when all of a sudden the window swung open.
Peering out, he saw six or seven white wolves sitting in the tree outside his bedroom, their eyes fixed on him. Terrified by their gaze, he woke up screaming.
He made a sketch of the dream for Freud, and in later life produced several paintings of it, two of which are on display in the Freud Museum London.
https://www.freud.org.uk/education/resources/the-interpretation-of-dreams/ Besoek 28 September 2022
In die analise wys Freud daarop dat die jong kind aggressief geraak het weens twee traumatiese insidente: sy suster het hom betas en hierna het hy voor die oppaster homself ontbloot. Sy het hom betig en verwond met die woorde dat kinders wat dit doen, ‘n “wond” kry op die geslagsdele.
Freud se analise wys op die aggressie en hoe die jong kind later sadisme / masochisme beleef. En dat die ervaring met die suster en oppaster uiteindelik ‘n reaksie op die vaderfiguur ontketen het.
Die leser weet dat dit Freud se weergawe van Pankejeff se trauma is.
II
Die droomwerk is ‘n raaisel. En in die Interpretation of Dreams beweer Freud: “In the unconscious nothing can be brought to an end, nothing is past or forgotten” (1976: 733)
Die onbewuste as ‘n bergplek of kelder vir Freud is alombekend. Soos gedigte, verklap drome iets uit die verlede wat die dromer begryp as “aanwesige” in die droom. Hierom beweer Freud dat drome nie die toekoms voorspel nie, maar eerder die verlede vermeld en selfs vooruitloop (paradoksaal gesproke). Dit wat gerepreseer is, kom in drome na vore soos vrese, wensvervullings, ensomeer.
‘n Droom, benadruk Freud, kan meer as betekenis dra (1976: 231). Net soos gedigte eweneens verskillende interpretasies kan aktiveer.
Vele van hierdie leser skryf daagliks drome op. Die digkuns teer eweneens op die droomwerk:
Die gedig kan soms
die ervaring vooruit loop;
die magiese aspek
van hierdie proses
kan helaas nie besê word.
dromende denke, noem ‘n digter
hierdie private, waansinnige
proses waarvan net die beoefenaars weet
hoe verslawend, dikterend,
oorrompelend
dit is:
die gedig droom die digter.
‘n Man in Andalusië roep
geluidloos na my.
Sy oë flets
die aarde is ‘n albaster
wat draai, sê hy.
Dis so. Dis so.
Hy is die wilde loot
– die een wat sy ouers
se gene vervloek.
Ek sien die man
ná die skryf van die vers.
Dit was ‘n droom
ter wille van die gedig.
Die albasteraarde draai
en draai. Sonder ‘n omhaal
van woorde. Die gedig
loop soms die ervaring vooruit.
uit: Ewebeeld. 1997. Johannesburg, Perskor.
III
Die dromende denke van die digkuns, soos T.T. Cloete dit genoem het. Ook in ons gedigte kom dit sterk na vore soos in “Après un rêve” (Allotroop uit 1985) en in die Cloete-erelesing het ek verwys na die hipnose van die digkuns.
Die ‘idiolek’ is dan ook gelyk te stel aan Paul Ricoeur se ‘ipse’ beskryf in Time and Narrative (1992) wat by Cloete manifesteer as die self gedefinieer in en deur ander tekste. In die post-postmoderne leesbenadering is die versplintering van die self in al sy konsekwensies ‘n tekstuele proses, ‘’n skemerende herfsgedig’. Die palimpses is dan ook hier ter sprake en die terugbeweeg in Leopold se ‘dromende denke’, oftewel dan die hipnose van die digkuns waar alles sig aanbied vir die taalkristal.
http://joanhambidge.blogspot.com/2013/02/die-hipnose-van-die-digkuns-tt-cloete.html Besoek 30 September 2022
So dig Cloete:
Die afspraak
na Paul Verlaine
‘n vreemde vrou in sewe variante
kom gee haar oor aan my steeds in ‘n droom
in sewe gedaantes die steeds verwante
steeds sonder afspraak en steeds sonder skroom
hoe openhartig en vrymoedig gaan
ons tot mekaar volkome wederkerig
die tyd wat in ons pols sag saamslaan
onderbreek en herhaal ons willekeurig
hoe lyk haar hare donker rossig blond
ek weet dit nie die oë neus en mond
haar naam dat dit onaards klink en sonoor
stel ek my voor ek kan haar stem asof
sy dood is en ek my herinner dof
ver weg en ernstig en sereen hoor
Jukstaposisie, 1982.
Hierdie gedigte beklemtoon die Freudiaanse Unheimliche en die simboliese betekenisse van drome wat elke digter volgens sy of haar belewenisse laai.
Die jukstaposisie tussen die bewuste en die onbewuste.
In die Simbolisme word drome as bronne gesien vir die digter.
Die alchemie van die werkwoord van Rimbaud wat wys op die belangrike werk van Freud se Traumdeutung.
La vieillerie poétique avait une bonne part dans mon alchimie du verbe.
Wat gebeur tussen die droom of gedig?
Watter alchemistiese prosesse vind plaas? Of sal ons eerder “antwoorde” by Jung vind?
Tog droom ons in beelde wat ons verbind aan die Onsienlike. In een van die drome in Freud se Traumdeutung droom die vader dat die kamer waar sy kind slaap aan die brand is.
Die kind staan langs sy bed en vra vir die vader of hy dan nie kan sien dat daar ‘n brand is nie?
Wanneer die vader wakker word, is die kind reeds dood. Die oppasser, ‘n biddende ou man, het die kerse aangesteek en aan die slaap geraak.
Dit staan opgeteken in Hoofstuk sewe.
Joan Hambidge
Oktober 2022
Bronne:
Cloete, T.T. 1985. Allotroop. Kaapstad: Tafelberg.
- 1982. Jukstaposisie. Kaapstad: Tafelberg.
Freud, Sigmund. 1953 / 1976. 4. Interpretation of Dreams. Londen: Pelican.
https://www.freud.org.uk/education/resources/the-interpretation-of-dreams/ Besoek 28 September 2020
Hambidge, Joan.1997. Ewebeeld. Johannesburg: Perskor.
Die hipnose van die digkuns. http://joanhambidge.blogspot.com/2013/02/die-hipnose-van-die-digkuns-tt-cloete.html
Besoek 1 Oktober 2022
Ricoeur, Paul. 1988. Time and Narrative – Volume 3. Chicago, University of Chicago Press.
Rimbaud, Athur. https://www.mag4.net/Rimbaud/poesies/Alchimie.html Besoek 1 Oktober 2022
Swanepoel, Jan. https://repository.nwu.ac.za/bitstream/handle/10394/16253/Swanepoel_J_Chapter%205-7%20%26%20Bibliography.pdf?sequence=2 Besoek 30 September 2022
Voorstelling van sy droom deur die Wolfman.
Drome tydens die skryf van hierdie essay:
Traumdeutung
My kombuis
rotkaal besteel
deur onsigbare diewe
met my moeder in die kombuis
wat sê alles is leeg die yskas kaste laaie
maar moenie bekommer nie paai sy verder
jou kamer daar waar jy rus is nie binnegedring nie
en al jou boeke en dokumente is veilig langs jou bed …
So helder hierdie
droom oor my troostende moeder
wie se stem ek by wakkerword steeds hoor
mý kombuis bak verdroogde proteas versend
ná haar dood teen die wit blindings (rooi eetgerei
weetbix fatti’s & moni’s tobasco espresso-masjien)
waardeur die oggendson skyn op ‘n klein kissie ‘n cadeau
vir haar (nou ‘n erfstuk) vol gedroogde blare eens lelies-van-die-velde