Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 October 2022

Bester Meyer – “The Will and Testament of a Nameless Citizen”: Bekendstelling 28 September 2022

 

 

Bester Meyer se letterkundige projek: The Will and Testament of a Nameless Citizen is op 28 September 2022 by die Breytenbach Sentrum te Wellington bekendgestel. Die projek bestaan uit drie publikasies deur Naledi, naamlik: Die Testament, Rebel Song en Lobola for Life én die vrystelling van ses gedigte van onder andere NP van Wyk Louw, Ingrid Jonker en Breyten Breytenbach wat deur Meyer getoonset is, naamlik Musiek vir Jou Ure (2020). Laasgenoemde is saam met Die Testament vrygestel.

Die Testament (Naledi 2020), Meyer se debuutdigbundel, is in 2020 net na die grendeltyd gepubliseer. In een van die afdelings van die bundel gebruik Meyer dialoog uit André P Brink se 1962 roman, Lobola vir die Lewe (oorspronklik deur Human & Rousseau uitgegee), om deur mymerende prosa ʼn nuwe aanbod daar te stel. Die oogmerk was om sekere van die temas in Lobola vir die Lewe en Die Testament met mekaar te vervleg. Aan die einde van die gegewe afdeling word die leser uitgenooi om ʼn antwoord in sy/haar kop te formuleer gebaseer op grond van dié afdeling in Meyer se bundel óf dit staan die leser vry om die antwoord/e in Brink se roman, Lobola vir die Lewe, te gaan soek. In ʼn sekere mate bly die lees van die afdeling onvoltooid totdat die leser ook Brink se roman gelees het.

Ná die publikasie van Die Testament het Meyer begin werk aan ʼn Engelse herskrywing van dié bundel. Daar is in die proses gestalte gegee aan Rebel Song (Naledi 2022) wat in ʼn sekere mate gesien kan word as die Engelse eweknie van Die Testament, alhoewel dit ook bestaan uit nuwe Engelse gedigte en ʼn alternatiewe einde. Daar was egter ʼn leemte met betrekking tot die gedeelte waar Meyer die Lobola vir die Lewe- dialoog gebruik het in die sin dat Lobola vir die Lewe nooit in Engels verskyn het nie, en dat dit onmoontlik sou wees vir die Engelse leser om die antwoord/e in die roman te gaan soek. Gevolglik het Meyer besluit om die roman in sy geheel, met die toestemming van die AP Brink Trust, in Engels te vertaal. Dit stel dan die Engelse leser in staat om nie net die roman te lees nie (Lobola vir die Lewe is een van die enigste van Brink se romans wat nooit deur hom self in Engels vertaal is nie), maar dit het dit ook vir Meyer moontlik gemaak om ʼn soortgelyke afdeling (soos hierbo verduidelik) by Rebel Song in te sluit. Gevolglik is Lobola vir die Lewe deur Meyer vertaal en daar is lewe gegee aan Lobola for Life (Naledi 2022), ʼn literêre vertaling van dié roman in Engels. Die projek bestaan dus uit drie publikasies wat elkeen op sy eie (kan) staan, maar wat mekaar ook tematies aanvul om ʼn groter geheel te vorm.

Tydens die bekendstelling is die projek onder leiding van Desmond Painter (DP) met Bester Meyer (BM) bespreek. Die aand is afgesluit deur Musiek vir Jou Ure en die een lied uit Rebel Song wat deur Die Naamlose Dors vir die gehoor gespeel is.

Hieronder volg ʼn kort opsomming van sekere van die vrae wat DP aan BM gestel het, met BM se antwoorde daarop, asook ʼn skakel na een van die toonsettings wat die aand gespeel is:

 

DP

Wat is die rol wat die boek [Lobola for Life, André Brink] in die projek speel?

BM

Hoe die hele teks werk is dat – dit is ʼn snaakse teks – sommerso halfpad deur die narratief is daar ʼn vraag of vrae wat deur Brink gebruik word om kommentaar te lewer op wat op daardie stadium in die wêreld aan die gang was (die roman is in 1962 gepubliseer). Hierdie vrae en antwoorde het ʼn universele strekking wat dan ooreenstem, en vervleg word, met sekere temas soos vervat in Die Testament en Rebel Song. Ek sal vir julle een so ʼn vraag en sy antwoord uit die vertaalde roman wil voorlees. Ek dink die gedeelte wat ek gaan lees, is baie relevant as ʼn mens kyk na wat tans in die wêreld aan die gebeur is:

QUESTION

But what role does violence play in resolving mankind’s problems?

battle for a new land or gold or women or honour or just for the sake of fighting—unceasing and on every battleground, Dunkirk or plant cell or bloodstream or heart or heaven, how much longer till where till when and above all why and the constant futility of it all because each new generation creates a necessity for a new battle as if they need it like bread and wine and body and blood: swarming Christians or slaves in the arena, the infidels before Mohammed, martyrs in churches or at the stake, the endless crimes in the name of the living God, Charlemagne against the eastern nations, califs against Spain and Egypt, crusaders against Seljuk-Turks and the Turks against them, Cortez to Mexico and Pizarro to Peru, Afrikaners against blacks, and how many thousands of edicts and decrees of Nero and Diocletian to Richelieu and reverend so and so, the intolerance and hatred in the name of the cross, why all this if it’s all just a fairy tale, and if it is not a fairy tale, then still why? And each individual itself repeats the story himself, ontogenesis recapitulates something or something recapitulates ontogenesis, I hate you and you hate me, because I am better than you or you are better than me, and my children aren’t playing with yours; York and Lancaster, Montague and Capulet, Cain and Abel, Jacob and Esau, west and east, white and black, for no other reason than I am like this and you are like that and because we do not want to stay on both sides of the fence, and always, unerring as a death-knell: It’s not me that wants it, it’s he—or Eve, or the Snake, the root of all impiety, and how can I then, faithful believer, be associated with him—? Let’s make it a theme of fate, a predestination, an inevitability, that Lear should disown his daughter, or that Oedipus should murder his father, or Brutus Caesar, but everything becomes so much more futile as a result; if you and I can just embrace being an us, to find a way, a resting place outside these winds, if already beforehand a must had had to be a must, hound after hare, cat after mouse, everything behind us, and the devil catches the rest—

 

DP

Wil jy iets sê oor hoe al die tekste in die projek (insluitende die toonsettings) by mekaar aansluit?

BM

Ek sien dit as ʼn Rebel Song in sy geheel. Die projek, as ek dit met musiek kan vergelyk, is soos ʼn liedjie. Meeste liedjies het twee versies, ʼn brug en ʼn koor. Die toonsettings is die projek se koortjie. Nie dat ek vir enige iemand wil voorskryf hoe om die projek te benader nie. Dit is hoe ek dit sien. En dan het jy die twee bundels wat met die versies van die lied vergelyk kan word, en die Brink vertaling wat die brug uitmaak. Wat, soos jý sê, ʼn net vorm van dinge wat vir my belangrik is, om hopelik vir die leser iets anders as gewoonlik te gee om mee te werk.

 

DP

Wil jy iets sê oor die ‘Nameless Citizen’-gedeelte van die oorhoofse projektitel?

BM

ʼn Naam kom met sekere gevolge. Ek sien die ‘naamloos’-gedeelte daarvan as beide positief en negatief. Die wêreld het van ons as mense, nommers gemaak. Maar dink byvoorbeeld aan ʼn naam soos Bill Gates, hoeveel mag lê daar in só ʼn naam opgesluit. So wat as ons almal naamloos kon wees? Sou die wêreld nie beter gewees het nie? Miskien kan ons ‘naamloosheid’ ʼn bevrydende effek op mense hê. Ek kan iets daaroor probeer lees uit Die Testament:

 

Gielie se Bielie

 

op ’n mark buite Stellenbosch

koop Gielie vir hom ’n groen papegaai,

doop haar naamloos

en leer haar dinge sê soos:

kapitalisme en demokrasisme

’n paar jaar later

kon naamloos vir Gielie

perfek na-aap,

sy idees bepraat

(maar soos altyd bly wonder oor die waarheid)

 

in somer ’94 kom Gielie

met ’n rooi papegaai by die huis

hy doop hom naamloos II,

sit hom in die gemeenskaplike kou

en leer hom van vooruitgang – saampraat –

en om vir naamloos perfek na te doen

 

maar naamloos II

was ‘n rebel

en het altyd vir Gielie bly koggel

met die roep van ’n nagtegaal en

vir naamloos bly vertel

hy is lief vir haar en

dat sy dit binne haar moet vind

dat hulle saam

moet ontsnap

en vlug

oor die blouste blou berge

 

Gielie was ontstoke

oor die gedrag van die rooi pes en

vir Wagter die hond gekommandeer

om vir naamloos II op sy plek te sit:

bloed spat vere spat blou

en morsdood teruggesit in die kou

vir haar om vir altyd te onthou

 

naamloos het nie gehuil nie

nie getreur nie

maar net aanhou klets:

simbool jou hier

simbool jou daar

wat anders kon sy doen?

 

Gielie was te-vrede en

het grootkop gekry oor die

altyd aanhoudende aanbidding –

’n doelgerigte ereksie na

niks

 

en soms in die na-nag

as Gielie slaap en

naamloos alleen en eensaam is,

(en ou Wagter smul aan nuwe bene

van Gielie se tafel,        of

ander duifies rondjaag in die tuin)

 

sing sy,

– altyd soos ’n nagtegaal –

haar naamlose lied:

en dróóm

van ’n vlug

oor die blouste blou berge

 

 

DP

Wat is die rebellie? Waarteen rebelleer jy?

BM

Ons almal weet iets is nie honderd persent reg met die wêreld nie. Met COVID-19 het ons dit begin agterkom. Daar is samesweringsteorieë oor wat aan die gang is, maar die probleem, in vandag se tyd, is dat ons nie meer weet wat waar is nie. Is dit waaroor verslag gedoen word in die hoofstroommedia alles waar? Kan ʼn mens hulle vertrou, en waar plaas ʼn mens die uiteenlopende ‘stories’ op sosiale mediaplatforms? Wat is werklik(heid) en wat is fiksie? Ek weet nie of die wêreld se ekonomiese beleidsrigtings reg is nie. Dit veroorsaak ongelykheid. ʼn Mens het mense aan die bokant van die spektrum en dan effektiewelik die middel- en werkersklas heel onder. En ek dink dat daardie verhouding heeltemal uit balans is. Sekere gedigte poog om hierdie ongelykhede aan te spreek. Ek kan dalk vir julle ʼn gedig lees uit “Die Verhoor”-gedeelte van Die Testament waar die mensdom (weer) vir Christus aankla:

 

Smokkelbrief 1

 

al wat ek is

is hierdie woorde, Heer.

U het my ’n klein bietjie

minder gemaak as ’n hemelwese

– en belese – maar tog kyk ek op

na die sterre en die maan

en wonder wat is woorde

 

ek ís die revolusie

my hart

is in die hart

van die mense

dáár waar deugde

van die begin af klop

 

ek: die wordende woorde van herinnering.

ek: die verenigde gees –

die adelstand en middelklas

en onderklas

(die onaangeraaktes

van ’n samelewing)

wat in eenheid gebore is

en in eenheid sal sterf

 

gee my die woorde, Heer,

om soos in die begin

weer woord te word

en te probeer sin maak

van die proletariaat

se strewe na ’n staat

waar ballingskap

nie meer tronk is nie

maar ‘n gestalte van rus –

’n bevryding van die blou:

rebel ek is, rebel, ek ís

 

ja, Heer

dis my woorde vir nou

en hierdie wonde,

hierdie rooi spyker vlekke

(op die polse)

is nie net ’n belydenis nie

maar ’n naamlose lied en gebed

laat dít dan hulle woorde wees, Vader.

laat dit hulle strewe wees

wanneer hulle wil uitroep:

 

my God, my God

waarom het u my verlaat

 

 DP

In die ander die gedig: “Die Uitspraak” (ook uit Die Testament) is daar ʼn interessante strofe waar jy skryf:

 

‘vryheid, gelykheid

en broederskap se getuienis

is maar idees wat god geword het

maar daar is geen groter vorm van slawerny

as ’n geïndoktrineerde Utopia

waar reg en verkeerd nie meer onderskei kan word nie:

         wanneer die leuen dít geword het wat ons asem

                                  en ons weet dit nie eers meer nie’

 

Daar is redelik baie sulke gedigte. Jou kommentaar?

BM

Dit gaan weer terug na daardie beleidsrigtings wat ons aanhang. Bevraagteken ons dit ooit? Ek het maar ʼn probleem met neo-liberalisme, kapitalisme en globalisering. Waar los dit ons as ‘ʼn mendom’? Die antwoord daarop is dalk nie moontlik nie. Maar ek dink daar is mense – baie kundige mense – wat kan help. Want, ek dink – sonder om duiwelsadvokaat te speel – dit is ʼn probleem. En in Suid-Afrika – omdat ons die apartheidsregime gehad het – is dit nie so prevalent soos in die res van die wêreld nie. Die voorheen agtergeblewenes hou op hierdie stadium van die vrugte van iets, soos byvoorbeeld, kapitalisme. Maar in die res van die wêreld is die “us and them” besig om ʼn probleem te raak. Die afgrond tussen die twee raak te groot en heeltemal uit balans. Mense praat openlik van die sogenaamde ‘great reset’ wat ʼn eenwêreld-geldeenheid en -regering tot gevolg sal hê, en ek voel dat dit ten koste van die mense sal wees.

 

DP

ʼn Mens kan hierdie vergelyk met ander boeke wat amper ʼn diagnostiese dimensie het, dat daar iets in die wêreld is wat nie reg is nie, maar sonder dat dit direk politieke gedigte is. In ʼn sekere sin veg jy ʼn politiese stryd op ʼn metafisiese vlak, asof daar ʼn simboliese regstelling moet gebeur? Nie net ʼn prakties/politiese regstelling nie? Dit voel vir my jy doen iets soortgelyks deur die manier hoe jy met religieuse simbole werk. Jou kommentaar?

BM

Ja, wat dit aanbetref, ek dink dit is om na binne te gaan, dit maak nie saak hoe jy glo nie. Ek glo in ons menswees – aan ons binnekant – is daar ‘virtue’ of ‘deugde’, en as ʼn mens daar gaan rondkrap, dan glo ek jy sal die antwoorde vind – nie wat ek sê of wat die ou langs my sê of wat Desmond Painter sê nie – maar die antwoorde, soos wat dit van die Goddelike intuïsie af kom, is daar binne jou. Ek dink dis daar waar ʼn mens moet gaan rondkrap vir die antwoorde, of dit nou op jou knieë is of op jou boude of hoe ook al jy dit wil doen. Dit is ʼn reis en rebellie na binne. Dit is die rebellies waarvan iemand soos Camus – waarna jý verwys het – gepraat het. Dit is ʼn metafisiese rebellie. Met ander revolusies is daar bloot net ʼn verplasing van mag.

 

 

 We are what We are (uit Rebel Song)

 

How do I understand

the nameless aspects

of what it is

that makes me the soldier, the worker, the saint?

 

That I am the wanderer of a thousand faces

but that the Sat Nam, the truth of what I am

my original mind

is born from some-thing

–encompassing all freedom –

but which is in essence no-thing.

 

We are what we are: the second-hand people

corrupted by everything we did

everything we created

everything we had become –

but the truth has no path outside of us –

the Name has no re-sounding gong without our essence.

 

Where is it that our individuality stops

and our humanity begins?

Where is it where we can die

of our history, our traditions

our ideologies, our gods

to find the ocean orbiting with dolphins –

to see the sun echoing our (inner) moon

in endless beauty when day greets night?

 

The answer has been blowing in the wind

ever since those mountains were washed to sea:

that within me,

I carry the world –

that within me, I am

Hitler, Mussolini, Stalin

Gandhi, Mandela and Luther King.

 

And to live is to journey inward

and to journey inward

is to find the original mind:

that which blots with crimson blood

that which canters with full-fledged freedom

a word pronouncing our namelessness as greatest truth

–a name too great to mention here –

found in the silence of morning –

the flow of water –

and given substance by

the movement of (y)our heart beating in me.

 

 

Skakel na een toonsetting wat gespeel is: https://youtu.be/6bJ9IMd9rWY

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat

Nuutste kommentaar

  1. Cobus van den Berg on Krige Visser. parodie en ironie20 July 2026

    Dankie Krige. Ek lees dit oor en oor….sodat dit kan insink.

  2. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  3. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  4. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d