I
Camille Paglia en Harold Bloom. Bloom die mentor en Paglia die aweregse, dwarse, provokatiewe student en die skrywer van Sexual Personae: Art and Decadence From Nefertiti to Emily Dickinson, ‘n boek waaroor daar beslis nie eensgesindheid bestaan nie.
En die gesogte Yale University Press het dit gepubliseer, ‘n studie met verwysings na Freud, Jung en Frazer se klassieke teks The Golden Bough (1890). Kenneth Clark se The Nude (1956), Norman O. Brown, D.H. Lawrence (o.a.) is hier aanwesig.
Paglia vermeng populistiese kultuur met ernstige kwessies.
Sy besing die lof van drag queens in Vamps & Tramps. Sy kyk na die gesig van Lady Diana. Sy vind lesbiese vroue se politieke korrektheid en “sisterhood” versmorend en sy skryf ‘n onvleiende analise van Susan Sontag onder die titel “Sontag Bloody Sontag” ook opgeneem in Vamps & Tramps (1994).
Dit is ‘n reaksie van Paglia op ‘n besoek aan Bennington in 1964 waar Sontag ‘n swak verhaal gelees het en nie die verwagte referaat gelewer het nie. Sontag het egter die swye bewaar en nooit op hierdie aanval gereageer nie.
http://www.literarybennington.com/literary-bennington/paglia-v-sontag-the-literary-rivalry-that-began
Bloom praat van die ephebe en die precursor. Dit kan herlei word na Freud se siening van die seun (Oedipus) wat die vader (Laius) verslaan. Die digter skep ‘n nuwe digterlike ruimte en verslaan so die vaderdigter. Dit kan eweneens van toepassing gemaak word op Paglia se kritiek van Sontag.
II
In Hoofstuk 24 van Sexual Personae skryf sy oor Emily Dickinson: Amherst’s Madame de Sade.
Volgens haar is min digters so verkeerd gelees as juis Dickinson. Sy sien haar as ‘n vroulike Sade:
“And her poems are the prison dreams of a self-incarcerated, sadomasochistic imaginist”. Die verse is “a torture chamber and arena of extremity”, skryf sy verder. Veral is dit tersaaklik dat die sadomasochistiese metafore “overdetermined” is “in the Freudian sense”. (1990: 625 – 626)
Overdetermined in the Freudian sense?
In Freud se Interpretation of Dreams – veral die Irma-droom – vind ons ‘n samevatting, oftewel ‘n kondensasie van die dromer (in hierdie geval dan Freud) se eie gevoelens. En gedigte is dikwels soos drome.
In haar analise van Dickinson se gedigte gebruik sy terme soos cathexis en paraleipsis.
Eersgenoemde dan die konsentrasie van psigiese energie en laasgenoemde die beklemtoning van iets deur min daaroor te sê. Dalk ook Apophasis, daardie retoriese strategie van ontkenning?
Juis hierom is daar soveel interpretasies van Dickinson se gedigte: van simbolies, taalanalises, verhulde lesbianisme, verhulling van ‘n siektetoestand, die betekenis van blomme in haar werk, onder andere.
Die ikonografie van lyding, meen Paglia, kan ons in haar digkuns aflees.
Al die sterftes wat sy beleef het, word deel van haar digterlike argief. (1990: 631, 633)
Haar sadomasochistiese metafore word ‘n tegniek van self-hermafroditisering en om die binne-lewe te eksternaliseer.
Jukstaposisies, binariteite, verliese wat in die gedigte ópgehef word, aktiveer Freud se fort-da-beginsel, sou ‘n mens Paglia se analise vérder kon voer.
Die klein vroulike liggaam is vol bruisende manlike energie, aldus Paglia. (1990: 65)
Ambivalensie dus.
III
Oor Dickinson bestaan daar ook vele grappe soos ons sien in die 1993 studie van S. Juhasz in Comic power in Emily Dickinson.
Sun Mon Tues Wed Thurs Fri Sat
Visit pantry Visit Visit front porch Back home
foyer (weather permitting)(to my room)
1 2 3 4 5 6 7
In Afrikaans het vele digters oor haar geskryf: Elisabeth Eybers, Sheila Cussons, Lina Spies, Petra Müller, Johann de Lange, Joan Hambidge, o.a.
Johann de Lange se “Emily Dickinson (1830 – 1886)” lui soos volg:
In die kamer te Amherst, ek.
Die aand vang my in ‘n raam waar-
uit die laaste lig weggevlieg het.
Ek maak bymekaar my stapeltjies
vergetelheid. Skik en lint dit.
Bêre weg. Ek wat ‘n lewe
sonder voorval lei,
die liefde net op sig ken,
met my alleenwees soos ‘n migraine.
My wêreld is presies, rond met speke.
Ek reis nêrens heen, én oral:
in hierdie sel ontwar ek
‘n heelal, ‘n aardbol; in hierdie sel
is liefde en dood geesgenote.
Uiteindelik is seker net dit:
ék, in dié kamer, voor dié ruit:
afwerend, alleen, hiér.
(Snel grys fantoom, 1986).
Lina Spies het ‘n studie geskryf oor die merkwaardige ooreenkoms tussen haar en Eybers in 1995.
In 1999 besoek ek haar huis in Amherst waar die beroemde wit rok te siene is. Van haar dokumente en briewe word in die Harvard biblioteek bewaar. Ook die gedigte (“fascicles”) word bewaar. Judith Farr skryf ook oor die tuin van Emily D in 2005.
Maar dis Paglia wat tereg opmerk op bladsy 631 van haar studie: “Dickinson’s wounds and scars are military medals of honour, the price and prize of life experience”.
En daardie Higginson wat haar gedigte nie goed gevind het nie is nou ‘n blote voetnoot in die geskiedenis, soos Paglia dit klinkend opsom.
IV
So dig Billy Collins oor haar, die voormalige poet laureate (2001 – 2003) van die VSA:
Taking Off Emily Dickinson’s Clothes
First, her tippet made of tulle,
easily lifted off her shoulders and laid
on the back of a wooden chair.
And her bonnet,
the bow undone with a light forward pull.
Then the long white dress, a more
complicated matter with mother-of-pearl
buttons down the back,
so tiny and numerous that it takes forever
before my hands can part the fabric,
like a swimmer’s dividing water,
and slip inside.
You will want to know
that she was standing
by an open window in an upstairs bedroom,
motionless, a little wide-eyed,
looking out at the orchard below,
the white dress puddled at her feet
on the wide-board, hardwood floor.
The complexity of women’s undergarments
in nineteenth-century America
is not to be waved off,
and I proceeded like a polar explorer
through clips, clasps, and moorings,
catches, straps, and whalebone stays,
sailing toward the iceberg of her nakedness.
Later, I wrote in a notebook
it was like riding a swan into the night,
but, of course, I cannot tell you everything –
the way she closed her eyes to the orchard,
how her hair tumbled free of its pins,
how there were sudden dashes
whenever we spoke.
What I can tell you is
it was terribly quiet in Amherst
that Sabbath afternoon,
nothing but a carriage passing the house,
a fly buzzing in a windowpane.
So I could plainly hear her inhale
when I undid the very top
hook-and-eye fastener of her corset
and I could hear her sigh when finally it was unloosed,
the way some readers sigh when they realize
that Hope has feathers,
that reason is a plank,
that life is a loaded gun
that looks right at you with a yellow eye.
https://www.poemhunter.com/poem/taking-off-emily-dickinson-s-clothes/ Besoek 19 Oktober 2022
Inderdaad: life is a loaded gun.
Joan Hambidge
Oktober 2022
Bronne:
Bloom, Harold. 1973. The Anxiety of Influence. New Haven: Yale University Press.
1975. A map of misreading. New Haven: Yale University Press.
De Lange, Johann. 1986. Snel grys fantoom. Kaapstad: Human & Rousseau.
Farr, Judith. 2005. The Gardens of Emily Dickinson. Cambridge: Harvard University Press.
Freud, Sigmund. 1953 / 1976. 4. Interpretation of Dreams. Londen: Pelican.
Hambidge, Joan. 2016. Indeks. Kaapstad: Human & Rousseau.
Juhasz, S., Christanne Miller & Martha Nell Smith. 1993. Comic power in Emily Dickinson. Texas: University of Texas Press.
Paglia, Camille. 1990. Sexual Personae. Art and Decadence from Nefertiti to Emily Dickinson. New Haven: Yale University Press.
1992. Sex, Art, and American Culture. New York: Viking.
1994. Vamps & Tramps. New York: Vintage Books.
Spies, Lina. 1995. Die enkel taak – die merkwaardige ooreenkoms tussen Elisabeth Eybers en Emily Dickinson. Kaapstad: Queillerie
Endnoot:
In my studie Gender-konstruksies in die Afrikaanse letterkunde: ‘n Ondersoek in kultuurstudies, literêre teorie en kreatiewe skryfwerk (PhD, UCT, 2000) skryf ek as volg oor haar:
Emily Dickinson (1830-1886) is ‘n mitiese digter, omdat sy haar afgesonder het van die res van die wêreld. Trouens, in vele bloemlesings word die kamer (‘n representasie van haar eensaamheid?) gewoonlik afgedruk. Wat haar lewe wél interessant of merkwaardig gemaak het, is dat sy te midde van ontsettende politieke en sosiale omwentelinge geleef het. Dit was die tyd van die Amerikaanse Burgeroorlog, die vrye denke van Thoreau het die Protestantse wêreld bevraagteken en Darwin se ewolusieleer het insgelyks vele sekerhede van die New Englandse leefwyse binnegedring. Ook Walt Whitman se “skokkende” verse het onder haar aandag gekom en in New England het die predikante sy poësie verbied.
Vir my is Dickinson – die vrou in haar legendariese wit rok – simbool van die stilgemaakte/stemhebbende digter. Sy het ironies genoeg die omstandighede en voorskrifte van haar tyd oorleef. Waarskynlik kan ‘n mens ook op ‘n nuwe wyse na Dickinson kyk – soos wat feminisme insinueer, naamlik om haar as ‘n lesbiese digteres te sien.
Emily Dickinson en haar suster, Lavinia (Vinnie) was nooit getroud nie. Haar broer Austin het wel getrou en dit is dan ook bekend dat Susan Gilbert van die gedigte ontvang het. (Hulle is in 1856 getroud.)
Bekende feministe het alreeds gespekuleer oor die seksuele kondisie van Dickinson, oor haar vader-fiksasie en afwesige moeder. Ook haar obsessie met Higginson het al dikwels baie aandag geniet en sy beroemde brief, “Letter to a young writer” (April 1862) is ‘n klassieke teks.
In die tuin van Emily Dickinson
In haar boomryke, lowergroen tuin
het Emily D glo daagliks
geluide van voëls ingeklank.
Hier het sy in háár tuin van geluk,
soos Judith Farr beduie,
die ruimskootse verband tussen dig
en tuinmaak beleef: liefde teenoor haat;
nyd teen deugsaamheid; dood en ewigheid
in blombeddings ingespit.
Wildevygies, jasmyne en madeliefies
geplant. En daagliks ‘n ruiker
vir haarself gepluk. En elke blom
– selfs die katjiepiering –
in blomensiklopedieë opgesoek
– klokblom, koningsklokkie, arendklou –
en die Webster se akkers hierna verken
soos ‘n reisiger in ‘n vreemde land
haar direktief opteken. Elke
simbool nougeset, sekuur herken.
O enigmatiese vrou in jou wit rok,
jou tuin het ek in die lente besoek:
hier gestaan en gewonder
of jy ooit in die Tuin van Ewigheid
met die ánder tuinier van Amherst praat,
met haar, Sylvia Plath, wie se dood
soos ‘n swart aronskelk bly blom?
(Indeks, 2016).
Sontag het per geleentheid gesê “Wie is Camille Paglia? Ek het twee weke gelede vir die eerste keer van haar gehoor toe mense vir my tekste van haar aangestuur het en die dele wat oor my gaan in rooi omkring het…” (geparafraseer). Paglia was haar bitsige self in haar antwoord in die pers en gesê Sontag was slegs relevant in die 1960’s.
Ek het op ‘n kol ‘n onderhoud met Bloom gesien waar hy nie name noem nie, maar ‘n mens kon aflei dat hy nie Paglia se benaderings ondersteun nie.
Die aktivering van hermetisme (dmv Magick, S&M ensovoort) as leesstrategie van Dickinson se tekste is absurd. Ek vermoed Dickinson was gewoon ‘n eksentrieke introvert.
Whitman se “Leaves of grass” was epogmakend. Daar was moontlik elemente van outoërotika teenwoordig, bv in “Song of myself” maar ek dink dit was einste Billy Collins wat na Whitman en Dickinson verwys het as die “pa en ma” van die Amerikaanse poësietradisie, hoewel hy toegegee het dat hulle personas nie noodwendig van hulle ‘n paartjie sou maak nie.
Terloops, ek sien uit na hierdie komende boek:
https://www.amazon.com/Unsaid-Hermetic-Between-Hermeneutics-Deconstruction/dp/1783488662