Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 October 202224 October 2022

Meyer van Rensburg. Vuurvlieglusiferase

 

Vuurvlieglusiferase

 (vir Rupert Brooke :“…and is there honey still for tea?)

 

Dié besie-lampe

is fosforskyn

wat aan/af blink

en bedags verdwyn

 

maar hul liefdesgloed

sal saans steeds wink:

soos nagmusiek

wat bly weerklink

 

vir hul kort bestaan

– ’n twee-maand-vlug –

word dou en nektar

tot boodskapflits verlig

 

in jóu vlugtige

vlinderlewe

is Grantchester se nektar-dou

tot glinsterverse uitgebou

al slaan die klokslag reeds

kwintessens die elfde uur

het jy die dood bedrieg

dit ingekort en bekonkel

toe jy opeens klankryk besef

dat jou sprankellig onthou kan word

as sterskyn wat die son oortref;

vegtend vir ’n edel land om in te rus

vind jy ’n hoekie in die vreemde

wat nou vir altyd Eng’land is

soos ’n altaar, wonderwit,

wat in gitswart woude sit

jy breek tronktralies van die nag

die antieke vloek word aangedurf

om verby beangste sterkolonne

die doderyk met lig te blits:

dié lumineuse hoop

soos lusiferien van sonligbesies

of ’n skitter-skarabee

is juis die blinksoet elikserheuning

in die caduceus T.

 

© Meyer van Rensburg, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Kompetisiewenners
Aangenaam! Onderhoud met Meyer van Rensburg →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d