
llona Edwards woon in Bonteheuwel, Kaapstad. Sy het regte studeer aan die Universiteit van Wes-Kaapland.
Verskeie van haar gedigte is gepubliseer in bundels van die Poetry Institute, Contrast, Versindaba 2006 en in Nuwe stemme 3. Sy neem gereeld deel aan die skryfskole wat deur LitNet aangebied word. Sy skryf ook graag kortverhale en hou van lees en van diere. Van haar kortverhale is ook ingesluit in die 2021 US Woordfees Kortverhaalbundel saamgestel deur Suzette Kotzé-Myburgh, Valda Jansen en Marius Swart.
Op die vraag “wat maak jou skryf?” antwoord Edwards: “Mense maak my skryf. Hulle is soms voorspelbaar en soms nie.”
![]()
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.
Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]
