Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 November 2022

Joan Hambidge. Hoe lees ons? XII

 

I

Nou onlangs verskyn ‘n Jungiaanse studie oor die werk van Sheila Cussons: In die klipknoets van haar vuis deur Adriaan Potgieter by Hemel & See Uitgewers.

Die skrywer kyk na die lewe en lewer kommentaar op die komplekse psige van die digter en kunstenaar.

Jung se argetipes, die animus/anima, skadu, individuasie en véral die enantiodromia (die terugbeweeg in en teen die chronologiese tyd en die aanvaarding van sikliese of irreële tyd) is te siene in haar digkuns, merk hierdie leser op in ‘n resensie oor hierdie boek vir Beeld.

Maar sou ‘n mens net ‘n Jungiaanse benadering kon gebruik om hierdie komplekse digterskap te benader? Jung, die student van Freud het verskil van sy mentor.

Dit is egter so dat sekere gedigte nie eg-Jungiaans benader kan word nie.

‘n Freudiaanse benadering sou sommige gedigte wel oopmaak.

Gian Lorenzo Bernini, ‘n Italiaanse beeldhouer en argitek (1598 – 1680) word in die volgende gedig opgeroep.

 

Verlief in Venesië

Eenmaal in ‘n hooglied-eenmaal
het ek in ‘n flikkerende stad gekom
toe net nog ‘n laaste swaard van lig
in ‘n laataand water vlam
en swymelend van son en jeug en vaak
gaan slaap op ‘n ou matras gestop met drome:
en kuis maar rusteloos soos Sint Ursula
van al sy vergeefse minnaars gedroom:
en wakker geword in die baldakyn-bed van ‘n vreugde
en ‘n roosrooi marmer môre
gebeeldhou deur Bernini tot son en gewreekte vlees:
en doof vir die engele wat Ursulas roep
my spykerbroek haastig oor die warm marmer
van my dye getrek en uitgehardloop
in die hooglied-stad
met my vingers in my ore, want:
die hooglied van Sint Ursula sing nie in marmer nie.

 

Die eros/thanathos-spanning is opvallend in hierdie gedig waar die “swaard van lig” die seksuele aktiveer. Kuis (dus alleen) soos Sint Ursula dromend van vergeefse minnaars. Die lewe (eros) word deur die dag opgeroep met die “roosrooi marmer”. Die dood word in die gedig ingedra deur die “gewreekte vlees” van Bernini se beelde: meer spesifiek die Ekstase van St Teresa van Avila.

https://www.veniceartguide.it/en/2021/05/04/the-ecstasy-of-st-mary-theresa-of-avila-gian-lorenzo-bernini-and-the-cardinal-federico-corner/ Besoek 11 November 2022

Die gesig van hierdie beeld lyk na ‘n vrou wat ‘n orgasme beleef dalk?

Die hooglied van Sint Ursula sing nie in marmer nie; anders as dalk by die heilige Teresa van Avila?

Die spreker se lyf is warm marmer – sy kom tot lewe; haar libido is wakkergemaak in die hoogliedstad, ‘n implisiete verwysing na die Hooglied van Salomo?

Die drie dubbelpunte bevestig ook ekstase (jouissance).

Die minnaar waarna sy verwys hier is waarskynlik Van Wyk Louw met die gebruik van aksente (dubbelpunte binne-in die gedig). ‘n Verlange terug na hom en ‘n herinnering aan hul liefdesverbintenis wat tot ‘n hoogtepunt gevoer word in die gesprekke tussen die digters.

 

II

In hierdie gedig versoen Cussons twee gegewens: die wêreld van Bernini en sy buite-egtelike verhouding met ‘n getroude vrou Costanza in 1630. Daar was egter liefdesverraad toe sy ‘n relasie begin het met sy jonger broer, Luigi. In woede het Bernini glo ‘n werknemer gestuur om haar gesig te skend en die handlanger is vir hierdie daad tronk toe gestuur. Costanza is eweneens tronk toe gestuur weens huweliksontrou. Bernini is egter deur die pous vrygespreek vir sy aandeel in hierdie ongelukkige voorval. Hy trou dan later met ene Caterina Tezia.

Hierdie gegewe van liefdesontrou word sáámgesnoer met die verhale van Sint Ursula, die heilige wat oorlede is in die jaar 383. Sy en haar heilige maagde is vermoor by Keulen. Min is hieroor bekend, alhoewel hulle gekanoniseer is binne die Roomse martelaarskap.

Cussons se verhouding met Louw het eweneens huweliksontrou beteken vir beide digters.

 

III

Beyond the pleasure principle (1920) word in 1960 gepubliseer deur Penguin.

Die doodsdrif (thanathos drang) is die teenoorgestelde van die lewensdrif (eros).

Hierdie gedig werk ook met binariteite: lewe / dood; vlees / marmer; wakker / slaap; dag / laataand; modern (spykerbroek) / outyds (baldakyn-bed) …

Baldakyn beteken troonhemel of hemelbed. Of altaardak.

Dan ook die troon wat die religieuse of pouslike element signifieer.

Borges vertaal sy later as Die vorm van die swaard en ander verhale (1981).

 

Afterwardsness

Nachträglichkeit is ‘n belangrike Freudiaanse konsep, te wete om iets eers by terugskoue te kan verstaan.

Hierdie konsep gebruik Derrida in Writing and difference om die onbewuste as “a weave of pure traces” te beskryf.  “Originary prints”. Alles is uitgestel en is soos ‘n argief wat alreeds transkripsies is

Die gedig dan as ‘n supplement tot die onbewuste en geen skryfwerk is moontlik sonder repressie nie. “The unconscious text is already a weave of pure traces, differences in which meaning and force are united –  a text nowhere present, consisting of archives which are always already transcriptions. Originary prints. Everything begins with reproduction. Always already: repositories of a meaning which was never present, whose signified presence is always reconstituted by deferral, nachträglich, belatedly, supplementarily, for the nachträglich also means supplementary” (1978: 211).

Vir Derrida is die “beyond the pleasure principle” een van transgressie (1978: 203).

In dieselfde studie skryf Derrida:”the serence presence of a statue, of a written stone or archive whose signified content might be harmlessly transported into the milieu of a different language, that of the preconscious or the unconscious (1978: 211). So word Bernini hier getransporteer om iets oor te dra wat eers later ‘n werklikheid word.

Hy wys ook op die merke wat pyn laat.

Waarskynlik is “Aandenking” ‘n pendant vir “Verlief in Vensesië”:

 

Aandenking

‘n Sneeunag op ‘n bank langs ‘n blink kanaal
-‘n eensame sneeu-
klein liggies bo wat stadig laer na Schiphol sweef
-die gordels is al vas-
ons voetvalle nánag oor die leë plein
-die leë wind onthou-
‘n laaste tram wat na sy skuur toe skreeu –
na al die jare waarom
dié soet pyn?

https://dalenefowler.wordpress.com/2013/08/19/uit-verf-en-vlam-1978-sheila-cussons/

Besoek 11 November 2022

 

Joan Hambidge

November 2022

 

Bronne:

Careri, Giovanni. 1995. Bernini: Flights of Love, the Art of Devotion. Chicago: University of Chicago Press.

https://romancesphere.fas.harvard.edu/news/bernini-his-life-and-his-rome Besoek 11 November 2022

Derrida, Jacques. 1978. Writing and difference. Londen: Routledge & Kegan Paul. Oorspronklik: L’Ėcriture et la différence.

Freud, Sigmund. 1961. Beyond the pleasure principle. Londen: Penguin.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Hoe lees ons? XI
Joan Hambidge. Hoe lees ons? XIII →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d