Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 November 202216 November 2022

Bester Meyer. Marilyn Monroe: foto van jóú

 

Marilyn Monroe: foto van jóú

 

‘die gedig is die liefde

 soos elke vrou ʼn woord is’ – Breyten Breytenbach

 

dat daar al gesê is

die dood is net ʼn droom

ʼn techicolour werklikheid:

hand op die telefoon

en alles om jou waterig

om jou lewe

in die dood te gee

om jou lewe

anderkant

die dood te gee

 

só, soos alles ná jou dood sou doen:

die foto van jou

bo moltreinventilasieskag

ʼn skielike sug van onsterflikheid

ʼn mond in vol rooi lippe vertel

van vrou wat ikoon sou word

van vroulikheid

in breekbaar broos se mou

 

vaarwel Norma Jean

die lied sê jy’t jou lewe leef

soos ʼn eensaam kersie in die wind

in ʼn wêreld

wat deur jou

na liefde smag

as uiteinde van die idee

van jou verruklikheid

 

mans, skreeuende monde, die naam: Monroe

kameras wat flikker, flankeer in eensaam grou:

en al wat jý wou hê

was om vir een enkel uur

jou vader te ken

vir een enkel oomblik

vasgehou te word

deur hom én ʼn wêreld

waarin liefde wel kon bestaan –

hóm hoor sê: ook hierdie flitse gaan verby

soos die faam – die foto’s in rooi en blou

 

 

vaarwel Norma Jean

jou finale rus

is toe sonder gebreekte gloeilampe

is toe sonder aborsies en slaappille

en ʼn wêreld wat nie

nie jou menslikheid kon insien nie –

 

iewers saam met Arthur Miller

aan ʼn ongekunstelde kus

met eerder net ʼn fotoboek

van ʼn sterbelaaide verlede

– niks meer as dit nodig nie –

met jou pa en ma en kinders op die strand

en dié gedig wat sterflik maak

juis dit wat jou onsterflikheid maak

 

(na aanleiding van die film: Blonde)

 

© Bester Meyer, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Bester Meyer. Vers nege
(11) Bester Meyer. My gedink, soos Sterre →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d