Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 December 2022

(11) Bester Meyer. My gedink, soos Sterre

 

My gedink, soos Sterre

 

Eskom se afklokreël was laat vanaand

mense spaander na hulle opwekkers

maar die sterre bly blinklyf

hulle gestaltes, hulle name roep –

 

Vanuit sterrestof het jy gekom

en na sterrestof toe sal jy terugkeer

en in die tussenin-ruimtes

wat ons leef  noem

is die opwekkers se kille gebrul

wat bevoorregtes van moontlik

minder-bevoorregtes onderskei

benede die weet, buite die soek,

tog deel van ʼn kop

wat uiting probeer gee aan hart.

 

Die nuwe stad: Jerusalem

lê in die maangloed en gis –

Soldatekinders

ruk weduwees vanuit huise:

die groot apartsheidstaat

wat deur almal laat los word

vir strategies-ekonomiese moontlikhede

– en o my duistere wete van wedywerende rede –

weduwees huil ook ware trane van sout

ween ook, en kners ook op die tande.

 

In Oekraine is Hy ek, ek Hy –

dat ek Sý donkerkant kan verstaan(?):

wat aangaan in die nanag van die kop

is soms ʼn aborsie van vreemde planete

en vervlietende sterre

wat in die skreeu van die waarheid

uitgepers word tot ʼn hartseer-hart

om in hierdie mensgemaakte nag

geboorte te gee aan woorde

as uitkoms van ʼn revolusionêre dagbreek

om só die wil van mens aan ster te bind

en vandaar uit te wyk na die groot gefool van niks.

 

Hy leef in my, ek vloei is Sy Wydheid

en daarom dan die kwelling

oor ʼn weduwee wat huil,

ʼn kind wat vlug voor hommeltuig

se knoppie, soldaat se vinger

op hommeltuig se knoppie,

soldaat se vinger op semi-

outomatiese geweer, generaal

se hand wat vryf oor boepens

terwyl hý soldaat opdrag gee

(– generaal wat wind opbreek, poep –)

Hy leef in ons, ons vloei is Sy Wysheid

en ek sê Eskom se afklokreël

is ʼn niks

in vergeleke

met die soldaat die weduwee en kind se lot:

my vae gedagte, ʼn illusie van trillende sterre.

 

© Bester Meyer, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Bester Meyer. Marilyn Monroe: foto van jóú
(20) Bester Meyer. Die Volledigheid van Water →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d