Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 November 2022

Joan Hambidge. Hoe lees ons? XIV

I

Ellie Ragland bespreek in Essays on the pleasures of death. From Freud to Lacan (1995) die retorika van die onbewuste wat volgens Lacan duidelike matematiese verbintenisse aangaan. In die afdeling “The paternal metaphor” wys Ragland op die ingewikkelde formasie van die verbeelde, simboliese en reële vlakke.

Freud se Ichspaltung word by Lacan die gesplete ego. Die Ich is vir Lacan die je/moi parlêtre en die Freudiaanse es  word die ça by Lacan. Die objet a is die oorsaak van die begeerte waarvan sowel die funksie as die oorsaak volledig onbewus en dus on-bekend is. Soos Ragland tereg argumenteer: “The moi symbolizes the uniqueness of each person’s narcissism (or identity). And even though the person is unaware of the fictional (identificatory and linguistic) nature of his own ‘personality’ composition, the relation of ‘being’ (or unbeing) to the ça or jouissance is palpable” (1995:7).

Sy argumenteer ook in die afdeling “The paternal metaphor” dat gender-identiteit mites noodsaaklik is vir die sosiale rolle in ons seksuele maskerade. Ook word normatiewe maskerade oopgemaak (“unveiled”) sodat die effek van die Oedipale struktuur openbaar word. Begeerte is gestruktureer in Lacaniaanse terme.

Die verbintenis tussen die analis / analisant is kompleks en hierdie rolle word voortdurend omgeruil.

Met taal betree die kind die domein van gespletenheid. Taal word aangeleer juis deur die drie samehangende, dog nie-ooreenstemmende vlakke: Klanke wat geassosieer word met woorde en ‘n eienaam (die simboliese vlak); identifikasies wat die liggaam konstitueer (die verbeelde vlak); en die gevolg van verlies in die mate wat dit ‘n merk laat op die biologiese organisme (die reële vlak).

“The libidinal qualities”, skryf Ragland verder op bladsy 182,” produced by the gaze, the voice, and so on, are repressed as ‘objects’ that give rise to unary signifiers marked by a primary jouissance – an attachment to reminiscences of oneness. These signifiers bind the outer world to a seemingly ‘inner’ void in one single stroke”.

Lacan verduidelik die taal van die onredelike of die irrasionele. Hy karteer by uitstek die struktuur van die onbewuste.

Die naam van die vader (nom du père) is in hierdie gedig belangrik: die dooie letters van die simboliese vader (Ragland: 215).

Ragland skryf:

Lacan found this figure important in his efforts to redirect thinking about the Freudian unconscious toward the idea of a real hole in being and body that places space both inside and outside a person, collapsing inside and outside into an extimate object a that is the subject. That is, the void in language, being, and body forms a torus where inside and outside define two voids – an internal and external one – that points to something real in form itself” (1995, p. 199).

Dit wat ons dan waarneem as ‘n sirkel of gat word veroorsaak deur ‘n ab-sens wat bepalend is.

Reeds in die Seminar I verduidelik Lacan die belang van die oog om gereduseer te word tot die gaze.” (Ragland, 203).

 

II

Vervolgens volgende gedig van Johann de Lange:

 

Terapie

Ek kyk uit op die tuin.

Die reën slink alles

soos tyd herinnerings.

 

‘n Helder druppel teen

die ruit. Bewegingloos.

‘n Omheinde libido.

 

lemand by die tuinhek.

‘n Gesig kristalliseer.

Met die klop onthou ek.

 

Die druppel vloei

selfvernietigend

tot sy bedroë einde.

 

 

Terapie

Ek kyk uit op die tuin.

Die reën slink alles

soos tyd herinnerings.

 

Die ek kyk deur die wasige ruit waar herinneringe na vore kom uit die verlede.

 

‘n Helder druppel teen

die ruit. Bewegingloos.

‘n Omheinde libido.

 

‘n Helder druppel is bewegingloos en word ‘n omheinde libido.

 

lemand by die tuinhek.

‘n Gesig kristalliseer.

Met die klop onthou ek.

 

Is dit ‘n werklike of verbeelde iemand by die tuinhek wat klop? Of is dit herinneringe aan die vader?

 

Die druppel vloei

selfvernietigend

tot sy bedroë einde.

 

Die druppel vloei selfvernietigend – wat die dood van die digter se vader aktiveer vir hierdie leser.

 

 Die vaderfiguur – die vertrekkende vader – loop regdeur die digter se diguns.

In Snel grys fantoom staan hierdie vers:

 

As liefde ons verkeerd bewys

 

As liefde ons verkeerd bewys

en die nag in ons holtes kom lê,

en die dood ons laaste hegsels

losknip uit die lewe se patroon

sodat ons saam is, ongeheg,

asof om te sê ons liefde ken

nog duur nog vordering, sal ons

weet die dood is tydloos soos plesier,

en ons is net somerweerlig,

‘n aprillende gier, net lewe

vir sy dood, voorbrand vir sy vuur.

 

Die dood (thanatos in Freud se terme) is tydloos soos plesier; daardie plesier waarna Ellie Ragland verwys.  Die liefdesvers is hier eerder ‘n soeke na die liefde van die versaakte vader.

In Die algebra van nood skryf die digter:

 

Van al die woorde wat ek het

 

Van al die woorde wat ek het

is dood onweerlegbaar

 

dood, ’n woord wat welig

náwerk in die brein:

 

vir oulaas stryk ons

die beduimelde gesig

 

& stuit teen wat verganklik was

maar nou raar & onoorganklik bly.

 

Daardie gedig by die voorhek in “Terapie” word nou ‘n beduimelde gesig. Beduimel soos in vuil …

Die verskillende verse aktiveer die afwesige vader, die woord wat náwerk in die brein. Juis omdat die digter nie werklike impak van die vader kan verstaan of verwoord nie, keer dit telkemale terug in sy gedigte.

Onweerlegbaar: dit wat nie betwyfel kan word word nie.

Onbetwisbaar, onteenseglik so.

Hierom is die libido omhein en pynlik. Danksy die vader wat die kind versaak en met letsels gelaat het.

Hierom is alles dan onoorganlik.

 

Joan Hambidge

November 2022

 

Bronne:

De Lange, Johann. 1982. Akwarelle van die dors. Kaapstad: Human & Rousseau.

–2009. Die algebra van nood. Kaapstad: Human & Rousseau.

–1986. Snel grys fantoom. Kaapstad: Human & Rousseau.

Hambidge, Joan. 2000. Gender-konstruksies in die Afrikaanse letterkunde: ‘n Ondersoek in kultuurstudies, literêre teorie en kreatiewe skryfwerk. Phd. UCT.

Lacan, Jacques.  1966/1977. Écrits – a selection. Vertaal deur Alan Sheridan. Londen: Tavistock.

– 1988. “The insistence of the letter in the unconscious” in David Lodge(red.): Modern criticism and theory – a reader. Londen: Longman.

–1973/1977. The four fundamental concepts of psycho-analysis. Vertaal deur Alan Sheridan. Londen: Penguin.

Ragland, Ellie. 1995. Essays on the pleasures of death. From Freud to Lacan. New York: Routledge.

Endnote:

  1. Die vaderfiguur kon telkemale na vore in die digter se oeuvre. So dig hy in Snel grys fantoom.

 

Pa

 Whether you are pretty or not, I outlive you,

bend down my strange face to yours and forgive you.

 Anne Sexton

 

Ander miskien nie maar ek onthou

dat jy ‘n bouer was

met groot hande wat steen

op steen kon pas,

so sekuur was in wat jy doen

en tog tuis alles kon verbrou.

 

Maar ek vergewe jou.

 

Die hart hou sy eie almanak.

Stene kon jy beter as woorde vat:

skielik was daar ‘n wolkekrabber,

‘n padkafeetjie langs die pad;

kon lugkastele bou, na cowboy-flieks gaan kyk,

of vuurhoutjiepatrone op my Bybel plak.

 

Maar ek vergewe jou.

 

Ander aande het jy mandrax gedrink

en vroeg gaan slaap, moeg,

die woonstel onherbergsaam gemaak

met jou hortende asem. Die kroeg,

enklave waar jy kon ophou kwel,

het sy grys vergetelheid geskink.

 

Maar ek vergewe jou.

 

Ek het soveel van jou liefde verwag,

asof dit sement was

wat ons almal bymekaar moes hou.

Ons kon nooit juis waterpas

oor sake sien nie:

ek was haaks en jy was veels te sag.

 

Maar ek vergewe jou.

 

Hoe gaan ek daardie trotse onbegrip

ooit weer agterhaal, die gebroke huis weer heel?

My dapper swye verbreek ek nou,

en mag die onvolkome stene my nie faal.

Onbeholpe cowboy van my jeug,

jou naam bly leef in klip.

 

Ander miskien nie maar ek onthou.

 

 *7 April 1936 – 16 Mei 1975

http://joanhambidge.blogspot.com/2013/02/studie-nagsweet-en-die-aanwesige.html

 

Besoek 24 November 2022

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Resensie: “Kliniek van verlatenheid” (Alda Merini)
Joan Hambidge. Hoe lees ons? XV →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d