Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 December 2022

Joan Hambidge. Hoe lees ons? XV

 

I

Narcissisme is ook tersaaklik vir die verstaan van Freudiaanse Besetzung oftewel investissement/cathexis. Begeerte word op objekte of mense verplaas sodat daar selfs verwys kan word na psigiese investering. Freud gebruik verskillende metafore om hierdie proses te verduidelik soos uit die militêre en finansiële wêrelde.

Hoe verstaan die psigoanalis hierdie proses? En verstaan die leser van ‘n gedig Besetzung?

Ellie Ragland betrek veral Lacan in haar studie Essays on the pleasures of death. From Freud to Lacan.

Die ewige samehang tussen die verbeelde, simboliese en reële ordes wat saamhang (en ineenvloei) soos die Vader, Seun en die Heilige Gees. Lacan herinterpreteer die Id as die verbeelde dimensie, die ego as die simboliese dimensie en die superego as die reële dimensie.

Ragland skryf:”For the analyst is enjoined to simulate the suffering underlying the analysand’s unstated, even unconstituted, desire. The analyst takes the position of semblant, simulating sorrows too deep for the patient to speak, revealing a place of empty despair and the silence of jouissance behind any question of desire”(1995: 101). Hier maak die analisant dan kontak met die vervreemde jouissance wat beveg word deur mite, fantasie of fiksie.

Die syn van die self (m’être) moet telkens gemeet word aan die meester-diskoers van die simboliese orde wat alles bepaal. Die void of leegte bepaal dat jouissance altyd in taal sal inbeweeg. Dit kan sowel ekstase as pyn verskaf. Hierdie proses is dan verantwoordelik vir uitinge soos ekstase, depressie, woede, wanhoop. Ragland skryf: “It opens onto the impossible real which never ceases to write itself in the object a (das Ding) that seeks to fill up the void (vide) of loss” (1995: 110).

Daar kan egter nooit finaliteit wees nie. Deur hierdie proses is daar telkemale ‘n afbraak van bestendighede.

Die waarheid word gerepresseer: “Only when repression is lifted does an object a fall out of fantasy, allowing one to confront unconscious desire in terms of lethal jouissance that blocks it” (Ragland, 1995: 112).

 

II

As daar een digter is wat hierdie kompleksiteite van Freud en Jacques Lacan illustreer, is dit die digter Elisabeth Eybers. Die digter van die tussentaal (soos Ena Jansen uitgewys het), maar ook die digter van die paradoks: Kruis of munt (1973).

In Winter-surplus wat in 1999 verskyn het, staan die volgende gedig:

 

Op die ou end

 

Bedrywigheid spel steeds verlies.

Al kry nog kans om te kies

doen jy afstand van aksie en keer

binnewaarts om berusting te leer

in wat deur die jare vergaar

en moeisaam ophoop. Jy aanvaar

hierdie negatiewe gewin

in duistere valuta geïn.

 

Hierdie leser dink aan die klassieke “Twee kleuters in die Vondelpark” 1.

Dit is opgeneem in Balans wat in 1962 verskyn het. Die vrou sien die webbe onderwater roer, terwyl die man behoort tot die ordeteken van die wiel en dus finansiële sukses.

Dubbelbeelde is Eybers se handtekening (die swaan bly oor sy dubbelbeeld gekeer) en in “Op die ou end” is daar ‘n gebruik van finansiële metafore om die Besetzung of cathexis deur die man weer te gee.

Sy het negatief gewen (‘n negatiewe gewin) en duistere valuta geïn.

Die latere Eybers beskryf uiters subtiel die losmaak van haar Johannesburgse lewe en verplasing na die Nederlandse milieu.

So resenseer hierdie leser Jansen se Immigrant:

Jansen noem haar tereg die literêre dubbelganger met ‘n dubbele poëtisiteit. Inderdaad skryf sy in Amsterdam haar beste verse en sy takel die tabelleland sodat (en totdat) dit haar nuwe tuiste word. 

http://joanhambidge.blogspot.com/search?q=afstand+en+verbintenis Besoek 30 November 2022

Sy skryf nie net in ‘n tussentaal nie, maar die leser is bewus van ‘n gevoel dat sy ook in die nuwe ruimte nie tuis voel nie.

Dit wat opgehoop het  – die sogenaamde Besetzung – word ‘n vreemde belegging. 2.

 

Joan Hambidge

Kaapstad November 2022

 

Bronne:

Eybers, Elisabeth. 1999. Winter-surplus. Kaapstad: Human & Rousseau.

 

Jansen, Ena. 1996. Afstand en verbintenis. Pretoria: J.L. van Schaik.

 

– 2021. Immigrant – ’n Keuse uit die gedigte van Elisabeth Eybers. Kaapstad: Human & Rousseau.

 

Ragland, Ellie. 1995. Essays on the pleasures of death. From Freud to Lacan. New York: Routledge.

 

Endnote:

 

 1 Twee kleuters in die Vondelpark

Twee kleuters in die Vondelpark bly staan

‘n klein oneindigheid land hand-in-hand.

 

Smetloos geteken dryf die dubbelswaan:

gesplete hart van hals en dubbelhals,

geskulpte vlerk met dubbelvlerk teenaan,

geslote snawel dynserig vervals

met eenkant lug en water anderkant.

 

Versadig van die roerlose gesig

pluk hy-die seuntjie-plotseling aan haar hand

vir verdergaan, sleep haar tot ewewig

as sy nog strompelend omkyk na die swaan.

 

Verby die bome druis die straatrumoer.

 

Van skopfiets tot trapfiets gepromoveer,

bromfiets tot motor, sal hy konstateer

-die wiel sy ordeteken-dat hy lid

is van die kollektiewe Lilliput.

 

Maar sý sien webbe onderwater roer.

 

Miskien is dit die laaste dag van staar

en grondelose verwondering.  Wat sou

hý, weerloos wordend, wees oor dertig jaar?

‘n Saaklike barbaar, ‘n fyn sadis,

‘n doktrinêre Hollandse meneer?

En sý ‘n druk slagvaardige mevrou

met ‘n allure van dít-is-soos-dit-is?

 

Die swaan bly oor sy dubbelbeeld gekeer.

 

 

2 Elisabeth Eybers: Pegasus

Joan Hambidge

 

Gespierde hings, my teuelgreep tem jou trots,

boetseer die ritme van jou vaart …

Elisabeth Eybers: Amasone

 

Die aard van dig is dat dit immer bly dikteer;

dit wis jy met afstand én ironie in selfbevestiging.

In die verte tot woordimmigrant gepromoveer,

ry jy perd in die vleuels van jou verbeelding.

Uitermate of uitgedien word hierdie digterlike verweer,

‘n antwoord op jou, niks meer as selfverloëning?

 

 

 

http://joanhambidge.blogspot.com/search?q=afstand+en+verbintenis    Besoek 30 November 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Hoe lees ons? XIV
Joan Hambidge. Hoe lees ons? XVI →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d