Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 November 20221 December 2022

Nuwe bundel: ‘n Huldiging. Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik (Karen de Wet, red.)

 

 

’N HULDIGING Die skerpgevylde oomblik: PETRA MÜLLER

Karen de Wet
Redakteur

Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Pretoria, 2022

Naledi, 2022

 

Inhoudsopgawe

Vooraf

 

Die posthumanistiese subjek in Petra Müller se “In die omtes van die hart en ander verbeeldings”

Louise Viljoen

 

Petra Müller se totemistiese verbeelding
Francois Smith

 

“Jakkals en Maria”, “Girlie en Alida”: mens-dierverhoudings in twee kortverhale van Petra Müller
Sonja Loots

 

“Die vel is liefde se moerland”: erotiek, pornografie en aporia
Marius Crous

 

“ek sien dit soos ’n mens met oë stip kyk na ’n prent”: sin-beeld verhoudings in Petra Müller se skryfkuns
Adéle Nel

 

Verhaalkuns uit die pen van ’n poëet
Susan Meyer

 

Petra Müller se elegiese poësie
Riëtte Botma

 

Skryfstemme en skrywersname by Petra Müller Grütter
Karen de Wet

 

Petra Müller 1935–2021
Erika Terblanche, Karen de Wet en Louis Gaigher

 

Essays

Petra Müller
Joan Hambidge

 

Die wind het haar gevang – fragmente
Melanie Grobler

 

Commendatio by die Eugène Maraisprys, 1980
Elize Botha

 

Commendatio by die Hertzogprys vir Poësie, 2005
Louise Viljoen

 

Commendatio by die Afrikaans Onbeperkprys, 2015
Hettie Scholtz

 

Die vrede van gedigte wat sing soos dolfyne
Hettie Scholtz

 

Die luiperd
Frederik de Jager

 

Foto-essay

 

Gedigte

Die Tao swyg – Joan Hambidge

Oëmblik – Heilna du Plooy

Begeesterd – Johann de Lange

Museumbesoek – Charl-Pierre Naudé

Infanta – Tom Dreyer

Gedig vir Petra – Marius Crous

Monet en die populier – Loftus Marais

elisium, ’n herbesoek – marlise joubert

die windvoltooide blom – dominique botha

wanneer ’n digter die vleie barvoets bewandel – Carina Stander

Petra Müller – Melanie Grobler

My mentor: Petra Müller – Thomas Deacon

Jy sal vertoef in ons oë … – Clinton V. du Plessis

Die ou digter & die see – Johann de Lange

nou gaan dit om – Breyten Breytenbach

 

Uitgesoekte bibliografie

Bedankings

Medewerkers

Register

 

VOORAF

Petronella Helena (Petra) Müller is op 27 Julie 1935 gebore, ’n tydgenoot van Marié Blomerus (1931), Ronnie Belcher (1932), Wilma Stockenström (1933), Ingrid Jonker (1933), Hennie Aucamp (1934) Wilhelm Knobel (1935), André P. Brink (1935), Adam Small (1936), Abraham H. de Vries (1937), Jeanne Goosen (1938) en uit 1939 Lina Spies, Philip de Vos, Peter Snyders, Chris Barnard, Karel Schoeman en Breyten Breytenbach. Saam met Hennie Aucamp woon sy klasse van D.J. Opperman aan die Universiteit van Stellenbosch by, terwyl ook Belcher, Knobel, De Vries en Stockenström se voorgraadse jare (1952–1955) deels met hare oorvleuel.

Alhoewel sy 22 jaar oud is toe haar eerste tydskrifverhaal verskyn, maak sy eers twintig jaar later in 1977 haar  buiging op die literêre toneel met die digbundel Obool. Hiermee word Müller deel van die dekade in die Afrikaanse poësie waarin 15 vrouedigters debuteer. In 1970 verskyn die debute van Antjie Krog, Marlise Joubert, Sheila Cussons en Wilma Stockenström; in 1971 dié van Jeanne Goosen en Lina Spies; met die debute van Petra Müller, Rika Cilliers en Marlene van Niekerk in 1977 en gevolg deur Eveleen Castelyn in 1978. Aan vyf van hierdie digters word die Eugène Maraisprys toegeken, vyf van hulle word met die Hertzogprys vereer en sewe van hulle het die Afrikaanse poësie tot in die derde millennium bly verryk. Petra Müller telkens een van hulle.

Sedert 1916 is die Hertzogprys vir Poësie aan 24 digters toegeken – in 2005 aan Petra Müller.

’n Absoluut suiwer en ongerepte digter met ’n verrassende diepte en, op haar skugter manier, seker van kindsbeen al in ’n eie eksotiese verwysingswêreld. Die naaste wat mens seker ooit sou kon kom aan ’n gebore sjamaan of aardse mistikus.

In ’n huldiging van hierdie mens en skrywer, die “wyfiewolf met die heldersiende oë,” bied Die skerpgevylde  oomblik akademiese perspektiewe, essays, commendatio’s, ’n foto-essay en ook vyftien huldigingsgedigte aan.

Onstilbaar op die noot van E#.

Karen de Wet
Oktober 2022

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Nini Bennett. Poësie en die psigodrama van reën
AVBOB Persverklaring →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d