
Meinhard Peters: Rose in ‘n groen bottel
Dit is nou vakansietyd en ek hoop digters het nou weer tyd om te dig.
Versindaba wag tot op Oujaarsdag 2022 gedigte in waarin besin word oor die afgelope jaar, die Kerstyd of die vooruitsig op ‘n nuwe jaar. (Alle ander gedigte bly natuurlik ook altyd welkom!)
Op Kersdag 25 Desember 2022 het ons webmeester, dr. Stefan van Zyl VYF gedigte uit ‘n hoed getrek waarvan die skrywers elk ‘n boek as Kersgeskenk ontvang. Op 1 Januarie 2023 sal Stefan weer VYF gedigte uit die hoed trek wie se skrywers elk ‘n boekprys as Nuwejaarsgeskenk sal ontvang.
ALLE DIGTERS mag deelneem en tot 5 gedigte instuur. Alle gedigte wat gepubliseer word, word gekeur voor plasing. As jou gedig nie verskyn nie, kan jy aanneem dat dit nie gekeur is nie. Alle gedigte wat gepubliseer word, sal genommer word, en Stefan sal gelukkige nommers trek sonder ‘n digtersnaam wat daarop verskyn. Geen korrespondensie sal oor die proses gevoer word nie.
Gedigte moet as ‘n Word-aanhegsel in Arial 11-formaat gestuur word aan:

