Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 December 20227 December 2022

Ons ouer digters: Anoniem. Die prokureur syn hond

 

Uit die bundel “Sestig uitgesogte Afrikaanse Gedigte (met prentjies) verzameld deur F.W. Reitz”

 

 

Die prokureur syn hond

 

“Goei morre Prokureur—geef my tog bitjie raad?

Myn is ’n ding gebeur, hier buite op die straat.

Daar kom ’n slegte hond, net vlak hier voor jou deur,

En byt myn in dei been; myn broek is glad verskeur.

 

Dit was ’n nuwe broek, en ek wil jou nou vrâ

Of dit nie môolik is soo’n kerel an te klâ,

Wat sulke slegte goed laat los-loop op die straat,

Om myn somar te byt, as ik hier langes gaat.”

 

“Welseker myn ou vrind— dit staat jou altyd vry

Om van die hont syn Baas, die skade weer te kry.”

“Wat denk meneer daarvan—zal dit te baing wees,

Om 10 sielings te vra, ver skade van die bees?”

 

“Wel al te seker niet—die ei-enaar moet beskou

Dat 10 sielings is min, als hy so’n hond wil hou.”

 

“Wel, baas, dan raak jy ook nou net 10 sielings kwyt,

Dit was jou ei’e hond, die het myn so gebyt.”

 

“Myn hond! myn Pollo dan, het hy jou so gekry;

Mar as jy seker is dan sal ik ook niet stry.

Dé, vat dan mar jou geld—wat reg is moet bestaan,

Al sou die wereld ook daaronder moet vergaan.”

 

Die Boer die moet toen skater van die lach;

Hy vat die geld heel vrolik, wat hy dag

’n prokureur mag glad wees met syn bek,

Tog kyk ’n domme Boer hom in die nek.

 

So stap hy weg, mar kom net by die duer,

“Stop vrind, wag, stop,” seg toen die Prokureur,

“Dis alles goed en wel, die skade van mijn hond;

“Mar ik moet jou vertel, myn raat die kos een pond,

“Soo geef myn hier mar gauw myn 10 sielings nou weer,

“Dan skuld jy myn voor raat nog net een halfpond meer,

“Want dit is tog mar waar—wat reg is moet bestaan,

“Al sou die wereld ook daaronder moet vergaan.”

 

(Uit die bundel “Sestig uitgesogte Afrikaanse Gedigte (met prentjies) verzameld deur F.W. Reitz” (1897: Amsterdam, Pretoria). Reitz was vroeët Hoofregter en Staatspresident van die Republiek van die Oranje Vrystaat.

 

https://wachteven.wordpress.com/2011/03/18/die-prokureur-syn-hond-anoniem/

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Wicus Luwes. Alles sal regkom

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d