Roland Barthes se bydrae tot die literêre teorie is reeds met sy belangrike studie oor Robbe-Grillet gevestig. Vir Barthes is die storie nie belangrik nie. Die konsep van die chosiste is hier tersaaklik: dinge wat gewoon net daar is en in La Jalousie – met die herhaling van geometriese vertellings, is vir Barthes die strukturalis belangrik.
In die 1957-roman is daar ‘n jaloerse man wat sy vrou bespied deur die blindings. In hierdie nouveau roman word alles afgetrokke en ónemosioneel vertel, bykans asof die anonieme verteller besig is met ‘n skaakspel. Michael Haneke het dit verfilm in 2005.
Barthes se werk as strukturalis en semioloog word verder voortgesit.
S/Z
“La Zambinella, I continued, smiling, had impudently crossed her legs and was gently swinging the upper one with a certain attractive indolence which suited her capricious sort of beauty. She had removed her costume and was wearing a bodice that accentuated her narrow waist and set off the satin panniers of her dress, which was embroidered with blue flowers”(S/Z. 1974: 243).
Een van dié seminale studies oor die norm-problematiek van seksuele identiteit is Barthes se studie S/Z. An essay (1970/1974) waarin Balzac se Sarrasine, ‘n teks uit 1830, deur Barthes volgens vyf kodes gelees word. (Camille Paglia, terloops beskryf hierdie teks as die eerste dekadente teks in die 19e eeu in Sexual persona. 1990: 389). Sarrasine behandel die treurige verhaal van ‘n man se obsessionele liefde vir ‘n castrato, La Zambinella, die h/sy in die teks. Die sangeres word deur die beeldhouer verewig, net soos die partyganger later die verhaal vertel aan sowel ‘n toehoorder as die leser ten einde die rol van ‘n seksueel neutrale persoon op ‘n party te verduidelik.
Selfs die (post)moderne en gender-bewuste leser word om die bos gelei deur die beskrywings van La Zambinella. (En duplisiteit word verder in die verhaal uitgewerk: die verteller vertel die verhaal aan die skone Marquise ten einde haar te verlei: “he wants to exchange narrative knowledge for carnal knowledge” meen Robert Young in Untying the text. 1981: 169).
Barbara Johnson wys op die proses wat sig voltooi in hierdie komplekse proses en haar interpretasie is opgeneem in “The Critical Difference: Balzac’s ‘Sarrasine’ and Barthes’s ‘S/Z'” (opgeneem in Untying the text uit 1981).
Die hele verhaal wentel rondom die kwessie van kastrasie en die transgressie van opposisies: dit maak betekenis ongedaan en die skandaal, aldus Johnson, veroorsaak ‘n ontploffing in die teks (in Young. 1981: 163).
‘n Dubbelspel voltrek sigself verder in die teks: vir Sarrasine is La Zambinella die volmaakte vrou en hy kerf met sy mes ‘n standbeeld van haar – ook word hy later deur haar weldoener met ‘n mes doodgemaak.
In wese is Sarrasine eintlik op homself verlief en is La Zambinella net ‘n simmetriese voorstelling van sy Ander. Maar hy besit nie die vermoë om lief te hê nie: “His love was from the beginning the cancellation and castration of the other”(in Young, 1981: 172).
La Zambinella is ‘n Voorstelling (Image in Lacan se terme)van iets onbereikbare. (“…she is the very image of the empty and arbitrary sign”). Hy dink sy het ‘n ‘Voice’, ‘presence’ – tog is La Zambinella ‘n (tussen)toestand en Barthes uiter in sy lesing van hierdie teks die onuitspreekbare woord: kastrasie.
In sy lesing van die Balzac-teks maak Barthes belangrike opmerkings oor gender-konstruksies. In afdeling XVII The castration camp beweer hy: “At first glance, Sarrasine sets forth a complete structure of the sexes (two opposing terms, a mixed and a neuter). This structure might then be defined in phallic terms:(1) to be the phallus(the men: the narrator, M. de Lanty, Sarrasine, Bouchardon); (2) to have it (the women: Marianina, Mme de Lanty, the girl the narrator is in love with, Clotilde); (3) to have it and not to be it (the androgynous: Filippo, Sappho); not to have it or to be it(castrato)”(S/Z. 1974: 35).
Tog meen hy ook dat hierdie klassifikasie onbevredigend is. Onder meer behoort die vroue nie tot dieselfde simboliese klas nie. Die simboliese veld is nie die biologiese klassifikasie nie, eeder die mag van kastrasie: “castrating/castrated, active/passive”(S/Z.1974:36).
Dit is hier waar verspreiding tussen die karakters plaasvind en die castrato beweeg tussen die verskillende strukture in. Omdat hy reeds gekastreer is, kastreer hy ander. Ook die aanhoorder word simbolies gekastreer deur die vertelling.
Ofskoon die castrato tot die niks, die neuter behoort, beklemtoon Barthes die vreeswekkende essensie van hierdie posisie wat paradoksaal superaktief word: die niksheid kontamineer alles en almal waarmee dit in aanraking kom.
Dit is duidelik dat die onderliggende metafoor vir lees die van die castrato is en hoe dit die punt is waarom die hele vertelling wentel. Barthes se lesing van die teks Sarrasine spreek van ‘n komplekse gender-bewustheid en die beweeglikheid van rolle wat elke karakter kan aanneem.
In afdeling XLVII skryf Barthes:
“SarraSine: customary French onomatics would lead us to expect SarraZine: on its way to the subject’s patronymic, the Z has encountered some pitfall. Z is the letter of mutilation: phonetically, Z stings like a chastising lash, an avenging insect; graphically, cast slantwise by the hand across the blank regularity of the page, amid the curves of the alphabet, like an oblique and illicit blade, it cuts, slashes, or, as we say in French, zebras; from a Balzacian viewpoint, this Z (which appears in Balzac’s name) is the letter of deviation (see the story Z. Marcas); finally, here, Z is the first letter of La Zambinella, the initial of castration, so by this orthographical error committed in the middle of his name, in the center of his body, Sarrasine receives the Zambinellan Z in its true sense – the wound of deficiency. Further, S and Z are in a relation of graphological inversion: the same letter seen from the other side of the mirror: Sarrasine contemplates in La Zambinella his own castration. Hence the slash (/) confronting the S of SarraSine and the Z of Zambinella has a panic function: it is the slash of censure, the surface of the mirror, the wall of hallucination, the verge of antithesis, the abstraction of limit, the obliquity of the signifier, the index of the paradigm, hence of meaning”(S/Z.1974:106 -7).
Dit is natuurlik ook die opposisie BartheS oor BalZac en die implisiete kastrasie van die letterkundige teks deur die intellektuele teoretikus wat dit teen die oorspronklike intensie inlees en van die ‘readerly’ teks ‘n ‘writerly’ teks maak. ‘Writerly’ (scriptible) verwysende na die lesing wat ‘n produksie word, om ‘n teks teen sy enkellynige bedoeling(‘readerly’/lisible) te multipliseer.
Vir Barthes is die leesaksie, die “weaving of the codes” ‘n Freudiaanse proses:”Freud, considering the origin of weaving, saw it as the labor of a woman braiding her pubic hairs to form the absent penis. The text, in short, is a fetish; and to reduce it to the unity of meaning, by a deceptively univocal reading, is to cut the braid, to sketch the castrating gesture” (LXVIII. THE BRAID).
Met hierdie stelling aktiveer Barthes ‘n sterk gender-bewustheid. Die lees/skryfaksie wat hy gelykstel aan die weefproses word ‘n vergestalting van afwesigheid, van kastrasie.
In lexia LXXI. THE TRANSPOSED KISS verwys Barthes na die kus tussen Sarrasine en dat die castrato dat Sarrasine ‘n “boy in drag” soen. (1974: 165).
En, Barthes maak ook van die tweede lesing ‘n kastrasie, omdat ‘n mens na die eerste lees die boek moet weggooi en ‘n nuwe een moet aanskaf. Ons kan alleen retrospektief die volle implikasies van hierdie kus begryp en die leser ervaar die eerste keer ‘n enorme skok. ‘n Tweede lesing is nie om beter te begryp nie, maar om betekenis(se) te skep, te multipliseer. (“(n)ot to reach some ultimate signified”).
In lexia 473 verwys Barthes na die spel van voorgee:” on the false singer. * Enigmatic formulation (le prétendu chanteur); we would expect instead the feminine (la prétendue chanteuse), for in La Zambinella, it is not the singing which is false but the sex, and since the sex here is masculine (the only gender the language possesses for castrato (le castrat), it cannot be ‘false’; but perhaps it is Zambinella’s entire person which is affected by pretension, falseness, imposture, whatever his appearance; in order for his appearance not to be ‘false’, La Zambinella would have to be dressed as a castrato, a costume that Papal society had not provided for” (1974: 188-9).
Wanneer Sarrasine die bedrogspul ontdek, dreig hy La Zambinella met die dood. Maar: hoe maak ‘n mens iemand/iets dood wat nie geklassifiseer is nie? En dit, beweer Barthes, is die “ultimate horror”, Want was dit ‘n man, kon hy hom wel doodgemaak het. Nou word die bekende klassifikasies en konvensies gewoon afgebreek(1974: 197).
Die basis waarom alles in hierdie verhaal wentel, is dat kastrasie alles aantas: die verteller, die vertelling, die toehoorder(s), die karakters. Ook is La Zambinella ‘n transvestiet, ‘n fopdosser (“drag-artist”) wat die leser verder mislei.
Frans het egter nie ‘n neuter om die castrato se gender te beskryf nie. So ook nie Engels of Afrikaans nie. En in S/Z maak Barthes ‘n belangrike gender-analise van die posisie van die castrato/transvestiet wat lesings kompliseer, juis omdat h/sy nie tot ‘n finale punt gerelegeer kan word nie. 1.
Kodes vir lees
Barthes onderskei vyf kodes om hierdie teks te lees:
- Proairetiese kode (die stem van bewyse): dit is die kode van aksie;
- Hermeneutiese kode (die waarheid): om die raaisel op te los;
- Konnatiewe kode (die stem van die persoon): gedagtes, aksies wat karakters onderskei van mekaar;
- kulturele of referensiële kode: die buite-wêreld wat ons moet begryp om ‘n teks te verstaan;
- Simboliese kode: Binêre opposisies in die teks.
Het Jonathan Culler gelyk dat Barthes nooit oor poësie geskryf het nie? Of het Roland Barthes juis prosatekste gekies met ‘n poëtiese aanslag soos Robbe-Grillet?
Joan Hambidge
8 Desember 2022
Bronne:
Barthes, Roland. 1970/1974. S/Z. An Essay. Vertaal deur Richard Miller. New York: Hill and Wang.
– 1973/1975. The pleasure of the text. Vertaal deur Richard Miller. New York: Hill and Wang.
Culler, Jonathan. 1983. Barthes. Glasgow: Fontana Books.
Hambidge, Joan. 2000. Gender-konstruksies in die Afrikaanse letterkunde:‘n Ondersoek in kultuurstudies, literêre teorie en kreatiewe skryfwerk. UCT. PhD.
Johnson Barbara. 1981.”The Critical Difference: Balzac’s ‘Sarrasine’ en Barthes’s ‘S/Z'” opgeneem in Untying the text – A post-structuralist reader (red. Robert Young). Londen: Routledge & Kegan Paul.
Paglia, Camille. 1990. Sexual Personae. Art and Decadence from Nefertiti to Emily Dickinson. New Haven: Yale University Press.
Sontag, Susan. 1982. A Barthes Reader. Londen: Jonathan Cape.
Snyman, H.J. 1983. Mirakel en muse. Johannesburg: Perskor.
Endnote:
- Hierdie interpretasie is gebaseer op ‘n eerste lesing in Gender-konstruksies in die Afrikaanse letterkunde:‘ n Ondersoek in kultuurstudies, literêre teorie en kreatiewe skryfwerk (2000: 58 – 62).