Land van geboorte
Hoe graag wou ek julle liefhê. Winterhoekberg en Moot,
maar julle sou moes wys dat julle dieselfde voel oor my.
Toe ek en Pa en Ma deur noorse skuur na Perdepoort
toe raak die wêreld renostersku, kom diep ravyne bloot.
Die bergery word deeg, die hompe halfpad deurgesny,
maar digterby gaan die skemer tonnel plotseling oop
en weet ek my inrig hier sou ‘n wyer doel kon kry –
my wat ‘n vlaktekind is, laat klowe uit wans benoud.
Hoe wen ek engtevrees wat in ‘n spekboomwoud gedy?
Hoe vermy ek die jong man wat orent spring uit ‘n sloot?
Ek neem hom stil in oënskou: Sy gesig bestrykte klei,
sy lyf atleties los, sy arms om ‘n bondel doringhout.
Eers daar is ek in dié land gebore, besef ek, nou oud,
daar begin met lip uitstoot my Winterhoek se Moot.
© Pirow Bekker, 2022
