Theron skop op
Ja, TaMiem, ons deeltjie is beskeie, ons taal vir min gemaak:
Indien te lese is hulle kopsku, skroomvallig indien te praat.
En nou het ‘n gerekende eksponent met Oscar in die hand
boonop die sterwende se siekeboeg verlaat.
© Pirow Bekker, 2022
