Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 December 2022

Joan Hambidge. Hoe lees ons? XIX

 

I

Een van die belangrikste Roland Barthes tekste is Mythologies wat oorspronklik in 1957 verskyn het. Sowel Annette Lavers as Richard Howard het dit vertaal.

Die mite as desillusie, veral sosiale mites soos die betekenis van wyn, die gesig van Garbo, die betekenis van die Citroën en stoei (versus boks) analiseer hy as ‘n sisteem. Die stoeigeveg as spektakel eerder as mededinging of wedstryd.

Jonathan Culler wys in sy studie Barthes daarop dat hierdie studie die leser daarop attent maak dat letterkundige mites ‘n sosiale impak het (1983: 36). Mites funksioneer róndom valse waarhede of dit wat hy later as die doxa benoem.

In die voorwoord tot die 1972 uitgawe van Mythologies wys Barthes daarop dat hy die sogenaamde what-goes-without-saying wil analiseer en die sogenaamde ideologiese misbruik onderliggend hieraan wil uitwys.

Mite is ‘n taal. Hierdie tekste – wat hy essays noem – het oorspronklik as koerante-rubrieke verskyn in Les Lettres nouvelles en is uiteindelik in boekvorm versamel.

Hy sluit sy inleiding af: ”What I claim is to live to the full the contradiction of my time, which may well make sarcasm the condition of truth”. Geskryf in 1957.

Inderdaad: the Zodiacal Signs of the bourgeois universe, soos hy dit klinkend stel.

Ofskoon lank terug geskryf, is soveel relevant vir ons tyd: ”Literature as discourse forms the signifier; and the relation between crisis and discourse defines the work, which is a signification” (1972: 114).

Mites skep ‘n eie taal wat hy definieer as ‘n metataal wat altyd terugwys na die eerste taal, ook die werklikheid (1972: 115).

In hierdie nawoord “Myth today” is daar vele verwysings – direk en ingebed – na Freud en Lacan. Die mite as dubbel-sisteem. Freud word geaktiveer met verwysings na drome se latente en gemanifesteerde betekenisse en Jacques Lacan staan hier in die sogenaamde negatiewe identiteit: ”I am where you think I am; I am where you think I am not” (1972: 123).

Mite is taal gesteel en herwin.

Mite as taalsisteem, maar mite ook as taal-diefstal.

Mites is ekonomies. Dit snoer verskillende wêrelde saam sodat die leser nuut na die wêreld kyk. Hy analiseer die gesig van Garbo en waspoeiers.

II

Antjie Krog se Plunder (2022) werk met so ‘n sisteem met verskillende stemme, mites (oud en modern) wat die leser moet interpreteer soos in ‘n komplekse opera.

Die derde afdeling werk met die Bybel en die mitologiese figure soos Baubo, uit die Griekse mitologie wat haar rok lig vir Demeter ná die dood van haar dogter, Persefone.

Die vloekende stem wat haar argwaan wys teen manlike oorheersing en geweld teenoor die sagte, melancholiese stem wat verlies en onteiening verwoord.

Die hele kwessie van stroop of plundering word ‘n metaforiese werkswyse in hierdie komplekse bundel.

Wie besit, wie het nie? Wie mag kyk? Wie praat namens iemand anders?

 

“want alles wat gesê word is al gesê

is al voorheen oor en oor nooit só gesê”

(Krog: 39).

 

http://joanhambidge.blogspot.com/2022/11/resensie-antjie-krog-plunder-human.html

Besoek 16 Desember 2021

 

En die mite dat vroue nie mag vloek of skel nie, word hier op haar kop gedraai.

Barthes wys op die ideologiese onderbou van alle tekste. Elke leser of interpreteerder hét ‘n ideologiese aanname oor tekste en die lewe.

III

My kopie van Barthes se studie is aangekoop in 1980 in Las Vegas, daardie stad van mitologiese tekens tydens my eerste besoek aan die VSA.

Teen $3.45

Hierdie gedig is later geskryf:

Las Vegas, Nevada

 

Hier staan dobbelhuise neffens kerke

hul plek vol en sy ry met ’n Greyhound,

geleerbaadjie en gerugsak, die Sondestad binne.

Met ’n achy breaky heart word die woestyn

die perfekte back drop vir ’n down town-motel,

waar reisigers en hoere, kortsondig vertoef.

Fear and loathing in Las Vegas. Agter haar lê

die Stad van Engele en vóór haar Miami. Nou,

in die oomblik, beleef sy die Mojave-woestyn,

nageboots in restaurante dwarsoor die wêreld,

met kaktus en klip kompleet. Vir haar is dit hel,

hierdie flikkerstad met sy gebedekrale van $-tekens.

 

La$ Vegas. Lush Vegas. Leaving Las Vegas.

In die Liberace-museum verpand broer George

handtekeninge namens die virtuose vertolker.

’n Boekwinkel stal Barthes se Mythologies uit.

Saam met die semioloog vertolk sy die xeriscapes,

nabootsings, afbeeldings, flikkerligte: dollar a fuck.

Sy verkas uit Vegas, op pad na Dallas, op soek

na die American Dream, the greening of America:

na dit wat soos ’n mirage in die woestyn glimmer.

Joan Hambidge

17 Desember 2022

 

Bronne:

 

Barthes. Roland. 1957/1972. Mythologies. Vertaal deur Annette Lavers. New York: Hill and Wang.

Culler, Jonathan. 1983. Barthes. Glasgow: Fontana Books.

 

Hambidge, Joan. 2011. Visums by verstek. Kaapstad: Human & Rousseau.

Krog, Antjie. 2022. Plunder. Kaapstad: Human & Rousseau.

Lavers, Annette. 1982. Roland Barthes: Structuralism and after. Londen: Methuen.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Hoe lees ons? XVIII
Joan Hambidge. Hoe lees ons? XX →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. XXXIX
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig

Nuutste kommentaar

  1. Cobus van den Berg on Krige Visser. parodie en ironie20 July 2026

    Dankie Krige. Ek lees dit oor en oor….sodat dit kan insink.

  2. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  3. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  4. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d