Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 January 2023

Bester Meyer. Vrypen-sketse uit ʼn Reisigersboek

 

Vrypen-sketse uit ʼn Reisigersboek

(onder ʼn karoonag van sterre)

 

i.

 

moes ál die water van die Kaap verlaat

om vir jou te kon vertel

van die wind

deur die laning

van my eensame

Karoonag-tuiste vir die aand

 

oor berg en dal gestoei vir woorde

– woorde, voor die kennis van die aand –

hoe rotsformasies gekerf is,

gekeep uit hulle berg-blyplekke

en die lied op die radio

wat eers vertel dat die samelewing

nie eensaam

sonder my moet wees nie,

en later,

dat alhoewel ek die reëls ken,

ken húlle my nie noodwendig nie,

dalk nooit nie –

 

op grondpad

vorige reisigers

se spore loop volg –

verby damme van sink en sement

kraai in vlug, dooie jakkals in die pad,

om terloops en heel toevallig

te kom afpak

by ʼn windpomp

waar ek ʼn paar jaar gelede

ook kom tent opslaan het –

só lei die sirkels my na jou

 

nou is daar ʼn nota van Goethe

in my skryfboek

wat sê: sodra jy jouself vertrou

sal jy leef –

 

sodra die wind jou drieletter(grepige) naam kom mymer

sal ek – tong geknip –

weer op die rand

van die droë plaasdam staan,

net soos tóé

die sterre ʼn bespiegeling

van lewe wou namaak –

 

nou sak die son in berekende grein

oor die vlaktes van weerloosheid –

die windpomp ʼn egalige elegansie

bring water van benede

en in die laning

is die duiwe, my hart

maar ook die geluid

van jou asem in my nek

 

en soos die jakkalsgeroep wat gaan lê het in die wind

– en soos ek jou nou hier weet soos asem –

só weet ek vanaand gaan die sterre

my huiswaarts lei na jou

en hierdie gevoel van melancholie

vir altyd verraai

bloot net

in ʼn nederige poging

om die jou oop te skryf

met sterre wat in die wind

na water soek:

 

die Nuwe Testament en Psalms

wat op die bedkassie vir my lê en grynslag

en my hospita se hond wat my volg

asof ek een of ander baas is

 

 

ii.

 

in enige vergelyking

is die son, die maan

en die wolke bo die maan

skimme van wat ons is

 

ook ék het grysaards gesien

wat in taxi’s ry –

mense van alle kleure

en my rympatroon

van asem

was die onthou

wat nie anders kon as om skiet te gee nie

 

want, dis die onthou wat altyd blaf soos honde

óm die gisters vas te ketting aan vandag

en om die môres te laat blom

met droombeelde

van wat (nie) daar is (nie)

in die vloei van tyd –

 

bou daarom drome, my vriend,

standvastig soos sandkastele

wat lugkastele namaak –

óm in die gerugte van reën

altyd te weet, te verstaan eerder:

die roepstem van die wilde ganse by die dam

is soos my eggo (van woorde – )

 

 

iii.

 

in die stille vaart van stilte

is die duiwe se gekoer

ʼn oorverdowende

kloof van asem –

 

kan mens hierdie klippe

in brood ontvorm

vir die blinde beveel

ek sê vir jou:

staan op, neem jou draagbaar

en gaan huis toe

 

aan die anderkant

van hart

lumier vir-altyd

op die vleuels van die wind

 

en die wonde van gister

draai sigsag

soos die speke

van ʼn windpomp

 

voue wat kraak

in die glansryke (n)êrens

alom

 

iv.

 

stille Karoonag van sterre

onder ʼn Suiderkruis –

 

en vanmôre is dit asof ek nie

my ry kan kry nie –

 

ge-bed is tog die siel

wat die liggaam voed –

 

wanneer daar niks oor is

om te sê nie

is die weggaan

soos die tuiskoms

 

en verandering

die vloei van woorde

oor die lug wat blou

– hemelsblou –

skakerings van stilte

oor die eensaam gewillige

boekie op die bedkassie kom gooi

 

vaarwel, vreemde Karoonag van sterre:

as die môre kom

sal ek anker gooi

in jou hawe van gister

 

 

 (Foto’s deur Bester Meyer te Ou Klipskuur, Frasersburg)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← (20) Bester Meyer. Die Volledigheid van Water
Bester Meyer. Kanker(s)politiek →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Ontbloot" (Marthé McLoud)
  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)
  • Resensie: “Klaarte” (Louis Esterhuizen)
  • Resensie: "Skulpkrale: Kwatryne" (Marié Heese)

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Spienekelientjies” (Antjie Krog, Samest.)
  • Elmarie Stofberg. Wensebrief
  • AVBOB Persverklaring
  • Margaret Cordier-Biermann. Vanoggend 3
  • Resensie: “Vryval” (Pieter Hugo)

Nuutste kommentaar

  1. Ronel de Goede Foster on Ronel de Goede. Kremetartboom8 May 2026

    Dankie, Joan Dankie, Bernard Ek waardeer jul kommentaar. Groete Ronel

  2. Bernard Odendaal on Ronel de Goede. Kremetartboom8 May 2026

    Lekker om weer so ‘n knap gedig van jou te lese te kry, Ronel.

  3. Dr PS Swathe on Jeanne Henning Els. Openbaring8 May 2026

    Bietjie voorspelbaar maar dit laat mens ook nogal dink aan die charismatiese kerkbeweging.

  4. Joan Hambidge on Ronel de Goede. Kremetartboom7 May 2026

    'n Komplekse gedig. Gelaai met subtekste (Die kremetartekspedisie, o.a.) en die hele debat oor postkolonialisme. Aangrypend en 'n sterk vers!

  5. Joan Hambidge on Nuwe Bundel. Pieter Hugo: Vryval5 May 2026

    Geluk met hierdie bundel - ek lees dit tans. Die verskillende tegnieke en die toonaard wat wrang-ironies of speels is,…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d