Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 January 2023

Meyer van Rensburg. Wegkruipertjie en blikaspaai

 

Wegkruipertjie en blikaspaai

 

Toe ons jongeres nog kleuters/tieners was

het Ma alles reggekry

vir wanneer “die kinders kom”

oor die Kersgety

(asof ons nie kinders was nie!)

’n spens vol snoeperye

wyebekflesse op die rakke

vol ingelegde vrugte van verlede jaar se oes

verseël in oranjeglansende fruktose-vog

borstensvol bultende houersakke

verkrinkelde droë perskes

en bottels tuisgemaakte vye- en moskonfyt

met baksels soetklinkerkoekies

in ronde prentjie-blikke

versoekings vir enigeen se aptyt

maar sakrosankt tot die vakansie

 

dan

 

tussen tuinwerk en feesvier

met Desembermaand konkoksies

speel almal saam broers susters vriende

ooms tantes neefs en niggies een en al

soek wegkruipplek rondom die Eden-opstal

en geboue in Pa se skettergroen plantsoene

en botanie-tuine met spatsels amber son

in appelkoos-, kweper- en perske-boorde

ryp gebak langs heuningkleur-sultanas

lasuursteenblou barlinka-wingerdtrosse

en sondeurdrenkde hanepoot-druifprieële

 

“Blok vir Freddie, Adri, Theuns, Karel!”

met ’n versigtige vingerdruktik

om hulle uit te tel

op die gestapelde boonste blik

sonder om die toring te laat kantel

“Blok Oom Frikkie, Tannie Maggie, Ma!”

 

maar…

 

“Blok vir Pa??”

 

Nee, Pa is klaar met kinderspeletjies

want hy was toe al ouer

en kanker loer lankal

geniepsig oor sy skouer

het al harder begin klop-klop

aan sy oor en in sy kop

so hy het behaaglik saam gelag

pyp gestop koerantlees teruggeleun

en van onder die koel prieel

patriargaal gekyk hoe speel

sy nasate en familie om hom heen

maar eendag toe die pyn in hom

vererger weet hy alles is nie pluis

nie hy’t opgestaan bed gaan lê

en sonder om selfbehep vaarwel te sê

na ’n salutêre pynvry lugprieël verhuis

 

en die toring tuimel buite harlaboerla om

 

© Meyer van Rensburg, 2023.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Meyer van Rensburg. Vir werkers
Meyer van Rensburg. Skisofrenie →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d