Afsterwe van Moeder
vreemde reuk hang in die lug
in die holtes van ons neusgate
doodse sweet steier orent
om by ons ingang te vind
ja, twee en derig jaar gelede
staan ons verslae en verdwaas
en toekyk by ons sterwende moeder
daar in die kankersaal van die nasionale hospitaal.
ons pa se bekende opmerking is daar
as daar asem is, is daar hoop.
die onkoloog kom in vir sy daaglikes rondtes
daar is kolletjies op die lewer, ek sal dit fieks
hoopvol van blydskap kry ons die boodskap
as ‘n arts so selfversekerd verklaar
is dit onbetwisbaar waar
maar ons moeder verval in ‘n koma
ons waak by die bed
ons prewel die woorde
ons slaan ons oë op na die berge
waar sal ons hulp vandaan kom
ons hulp kom net van die here wat hemel en aarde gemaak het.
ons moeder se laaste opflikkering is daar
die harde realiteit tref ons
ons dierbare moeder wat ons in die lewe gebring
wat ons met liefde en toewyding
versorg het
is vir oulaas by ons
hoop gedreineer deur die dood
reëndruppels val op die teerblad
buite die gevreesde kankersaal
en ‘n doodse stilte versmelt in die heelal.
© Hennie Maartens, 2023