Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 April 2023

Louis Esterhuizen. Wat die duif my vertel het

 

Wat die duif my vertel het

Vergelegen Medi-Clinic, 3 Julie 2010

 

Die duiwe van Somerset-Wes se taalgebruik

is nie alte suiwer nie. So ry ek op dié betrokke Saterdag

agter die ambulans aan op die kortste stukkie pad

wat ʼn leeftyd duur

tussen huis en harteenheid.

 

Dis waar Vergelegen se duiwe sommerso met my praat.

Die ambulansvensters is getint sodat ek nie kan sien

wat hulle daarbinne met haar doen nie,

maar die sirene

jubel nogtans blymoedig.

 

Dit is immers ʼn teken van hoop, is dit nie?

So praat die duiwe al die pad verby Mooiberge-padstal,

rigting Somerset-Wes. Strooipoppe bevolk die veld

langs my en vlakby beklim ʼn kwagga ʼn bul

terwyl die radio vertel van ʼn wêreldsokkerstryd,

 

maar ek snap helaas niks daarvan nie, hierdie is immers

die kortpad na ʼn skrikkeltyd, en die kil duiwe

bly onverpoos en padlangs, vertel van my allerliefste

agter in die klopdisselwa waar sy

salig swewend

 

en intensief versorg, voet-in-die-hoek, deurgejaag word

na die hospitaal in die some van ʼn berg om ure later,

ná sy operasioneel versorg en drie keer

gestent is, komateus in my arms te lê en wag

op ʼn diagnose van hartsake.

 

Dit is tóé dat ʼn jafel op die vensterbank, hier,

oorkant haar hospitaalbed kom sit. Teen die ruit pik-pik,

koppie maak, pik-pik en pik, kompleet asof hy sê:

Watch’it, my bru.

Pasop vir next time, nè.

 

Dis mos maar hoe die duiwe praat

op ʼn bepaalde Saterdag toe dit Vergelegen was,

winter, en angswekkend

koud.

 

© Louis Esterhuizen, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Louis Esterhuizen. Nuusdekking: Julie 2021
Louis Esterhuizen. ‘n Handvol pille →

1e kommentaar op “Louis Esterhuizen. Wat die duif my vertel het”

  1. Bernard Odendaal says:
    17 April 2023 at 01:45

    Humor met ‘n byt. Voortreflik.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d