Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 February 2023

Rainer Maria Rilke. Vertaling in Afrikaans

 

Rainer Maria Rilke: Vertaling uit Duits in Afrikaans. Vert. deur Bernard Odendaal

 

’n Gewilde Duitse herfsgedig uit die twintigste eeu

 

Hierdie gedig is opgeneem in die bloemlesing Die Lieblingsgedichte der Deutschen (“Die lieflingsgedigte van die Duitsers”); Piper Verlag, München, 2003; 25ste oplaag, 2021).

 

Herbsttag

 

Herr: es ist Zeit. Der Sommer war sehr groß.

Leg deinen Schatten auf die Sonnenuhren,

und auf den Fluren laß die Winde los.

 

Befiehl den letzten Früchten voll zu sein;

gib ihnen noch zwei südlichere Tage,

dränge sie zur Vollendung hin und jage

die letzte Süße in den schweren Wein.

 

Wer jetzt kein Haus hat, baut sich keines mehr.

Wer jetzt allein ist, wird es lange bleiben,

wird wachen, lesen, lange Briefe schreiben

und wird in den Alleen hin und her

unruhig wandern, wenn die Blätter treiben.

 

  • Rainer Maria Rilke (oorspronklik gepubliseer in die bundel Das Buch der Bilder, ‎ Axel Juncker Verlag, Berlyn/Leipzig/Stuttgart, 1902)

 

***

 

Herfsdag

 

Heer, dis tyd. Die somer, groots, is verby.

Lê neer u skadu’s op die sonnewysers

en laat die winde oor die vlaktes vry.

 

Sê al wat vrug is aan om te volgroei;

gun hulle twee soel dae om by te baat,

dryf hulle tot voleinding voort en laat

die laaste soet die wyn se swaar in vloei.

 

Wie nou geen huis het nie, bly een ontbeer.

Wie nou alleen is, gaan nog lank so bly,

gaan waak, gaan lees, langasembriewe skryf

en die strate in en heen en weer

bly dwaal deur wind en blare, voortgedryf.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Rainer Maria Rilke. Vertaling in Afrikaans
Resensie: “Mensig” (Leon Strydom) →

1e kommentaar op “Rainer Maria Rilke. Vertaling in Afrikaans”

  1. Bernard Odendaal says:
    13 February 2023 at 13:32

    Dié welbekende gedig van Rilke, ook soos dit vertaal is deur Gunther Pakendorf (opgeneem in sy bundel Woorde soos pluimsaad. Duitse gedigte uit agt eeue vertaal, Perskor, 1990), was eens ’n bron van inspirasie vir ’n gedig wat by my debuutbundel ingesluit is. Nes ek, het my oorlede pa Duits as hoofvak gehad op universiteit.

    Boemelgety

    Toe – deurtrapte swerwer –
    het die herfs weer kom oorstaan op ons werf,
    die gloed van sy vuur opgerakel teen die loof.

    Die laaste vrugte het hy uit die boord geskud,
    die alte trae trekvoëls óp laat skrik –
    laat kla-kla koers op oerou roetes.

    Hy ’t ’n kil bries opgesteek in ons rûe,
    in ’n roes sy valblaredans geriel
    onder al kaler pronker populiere.

    Saans het ons toegespits by die herd gesit –
    iets wat skuifel by die drumpel?
    Pa wat egter luiters lees, soms vertaal aan Ma:
    “Wie nou geen huis het nie …”

    Een môre was hy weg;
    Aan ’n beenkaal tak
    ’n asgrys flenter van sy jas.

    • Uit: Onbedoelde land, Tafelberg, 2007

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d