Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 February 2023

Franco Colin. Repliek op die voelisovering oor skisofrenie

 

Repliek op die voelisovering oor skisofrenie

Michel Foucault: …The object, that is, is to write … (a) history, …

of madness itself, before it has been captured by knowledge.

 

Geagte Voelisowe,

is skisofrenie ‘n vrug vir julle woordslaai?

Julle wil psigose proe voordat kennis

dit tem: ʼn argeologie van die waanstilte

eerder as begryp.

 

Skel my uit as modernisties

maar daar is geennesing in voelisoveer

deur un-PC-tralies van psigopatologie-

appropriasie nie.

Hierdie vloek:

is kanker van die siel, ‘n lewende doodsvonnis;

is beslis geen metaforiese fossiel of literêre teorie nie;

vertoon geen snars van kapitalisme of oedipale konflik nie.

Julle teoretiese deleuzies en hallusinasies betokkel nie die guattari;

voelisovering bring foucault teen die foltering van besetenheid.

 

Mag ek julle nooi, van agter

julle anti-strukturalistiese lessenaars

uit, na die kliniese slagveld waar ek julle

wil voorstel aan die seun oorkant

die tafelwoestyn: hy is nie stil nie, luister!

Hóór la folie, die kranksin in sy woorde,

die kakofonie van naels-op-swartbord.

Beleef die kannibalisme van chemie,

a brain without organs.

 

In die masjiien van die kliniek

lok ons eerder die seun uit die fiksie

van psigose, bring sy teks tot rede;

verwoord die logos van die psige se patos

met verskuns op voorskrifte,

molekules met metrum:

die poësie van medesyne,

lok la folie uit mutisme

van passiewe postmodernisme

ná die eufonie van leef-in-taal.

 

© Franco Colin, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Franco Colin. Sindroom X
Franco Colin. Intensiewe sorg →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d