Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 February 202320 February 2023

Franco Colin. Disritmie

 

Disritmie

Vir kardioloog, Dr. Hanneke Dannheimer

 

Wie kon weet?: Uit disritmie is poësie te maak.

 

Donderdagmiddag om presies twee minute

voor vyf begin my ribbekas hip-hop soos ʼn pulsar:

Danksy vierdejaar mediese onderrig diagnoseer jy

ʼn “onreëlmatige onreëlmatige” disritmie

as ATRIALE FIBRILLASIE. Die EKG vol lukrake

Mars-landskappieke bevestig die ongure vonnis.

 

In die intensiewe sorgeenheid

integreer jy met ʼn meganiese bed

en masjiene soos ʼn bemanningslid

van The Starship Enterprise gevange

geneem deur The Borg  ̶   jy is nou ʼn kuborg

vol chemiese kure ingedrup deur buise

gekoppel aan jou sirkulasie,

die kranksinnige kloppe draadlangs

geprojekteer op polichrome skerms

wat atonaal piep en elke lyflike

parameter opdiep.

 

Nee wat!  sê die empatiese kardioloog.

Ons kardioversie dié disritmie blitsig weg  ̶

s.nw. word ww.  ̶  klink soos ʼn gewelddadige

ommekeer van hartstog of rymelary uit die hart,

beslis ʼn elektrofisiologiese Star Trek-neutronbom

gevuur op  ʼn vyandige spierpomp.

 

Narkose wis bewussyn …

 

… weer tot jou sinne kom:

pille betoom voortaan die alien-orgaan.

Verlig bemerk jy opnuut

die jambiese metrum

in jou bors en wonder:

 

Dokter, is daar dalk ook elektriese

inversie van ʼn gebroke hart

uit die disritmieë van die liefde?

 

 

© Franco Colin, 2023

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Franco Colin. Intensiewe sorg
Franco Colin. Die nuwe herfs →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d