Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 February 2023

Bester Meyer. Met Colas tussen die Bene

 

 

Met Colas tussen die Bene

 

hoe pleit jy meneer Mashimane?

watter sê-woorde kan jy

bymekaar flans teen die klag

van dronk op straat?

 

in hierdie jaar van ons here 2023

vertoon die troon van die voorsittende beampte

– die prag-en-praal-wette van die deeltitelskema –

soos ʼn aanklag teen die alledag-mensedom

 

hý hier gedaag

om verantwoording te doen

vir die lot van baie ander soos hy

 

net ʼn ‘ja’ of ‘nee’ antwoord, meneer Mashimane:

jou oortredinge het jou ingehaal –

jou sê-woorde geweeg, jou mensehart

te lig bevind

 

daar word getuig van viktimisasie:

hoe die beskuldigde

rug teen die muur

vir ʼn sondaar uitgekryt is –

laat blaas het in die pypie

ná 18 jaar se lange diens:

se gesweet vir die lanies

wat soms ook maar dronk

in hul eenhede

gewag het op die son

 

as ʼn ma probeer vertel

hoe haar dogter laat weet het:

“maar mammie, wat doen hulle dan nou

met ou Richard?”

– tugtig die voorsittende verraad:

die getuienis is niks anders as hoorsê nie, prokureur Eier,

só asof ʼn woord gespreek in konfidensialiteit

tussen ʼn kind en haar moeder

nié die waarheid van die eeue omvat

 

 

 

nou sit ek en hy

met Mcdonald-colas tussen die bene:

die verhoor verdaag –

vir die eerste keer

gelyk voor die reg, voor God –

 

hy voel-voel na ʼn houertjie snuif

en ek self begerig die nikotienleegte

wat ek in ʼn vorige tyd oorwin het

sodat ek onskuldig kon pleit  –

 

hy sê: God bless you, boss –

dankie met my hele hart –

you speak-a-the-law good, my boss:

met ek wat verduidelik dat daar meer intelligensie

in sy vredeliewende manier met die kinders van die kompleks is

 

en ek dink weer aan die vier wit oë

wat soos appeltjies na my toe aansweef

van agter die kas

van sy kubuskamer-woning –

hoe klein swart vuisies

teen myne druk

in ʼn groet van liefde, van verstaan,

dit terwyl ek en Richard

die laatnag-hoofweg van die stilte ondersoek:

elkeen oppad na ons kamers in die deel-titel-skema

 

én dis ʼn ongenaakbare god van menslike wette

wat op ons neerkyk

en die enigste genade wat daar nog oor is

óm nou en dan ʼn staaltjie te verruil, te lag

terwyl ons tot Maandag

vir die voorsittende beampte

se goed-beredeneerde verslag

moet wag

 

© Bester Meyer, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Bester Meyer. Kanker(s)politiek
Bester Meyer. In die maag van die vis →

1e kommentaar op “Bester Meyer. Met Colas tussen die Bene”

  1. Dorianne Cloete says:
    27 February 2023 at 18:44

    Ek sit hier en lees en kry n knop in my keel en die trane lê vlak. Hoe regverdig mens die onreg? Met hateloosheid.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d