Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-M)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 February 2023

Bester Meyer. Met Colas tussen die Bene

 

 

Met Colas tussen die Bene

 

hoe pleit jy meneer Mashimane?

watter sê-woorde kan jy

bymekaar flans teen die klag

van dronk op straat?

 

in hierdie jaar van ons here 2023

vertoon die troon van die voorsittende beampte

– die prag-en-praal-wette van die deeltitelskema –

soos ʼn aanklag teen die alledag-mensedom

 

hý hier gedaag

om verantwoording te doen

vir die lot van baie ander soos hy

 

net ʼn ‘ja’ of ‘nee’ antwoord, meneer Mashimane:

jou oortredinge het jou ingehaal –

jou sê-woorde geweeg, jou mensehart

te lig bevind

 

daar word getuig van viktimisasie:

hoe die beskuldigde

rug teen die muur

vir ʼn sondaar uitgekryt is –

laat blaas het in die pypie

ná 18 jaar se lange diens:

se gesweet vir die lanies

wat soms ook maar dronk

in hul eenhede

gewag het op die son

 

as ʼn ma probeer vertel

hoe haar dogter laat weet het:

“maar mammie, wat doen hulle dan nou

met ou Richard?”

– tugtig die voorsittende verraad:

die getuienis is niks anders as hoorsê nie, prokureur Eier,

só asof ʼn woord gespreek in konfidensialiteit

tussen ʼn kind en haar moeder

nié die waarheid van die eeue omvat

 

 

 

nou sit ek en hy

met Mcdonald-colas tussen die bene:

die verhoor verdaag –

vir die eerste keer

gelyk voor die reg, voor God –

 

hy voel-voel na ʼn houertjie snuif

en ek self begerig die nikotienleegte

wat ek in ʼn vorige tyd oorwin het

sodat ek onskuldig kon pleit  –

 

hy sê: God bless you, boss –

dankie met my hele hart –

you speak-a-the-law good, my boss:

met ek wat verduidelik dat daar meer intelligensie

in sy vredeliewende manier met die kinders van die kompleks is

 

en ek dink weer aan die vier wit oë

wat soos appeltjies na my toe aansweef

van agter die kas

van sy kubuskamer-woning –

hoe klein swart vuisies

teen myne druk

in ʼn groet van liefde, van verstaan,

dit terwyl ek en Richard

die laatnag-hoofweg van die stilte ondersoek:

elkeen oppad na ons kamers in die deel-titel-skema

 

én dis ʼn ongenaakbare god van menslike wette

wat op ons neerkyk

en die enigste genade wat daar nog oor is

óm nou en dan ʼn staaltjie te verruil, te lag

terwyl ons tot Maandag

vir die voorsittende beampte

se goed-beredeneerde verslag

moet wag

 

© Bester Meyer, 2023

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window)
  • Click to share on Twitter (Opens in new window)

Lees meer

← Bester Meyer. Kanker(s)politiek
Bester Meyer. In die maag van die vis →

1e kommentaar op “Bester Meyer. Met Colas tussen die Bene”

  1. Dorianne Cloete says:
    27 February 2023 at 18:44

    Ek sit hier en lees en kry n knop in my keel en die trane lê vlak. Hoe regverdig mens die onreg? Met hateloosheid.

Kommentaar is gesluit.

Meeste gelees

  • Versindaba kompetisie: “Mediese” poësie. Wen R7 000+ in prysgeld!
  • Wedstryd: Skryf ʼn parodie of ʼn pastiche
  • Resensie: "Grondstof" (Helena Ewert)
  • Bester Meyer. Water bind my aan jou naam
  • Resensie: "Silwerwit in die soontoe" (Imke van Heerden met Anil Bas en Etienne van Heerden)

Nuutste bydraes

  • Bert Bevers. Vrijgeleide voor piekeraars
  • Anne-Marie Bartie. logos (grieks- meervoud logoi)
  • Bert Bevers. Schommels zonder
  • Nuwe bundel: Rumi: Liefdesverse en aanhalings
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Eduan Naude on Eduan Naudé. Aksent7 December 2023

    Ag dankie Nini ;)

  2. MC du Plessis on Anne-Marie Bartie. Soluswese6 December 2023

    "Gedigte vertaal iets wat buite gebeur na die letterkunde toe. Die geslaagde gedig spreek tot die diepste emosie en nie…

  3. Nini Bennett on Eduan Naudé. Aksent5 December 2023

    Wat 'n heerlike gedig, Eduan!

  4. Rina Cascione on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Nini, ek het jou skrywe met aandag gelees en begryp nie waarom daar so 'n storm losgebars het nie. Jy…

  5. Mart-Marié Uys on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Baie geluk met hierdie skrywe. Jy herinner mens weer wat die werklike verskil tussen lekemenings op Facebook en verantwoordbare resensies…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2023 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon