Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 March 2023

Bester Meyer. In die maag van die vis

 

In die Maag van die Vis

 

die lewe is soos ʼn niekerbol sê die ou storie:

eendag tuinier van die groot deeltitelskema

die volgende ʼn mismaaksel in vodde flenters

én die walg rook een sigaret na die ander

om ʼn skarlakenrooi-lied te pars

uit die stilte –

 

regerings staan borg vir vergrype

soos in 2008,

want die markte van ʼn vrye-mark wêreld

is onstabiel soos die deinings

buite die baai

in die ou Van Wyk Louw gedig.

 

as die ekonomie in duie stort

soos ʼn hommeltuig wat baas kom soek

in ʼn pikswart see

kan dit verrykende gevolge hê

vir die institusie van die ons –

 

daarom dan die pinkie wat uitgehou (moet) word:

gryp bankiers, gryp vir al wat die aandele werd is.

die gevolg is mos maar wat Covid kom leer het

van strategiese voordeel,

terwyl klein restaurante, eenmansake

in sak en as hulle goedjies moes oorhandig aan balju

sodat Amazon ʼn verwyderde oorsaak

deur afstandsbeheer kon uitoefen

vir die koffers van maanreisende filantrope

 

soos die lewe, so die inflasie

wat die borgtogte vermoontlik

sodat skurke in hulle baadjies met kaviaar

aan kan hou om mekaar op die skouer te klop –

aan kan hou spog oor hulle woekerwinste

wat hulle so ampertjies kwyt was

terwyl die silikon borste wip

in Gucci en Armani

en Fauci reken mense

moet oopkop bly

 

 

oopkop dat die inflasie die gewone burger

dalk sal noop om die huis van sy kinders

af te staan aan die bank –

oopkop oor die tuinier wat nou

deur die gevestigde tuindienste maatskappy vervang sal word

omdat reëls en regulasies nie verbreek mag word nie –

oopkop oor die omvang van die ongelykheid

wat ʼn kloof tussen Brahmane en Onaangeraaktes

kom afdwing en indwing

 

en van kant kom maak van die niekerbol

wat een is, maar tog so veelkleurig,

so veeltalig, multikultureel

in sy strewe

om ʼn soet smaak

in die mond agter te laat

totdat ook hý sal wegsmelt

oor die tong van ʼn groot en genadige God

 

of dan andersins,

– omdat hy so lóú geword het –

by die mond uitgespoeg sal word

soos ʼn Jona uit die bek

van fabelagtige prehistoriese

vis

 

© Bester Meyer, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Bester Meyer. Met Colas tussen die Bene
Bester Meyer. Illusie van Naaste-Liefde →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d