Metastase
Hulle is wegloop-telge
van ‘n maligne-ma
wat haar identiteit
slinks na ander
weefsel en organe dra;
elders in die anatomie
die bloudruk van
hul vraatsug na verrotting
laat ontsteek:
nie-benigne neoplasmas kweek.
© Salvia Ockhuis, 2023