Oor en oor
Om te luister met ‘n halwe oor –
is dit vir elke oor dieselfde,
of is dit die helfte van die helfte?
Aan dié probleem dink ek oor en oor.
©Marieta McGrath, 2023
*
Konsternasie die krag is steeds aan
Eskom gereed met die lig van die maan
gaan twee kragstasies opblaas
voor beligting op ons kan toeslaan
© Anton Döckel, 2023
*
Hulle gaan Winternag oorskryf
om seksisme en ras te verdryf
tussen die lyne sal hulle wel iets optel
O hel, skrap by voorbaat vir Mabalel
© Anton Döckel, 2023
*
Een April se e-pos is nie ’n grap:
Aan u is tien miljoen dollar bemaak
volg die skakel, data word nie verklap
lag julle maar, terwyl ék stinkryk raak
© Anton Döckel, 2023
Oulik!