Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 April 202316 April 2023

Annora Eksteen. Karsinoom

 

Karsinoom

 

mediese personeel wat rondspoel soos skulpe in ‘n seepoel

en Mahler-woudhorings roepend deur mis    in weiter Entfernung

stemme oor ‘n biopsie    en ek was aan die omslaan    yskoud    dood

verward vervrees met ‘n naald in my linkerbors en in ‘n naar floute

het die Maandag swart geswem om my

 

maar die volgende oggend was geel

met betablokkers gesluk vir die angs vir ‘n hol naald om in te gly

om die gewas te kry om stukkies weefsel te verwyder

laboratorium toe te

 

om uiteindelik te vergestalt in kanker

hanteer uiters versigtig, maar, al was ek nie later deel nie

kon ek ons kinders sien grootword    vry in denke, straatwys

 

mooi, volwasse, slim, sterk    ek kon hulle anders

sekulêr, sien trou, sien werk    privaat sien asem

vars asem    in wolke vol vrede    vol vriende

aanvaarding tussen ons

 

tussen Nishikigoi vol lewe, blink en glad

in ‘n plaasdam springend, silwerwit

plonsend    vol blyheid    dié skrander visse

soos ons vir hulle kossies strooi

 

innemende jong visse roospienk oranje rooi

wanneer gaan julle uit my hand uit eet?

 

(ek moes leer om nie my lewe as so ligtelik te beskou nie

ek moes nog lank studeer om waarde van suiwer goud

op myself en myne te sit )

 

maar so kon ek my liefetjies sien grootword

in al die kleure van ons tyd

in al die kleure wat weggeval het

 

kan koikarpe seer?

kan hulle uit my hand?

 

sou ons vir die kiddies

kossies los?

 

© Annora Eksteen, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Annora Eksteen. Diagnose
Annora Eksteen. Mastektomie →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d