Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 April 202316 April 2023

Annora Eksteen. Mastektomie

 

Mastektomie

 

daarna, so lees ek nou, was dit net ‘n reeks X-straal-foto’s

dit kan ek so vaagweg onthou en ek lees  van Wilhelm Konrad Röntgen

verdiep in sy proefneming, en dan – sy vrou se handskelet

Anna Bertha met ‘n ring van trou sigbaar    en die kleur van vel val

net wit bene met ‘n ring aan ‘n vinger slank

die veerskag van ‘n gemartelde tortel dalk

 

diagnostiese X-beelde van my binnenste

dit kan ek onthou was skoon, maar my linkerbors

was te klein om te behou hulle sou dit volledig moes

amputeer terwyl ek uiteindelik wegsink in narkose

met die versekering van ‘n baie goeie prognose

‘n sny onder my bors, ‘n tweede een bo my tepel

en die vel wat oplig, borsweefsel met tumor verwyder

 

een litteken gelos met ‘n mooi resultaat

–  asimmetrie val op in kuns – en in my niks spyt

oor ‘n verlore bors, het ek gedink

 

luisterend na ‘n Mahler simfonie, ‘n Sefier-verdrag

’n ooreenkoms in die verdeling van deursigtige orkestrasie

in sangvoëls se lieder hoor ek seisoenmodulasie

dan hier dan daar op takke gewaar langs ‘n berghut by ‘n meer

‘n klarinet koekoek vir ‘n cor anglais kristalfluit en skittertrompet

‘n sprankel van timpani’s smelt sneeu van die hoogste piek

en tjello’s dra sorgsaam die waterlyne rimpelend oor

na verglas vroegoggend lentelug

 

‘n kontrafagot wat net vrolik deur die lewe wou skyn

met bang lippe op dubbelblaaie van riete in tong artikulasie fyn

spreek aan: haar onbewuste pyn

diep in die manuskrip se orkeslaag op laag:

 

seksueel is ek lankal in ysmis

verdwyn

 

© Annora Eksteen, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Annora Eksteen. Karsinoom
Annora Eksteen. Brandwaglimfknoopbiopsie →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d